Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Luyt die politikus
Luyt die politikus [boodskap #18051] |
Fri, 02 October 1998 00:00  |
ferdinand
Boodskappe: 1462 Geregistreer: September 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Louis Luyt - die man wat baie onlangs gese het hy beskerm SA rugby
teen politieke inmenging - het n politieke party gestig.
Die Federale Alliansie of so iets.
Dis gestig as n opposisie vir die ANC.
Luyt was vanaand op TV en het laat blyk hy stel beslis belang om
Suid-Afrika se president te raak.
Hy het ook met die aankondiging van sy party gese hy sal binnekort
aankondig watter opposisie-partye by hom gaan aansluit.
Intussen het:
1. Die DP gese hulle stel nie belang nie.
2. Die UDM gese Luyt is bietjie "deluded" en nee hulle stel ook nie
belang nie.
3. Die NP gese hulle gaan nie saam met hom nie.
4. Die KP gese nee hulle is ook nie op die kar nie.
5. Die IFP gese hulle stel nie belang nie.
6. Die VF gese nee dankie hulle is klaar saam met die DP.
Wie is Luyt se bondgenote?
My telling laat die PAC, Azapo en die AWB.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Luyt die politikus [boodskap #18209 is 'n antwoord op boodskap #18051] |
Fri, 09 October 1998 00:00   |
Henri Burger
Boodskappe: 317 Geregistreer: February 1998
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ferdi skryf:
> Luyt het dit mos as n verdedigingspunt uitgespel toe hy sy
> oorpronklike dokumente ingedien het by aanvang van die saak, het hy
> nie Henri?
Nee, Ferdie, nie so ver my kennis strek nie. Bokkie Gerber is gedagvaar om
in die hof te kom getuig n.a.v. Tshwete-hulle se perskonferensie waarop die
'eerlike leuen' verkoop is. Daar is onder kruisondervraging aan hom gevra
wat sy koerant, Rapport, se posisie in die saak is. Hý het gesê hulle is van
mening Luyt veg vir die saak van die Afrikaner. Ek kan nie onthou dat Luyt
dit self ooit gesê het nie.
(Ek het gou deur ons Feb-Mrt korrespondensie op rsru gegaan, en ek sien ek
het hierdie punt toe al vir jou uitgewys, en ek het toe gesê wat Gerber te
sê gehad het, is onnosel!)
Groete
Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is nie vir Sissies nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Luyt die politikus [boodskap #18247 is 'n antwoord op boodskap #18051] |
Tue, 13 October 1998 00:00   |
Henri Burger
Boodskappe: 317 Geregistreer: February 1998
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ferdi skryf:
> Luyt het die hofsaak op onder meer daardie uitgespelde basis begin.
> En in die hof is een van sy getuies wat hy roep Bokkie Gerber.
> En sy regspan vra toe die vraag aan Bokkie Gerber en laat die
> interpretasie toe goedkeurend inskryf in die hofrekords as deel van
> die betoog wat Luyt aanvoer.
Ek sien ons is terug by al die sirkels wat ons toe geloop het! Dis nou net
'n bietjie moeiliker, omdat 'n ou in die argiewe sal moet gaan delf om te
bepaal wie se regspan vir wie wat gevra het.
Maar hierdie is wat ek onthou na maande se verloop:
Gerber is gedagvaar met die spesifieke doel om te kom getuig dat
Tshwete/Tyamzashe twee weke voor die kommissie aangestel is op 'n
nuuskonferensie waar hy (Gerber) teenwoordig was, gesê het Mnr. Mandela het
gesê "die kommissie is joune, as jy dit goed vind".
Die vraag oor sy koerant, Rapport, se posisie is so ver my kennis strek,
gevra deur die regering se regspan, en nie deur Luyt s'n nie.
Hierop het Gerber geantwoord "Hy veg vir die saak van die Afrikaner."
Daardie woorde, Ferdi, kan jy plooi en draai soos jy wil, maar daar is geen
manier wat jy dit aan Luyt kan toedig nie! Dit die feite.
Wat Luyt daarna gesê het, rakende 'slapgatte', en wat nog, raak my nie in
die minste nie. Daar is geen manier waarop hy vir die Afrikaner veg nie, al
sou hy dit ook self sê.
Daar was 'n tyd toe Luyt standpunt teen die regering ingeneem het, soos wat
Patricia de Lille gedoen het toe hulle haar wederregtelik uit die parlement
geskop het. Daardie reg van hulle sal ek altyd verdedig. Dit beteken egter
nie dat ek aanhangers van enige van hulle is nie. Maar dit dink ek het ons
lank gelede reeds uitgesorteer!
Groete
Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is nie vir Sissies nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
|
|
|
Re: Luyt die politikus [boodskap #18267 is 'n antwoord op boodskap #18051] |
Wed, 14 October 1998 00:00  |
Ding!
Boodskappe: 320 Geregistreer: December 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ferdi wrote:
>
> On Mon, 12 Oct 1998 09:44:31 +0200, lou wrote:
>
> >>
>>> On Fri, 9 Oct 1998 15:16:46 -0500, "Henri Burger"
>>> wrote:
>>>
>>> >> sien ek
>>>> het hierdie punt toe al vir jou uitgewys, en ek het toe gesê wat Gerber te
>>>> sê gehad het, is onnosel!)>>
>>>
>>> En hoekom wil ek dan nou onthou dat dit toe ook al genoem is dat die
>>> bewering gestel is in Luyt se aanvanklike domumentasie by aanvang van
>>> die verhoor?
>>
>> Want dan sal jy openlik staan en lieg nie.En dit pas jou weergawe van
>> die waarheid (realiteit).>>
>
> Jou sin maak nie sense nie.
> Jou aantyging is onwaar.
Ok ek verduidelik asof jy drie jaar oud is. As niemand jou herinner dat
jy al wel voorheen vertel is dat dit Gerber is en nie Luyt is wat die
gewraakte woorde, dit is nou die wat jy aan Luyt toedig totdat iemand
jou vertel jy lieg, dan sal jy aanhou om dit as die waarheid te
verkondig. Verstaan jy nou? Nog nie? Ek gee op.
Aangaande die onwaar aantygings. Wat jy dus sê is dat jy glo dat Luyt
dit gesê het tenspyte daarvan dat dit al telkemale aan jou uitgewys is
as onwaar. Dat jy ook geen bewyse het dat Luyt dit wel gesê het nie
maar steeds verkondig jy dit vir die waarheid? So watter deel van my
'aantygings' is nou onwaar? En watter deel van jou 'Luyt aantygings' is
waar?
>
> En dan onthou ek mos ook hoe jy die "Luyt veg vir die Afrikaner teen
> die ANC" argument vuriglik ondersteun het toe die hofsaak aan die gang
> is.
>
> Het jy ook toe nie voorspel dat as Luyt waai is dit die einde van SA
> rugby nie, Lou?
Nee Ferdi - jy verkondig al weer 'n onwaarheid!!! :) Maar dan is jy al
voorheen vertel dat jy onwaarhede verkondig :) en daardie pos(te) het jy
ook mos net gei"gnoreer want dit strook nie met jou weergawe van die
waarheid nie. Volstruispolitiek?
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Fri Mar 07 15:58:52 UTC 2025
|