Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » ..duim vashou...
..duim vashou... [boodskap #17709] So, 20 September 1998 00:00
Doos[1]  is tans af-lyn  Doos[1]
Boodskappe: 143
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina

Toe ek aanvanklik hierdie nuusgroep ontdek het, het ek my dood gegiggel vir
die oor en weer beledigings en politiese standpunte wat almal so kan opwen.

Aanvanklik het ek ook die speletjie gespeel en kon nie wag om in die aande
hier na toe te kom en @igs.net se reaksies te lees nie.

Dit was snaaks en ja, intelegent.

Soos die tyd verby gegaan het, het ek meer en meer in jou begin belang stel
- gekyk na wat vir jou belangrik is en waarvoor jy regtig omgee, soos die
Taal byvoorbeeld suiwer gespreek MOET word. . .

Soos tyd verby gegaan het, het ek meer en meer van jou begin hou. .

Vir die afgelope 4 jaar woon ek al in Dublin-ek is slegs 25 jaar oud en was
nooit werklik ekonomies aktief in SA nie - ook nie polities nie. Selfs as
'n kind het ek nie in "Flap-trap" deelgeneem nie. Ek was te jonk om
besluite te neem of vir die destydse regerings te stem.

Maar wat jy kweit geraak het sedert ek aanvanklik hierna toe gehardloop
het, het my ernstig laat begin dink wat jou maak "tick"

Ek is nie besig om jou te beledig nie - dis te duidelik dat jy 'n "kick"
daaruit kry!
Ek wil net iets duidelik maak:
Ek het byvoorbeeld nie die nuwe (veelrassige) regering geblameer vir Oom
Greyling se dood nie. Ek het gese die 'Nuwe SA'!!
Dink jy dalk dat ek nie verstaan dat mense altyd onder VERANDERING ly nie.
Ek spel VERANDERING in hoofletters omdat dit is wat Oom Greyling laat
sneuwel het. Nie hedendaagse en vergete regerings nie.

Toe ek daar was het Carte Blanche op MNET bv. die statistiek gegee dat daar
'n verkragting elke 26 sekondes plaasneem - dis nie 'n wit-swart-ding
nie.Onmoontlik word 3323 wit vrouns elke 24 uur verkrag. Dis die Society.
Iets soos 5 kapings 'n dag in JHB alleen. Dis nie 'n
wit-swart-revenge-apartheid-nuwe-regering-ding nie. Dis die nuwe Suid
Afrika.

Ek weet jy gaan met een of ander Jou-sleg-stuk-wit-kak uitkom.

Maar ek vra jou: hou jou mond van my af. Daar is goeie mense op hierdie NG
wat ek wil bedank.

Ordentelike groete
Paul Bester
Re: ..duim vashou... [boodskap #17710 is 'n antwoord op boodskap #17709] So, 20 September 1998 00:00 Na vorige boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 20 Sep 1998 15:14:57 GMT, wrote:

| Wel, Paul Bester, ek dink nog jy het
| die familie Greyling 'n oneer aangedoen
| om 'n selfmoord, wat 'n intens private
| familie-saak is,

...en jy het dit afgemaak as glad nie ernstig nie ....

| op die huise se takke
| uit te basuin.

Huise het dakke en nie takke nie.....
|
| En as jy wonder wat laat my "tick." Reg
| en geregtigheid laat my "tick."

..en in SA is daar niks van sprake nie....

| Christelike
| beginsels laat my "tick."

Waarvan jy niks vertoon nie.

| Vrede tussen
| rassegroepe laat my "tick."

Waar het jy dit al gesien? NIE in die nuwe SA nie.

Johan

Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
Vorige onderwerp: Re: ..duim vashou...
Volgende onderwerp: Re: Die nuwe millennium (Was: Dis Heerlike lente!)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Sep 25 15:13:26 MGT 2024