Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Kan iemand my vertel.........
Re: Kan iemand my vertel......... [boodskap #17519] Tue, 15 September 1998 00:00
Not Anonymous  is tans af-lyn  Not Anonymous
Boodskappe: 11
Geregistreer: May 1998
Karma: 0
Junior Lid
Allo daar

Jy kan een van die gratis nuusbedieners probeer. My ISP bedryf toevallig een
van hulle. Enigeen kan dit gebruik. Die trick is net om een te kry wat
gereeld 'n draai maak by die NG om nuwe boodkappe af te laai. Doen 'n gewone
soek vir "free newsservers' of so iets. As jy nie regkom nie, mail my en ek
sal vir jou die naam van myne gee. Dit werk heel goed.

groete

diaan

Hans de Jager wrote in message ...
hoe die hef hier in die vurk steek ????

My ISP is in Windhoek en gebruik blykbaar 'n stelsel van Deja om nuusgroepe
te hanteer. Dis nou 15 September en die senddatums van boodskappe op
hierdie NG strek van êrens in Augustus tot vandag toe. Met vanmiddag se
aflaaisessie peul daar toe nog boodskappe van 4/9/98 en 6/9/98 hier uit -
sommer 'n hele paar agtergeblewenes. Oor naweke sien ek geen nuwe
boodskappe nie en NA die naweek verskyn die naweekaktiwiteite sommer so uit
die niet uit. Gesels ek met die ouens in Windhoek oor die verskynsel, kry
ek allerhande antwoorde wat almal eintlik maar sê hulle weet nie.

Om hierdie of enige ander NG te volg, is vir my amper dieselfde as om 'n
boek te lees en twee bladsye oor te slaan vir elkeen gelees - uiters
frustrerend. Waar is die breuk in die kommunikasie lyne en wat doen die
ISP manne verkeerd of wat laat hulle na om te doen ???

Enige raad ?
Vorige onderwerp: Goedkoper oproepe van die VSA na SA
Volgende onderwerp: Mapogo a Matamaga
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 24 06:04:05 UTC 2025