Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Simpatie (was: SENSUS)
Simpatie (was: SENSUS) [boodskap #16832] |
Fri, 14 August 1998 00:00  |
Hjalmar Gerber
Boodskappe: 72 Geregistreer: November 1997
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Stefan Harms verklaar...
> Stefan Harms bly in Winnipeg, die Kanadese Bloemfontein, so te sê.
Ai, Stefan, ek kry julle ouens in die winter jammer.
Wanneer dit hier in Edmonton koud word, dan kyk ons maar
na die weerkanaal se toestande in Winnipeg, and dan is ons
dankbaar dat ons nie daar is nie.
Die taaiste mens moet seker 'n bedelaar op die hoek van
Portage en Main in Januarie wees.
Hjalmar
________
|
|
|
Re: Simpatie (was: SENSUS) [boodskap #16850 is 'n antwoord op boodskap #16832] |
Sat, 15 August 1998 00:00   |
Stefan Harms[2]
Boodskappe: 19 Geregistreer: June 1998
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
In article , Hjalmar...@UAlberta.CA
(Hjalmar Gerber) wrote:
> Stefan Harms verklaar...
>
>> Stefan Harms bly in Winnipeg, die Kanadese Bloemfontein, so te sê.
>
> Ai, Stefan, ek kry julle ouens in die winter jammer.
>
> Wanneer dit hier in Edmonton koud word, dan kyk ons maar
> na die weerkanaal se toestande in Winnipeg, and dan is ons
> dankbaar dat ons nie daar is nie.
>
> Die taaiste mens moet seker 'n bedelaar op die hoek van
> Portage en Main in Januarie wees.
>
> Hjalmar
> ________
Ja-nee, hier is 'n sterk seleksiedruk besig om gesette, binneshuise,
medemens-georienteerde mense te kweek.
Die wat nie die koue kan vat nie, vrek of trek.
--
Stefan Harms @ Squirrel's End
|
|
|
Re: Simpatie (was: SENSUS) [boodskap #16853 is 'n antwoord op boodskap #16832] |
Sat, 15 August 1998 00:00   |
Johan N Potgieter
Boodskappe: 421 Geregistreer: December 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On 14 Aug 1998 17:55:07 GMT, Hjalmar...@UAlberta.CA (Hjalmar
Gerber) wrote:
> Wanneer dit hier in Edmonton koud word, dan kyk ons maar
> na die weerkanaal se toestande in Winnipeg, and dan is ons
> dankbaar dat ons nie daar is nie.
>
> Die taaiste mens moet seker 'n bedelaar op die hoek van
> Portage en Main in Januarie wees.
Dit sal nogal interesant wees om so eenmaal 'n maand Simon se sensus
te herhaal, maar dan nie net waar elke ou is nie, maar ook wat die
temperatuur daar is.
Ons bly in 'n deel van die VSA wat volgens oorlewering baie koud moet
wees - verlede winter, ons eerste hier, was uitsonderlik warm. Ek
sidder om te dink daar is nog so baie mense noord van ons! Is dit
byv. baie kouer daar in Winnipeg as in Minnesota? Ons sien nou
ongelukkig nie Kanada se weer op TV nie, maar hoe verder jy op noord
in Minnesota gaan hoe kouer word dit, en ek kan nie dink dat 'n
landsgrens die tendens sal stop nie!
Ons was hierdie jaar baie gelukkig wat die weer betref: Die winter
was warmer as gewoonlik (daar was darem so paar weke wat dit nie bo
-10°C uitgekom het nie), ons het net in die begin van die somer baie
tornados gehad en die afgelope twee maande amper glad nie, die res van
Amerika het 'n gruwelike hittegolf en droogte beleef en ons hier het
dan heerlike dae van so tussen 25 en 30°C met genoeg reen gehad.
Johan
Vat my kop toe en dra self die gevolge ....!
|
|
|
|
|
|
|
Re: Simpatie (was: SENSUS) [boodskap #16901 is 'n antwoord op boodskap #16832] |
Mon, 17 August 1998 00:00   |
Edwin
Boodskappe: 16 Geregistreer: December 1997
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Ek's nie seker hoe ver langs die weskus van Noord-Amerika die weer
soortgelyk is nie. Ek weet dat Seattle se weer soortgelyk is aan Vancouver,
net natter. Kennisse wat al in Oregon vakansie gehou het, het dit baie
geniet. Maar hulle vertel gewoonlik van die natuurtonele, en die mooi kus,
en nie van die weer nie.
Toevallig, na sowat 'n maand van niks reën in Vancouver nie, reën dit vandag
weer; en die kwik het gedaal tot die lae twintigs.
Gewoonlik word die weer in Vancouver soos volg beskryf: "In die somer reën
dit baie, in die winter nog meer". So hierdie was nie heeltemal 'n tipiese
somer nie. Seker daarom dat daar iets soos 500 bosbrande in "B.C."
(Britskolumbië rol nie so lekker van die tong af nie).
Groete
Edwin
Johan wrote in message ...
> Ek wil nou nog baie graag daar in jou omgewing van die wereld besoek
> aflê - hoe meer ek daarvan hoor hoe meer hoor ek dis een van die
> mooiste plekke op aarde.
>
> Oor vier weke kom ek vir vier weke lesings gee in Portland, Oregon.
> Seker so paar honderd myl suid van julle, maar ook teen die kus. Deel
> julle dieselfde weersomstandighede met Portland??
>
|
|
|
|
|
|
Re: Simpatie (was: SENSUS) [boodskap #16939 is 'n antwoord op boodskap #16832] |
Tue, 18 August 1998 00:00  |
Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029 Geregistreer: August 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Mon, 17 Aug 1998 08:13:48 -0700, "Edwin" wrote:
|Ek's nie seker hoe ver langs die weskus van Noord-Amerika die weer
|soortgelyk is nie. Ek weet dat Seattle se weer soortgelyk is aan Vancouver,
|net natter. Kennisse wat al in Oregon vakansie gehou het, het dit baie
|geniet. Maar hulle vertel gewoonlik van die natuurtonele, en die mooi kus,
|en nie van die weer nie.
Wel dan sien ek uit daarna om daar te gaan kyk, want hopelik is die
herfs weer dan naby aan perfek!
|
|Toevallig, na sowat 'n maand van niks reën in Vancouver nie, reën dit vandag
|weer; en die kwik het gedaal tot die lae twintigs.
|
|Gewoonlik word die weer in Vancouver soos volg beskryf: "In die somer reën
|dit baie, in die winter nog meer". So hierdie was nie heeltemal 'n tipiese
|somer nie. Seker daarom dat daar iets soos 500 bosbrande in "B.C."
|(Britskolumbië rol nie so lekker van die tong af nie).
Lyk my die afgelope jaar was oral so. En ons kry nou die effek van
daardie Kanadese bosbrande - so week gelede was die lug soos
Johannesburg s'n - vol besoedeling. Die TV stasies het almal
uitgesaai dat dit rook is van Kanadese bosbrande af en nie
lugbesoedeling waaroor mense hoef te bekommer nie.
Johan
Vat my kop toe en dra self die gevolge ....!
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sat Mar 08 03:28:28 UTC 2025
|