Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kiepersol
kiepersol [boodskap #141285] So., 12 Maart 2023 09:48
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24163
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kiepersol
Afbreking: kie•per•sol


Selfstandige naamwoord: kiepersol
Meervoud: kiepersols, kiepersolle
Verkleinwoord: kiepersoltjie, kiepersolletjie
Meervoud van verkleining: kiepersoltjies, kiepersolletjies

Betekenis:
• Immergroen boom met 'n sambreelvormige kroon, kaal stam en eetbare wortels, genus Cussonia.

Gebruik:
• Die Gewone kiepersol (of Laeveldkiepersol) is droogtebestand en kan ligte ryp weerstaan.

Sinoniem:
• nooiensboom
• sambreelboom
• waaiboom

Hiponiem:
• boskiepersol (C. sphaerocephala)
• enkelblaarkiepersol (C. natalensis)
• Gamtooskiepersol (C. gamtoosensis)
• Hoëveldkiepersol (C. paniculata)
• Kaapse kuskiepersol (C. thyrsiflora)
• Laeveldkiepersol (C. spicata)
• seekatkiepersol (C. arborea)
• suidkus-kiepersol (C. nicholsonii)
• Vaalkiepersol (C. transvaalensis)

Afgelei:
• kiepersolboom
• kiepersolhout

Vertaling:
Engels: cabbage tree, umbrella-tree
Nederlands: kiepersol

Nota:
• Van Portugees, quitasol, "sambreel" of "sonskerm".
• Volgens legende kom die naam van Kakies wat in so 'n boom weggekruip het. 'n Boer wat verbystap hoor toe net die laate deel van "Will this tree keep us all?"

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: borsgleuf
Volgende onderwerp: kolebak
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma. Des. 22 15:08:13 UTC 2025