Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die BOERANT....
Die BOERANT.... [boodskap #16715] |
Mon, 10 August 1998 00:00  |
Andries J. Bester
Boodskappe: 13 Geregistreer: August 1998
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Hello almal.
Ek wil gou 'n oppinie (tik so min in Afrikaans!) poll doen. Maar laat ek
julle net sê waar ek vandaan kom. Ek bly oppie plaas van die sogenaamde
Boerstaat "stronghold" van oom Robert van Tonder, leier van die Boerestaat
Party.
Nou hulle sukkel met lesers getalle vir hulle koerant, Die Boerant. Cute,
hê? Nou't ek gewonder of dit dalk die moeite werd sal wees om Die Boerant op
die internet te publish, soos 'n website of iets. En mag 'n mens sulke
politieke goette....wel as mens kaal vroue kan sien kan mens seker ook Die
Boerant oppie internet sit.
Laat my weet wat julle dink, maar verkieslik op die hierdie NG en nie my
e-mail nie.
Dankie, tot later, AJ Bester.
|
|
|
Re: Die BOERANT.... [boodskap #16742 is 'n antwoord op boodskap #16715] |
Tue, 11 August 1998 00:00   |
Andries J. Bester
Boodskappe: 13 Geregistreer: August 1998
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Inteendeel, yankee. Dis die resultaat van 'n ideologiese, Afrikaanse, seun
van 'n bywoner. Maar laat ek nie opgewonde raak nie. Ek doen net navrae en
soek nie k.k, afbrekende komentaar van iemand wat die land ge-skip het toe
going tuff word nie.
Die moer in, Andries.
gide...@usa.net wrote in message ...
> O hel!!
>
> Is dit nou een van die resulate van die blankbevoordeelde onderwyssisteem wat
> ons in die verlede gehad het, of is dit maar net SS wat nou weer sy lokaas
> uitgooi???
>
>
> -Gideon-
>
> In article ,
> "Andries J. Bester" wrote:
>> Hello almal.
>>
>> Ek wil gou 'n oppinie (tik so min in Afrikaans!) poll doen. Maar laat ek
>> julle net sê waar ek vandaan kom. Ek bly oppie plaas van die sogenaamde
>> Boerstaat "stronghold" van oom Robert van Tonder, leier van die Boerestaat
>> Party.
>>
>> Nou hulle sukkel met lesers getalle vir hulle koerant, Die Boerant. Cute,
>> hê? Nou't ek gewonder of dit dalk die moeite werd sal wees om Die Boerant op
>> die internet te publish, soos 'n website of iets. En mag 'n mens sulke
>> politieke goette....wel as mens kaal vroue kan sien kan mens seker ook Die
>> Boerant oppie internet sit.
>>
>> Laat my weet wat julle dink, maar verkieslik op die hierdie NG en nie my
>> e-mail nie.
>>
>> Dankie, tot later, AJ Bester.
>>
>
> -----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
> http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
|
|
|
|
|
|
Re: Die BOERANT.... [boodskap #16804 is 'n antwoord op boodskap #16715] |
Thu, 13 August 1998 00:00   |
Gideon
Boodskappe: 194 Geregistreer: January 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
In article ,
"Andries J. Bester" wrote:
> Inteendeel, yankee. Dis die resultaat van 'n ideologiese, Afrikaanse, seun
> van 'n bywoner. Maar laat ek nie opgewonde raak nie. Ek doen net navrae en
> soek nie k.k, afbrekende komentaar van iemand wat die land ge-skip het toe
> going tuff word nie.
> Die moer in, Andries.
Mooi man Andries.
As jy enigsins die nuusgroep dopgehou het in die verlede, sal jy sien dat ons
'n irriterende persoon met die sig Secret Squirrel het wat elke af en toe
sogenaamde "troll-postings" plaas op die nuusgroep. Jou bydrae het al die
eienskappe gehad van iemand wat net probeer om reaksie uit te lok wat
inkriminerend mag wees en die Afrikaners as "vlak" of ongeletterd uit te
beeld. Die eerste gedeelte van my vraag ("Is dit nou een van die resulate van
die blankbevoordeelde onderwyssisteem wat ons in die verlede gehad het") was
'n parodie op die herhaaldelike stellings wat sommige van die mense op die
nuusgroep gemaak het in die verlede. As ek vir jou dalk my kommentaar kan
vertaal of vereenvoudig, sou ek dit so stel "Is dit nou Secret Squirrel (SS)
wat nou weer besig is om moeilikheid te soek, of nie?"
Kom ons dink verder oor die saak. Oom Robert van Tonder is 'n verregse
radikaal wat 'n voorstander is van Afrikaans as voertaal. As ek na jou
skryfstyl kyk sou ek jou of klassifiseer as 'n Engelstalige persoon wat 'n
aanhanger is van "oom Robert", en nie werklik in staat is om Afrikaans
samehangend te skryf nie, of iemand wat gek skeer. Dit kan natuurlik ook 'n
disleksiese Afrikaner wees, maar Disleksiese mense toon oor die algemeen nie
enige behoefte om met rekenaars te werk nie. Binne die konteks van vorige
gebeure op die nuusgroep, en die getrouheid van "oom Robert" aan Afrikaans
dit 'n 95% moontlikheid maak dat dit 'n gekskeerdery was, 'n 4% kans dat dit
'n Engelstalige Boerestaatondersteuner is en 'n 1% kans dat dit 'n
disleksiese Afrikaner is. So - as ek risikoanalise doen, dan is daar net 1%
risiko dat ek enigsins slapelose nagte sal beleef, en vir die plesier daarvan
om moontlik in die proses 'n irritasie te ontstig is ek bereid om die risiko
te neem.
Noudat ek die inhoud van my oorspronklike stelling mooi verduidelik het, net
'n paar persoonlike sakies: Jou aanname oor my identiteit en woonplek is
totaal verkeerd en jou implikasies ongevraagd. Ek woon in Nederland. Verder
het jy duidelik absoluut geen benul oor wat my motifeer om iewers anders te
leef as in Suid-Afrika, of wat my toekomstige planne is met betrekking tot
woonplek nie. Ek respekteer diegene wat voel hulle wil in Suid-Afrika woon,
is sou sê dat dit nie belaglik is om dieselfde te verwag van andere nie.
Dit blyk uit die oningeligde stellings wat jy maak asof Oom Robert meer
probleme op hande het as uitgediende ideologie.
Ten slotte - ek gee nie om of jy die moer in is nie. As dit jou beter laat
voel, gaan gooi 'n jukskei of iets.
-Gideon-
> gide...@usa.net wrote in message ...
>> O hel!!
>>
>> Is dit nou een van die resulate van die blankbevoordeelde onderwyssisteem
> wat
>> ons in die verlede gehad het, of is dit maar net SS wat nou weer sy lokaas
>> uitgooi???
>>
>>
>> -Gideon-
>>
>> In article ,
>> "Andries J. Bester" wrote:
>>> Hello almal.
>>>
>>> Ek wil gou 'n oppinie (tik so min in Afrikaans!) poll doen. Maar laat ek
>>> julle net sê waar ek vandaan kom. Ek bly oppie plaas van die sogenaamde
>>> Boerstaat "stronghold" van oom Robert van Tonder, leier van die
> Boerestaat
>>> Party.
>>>
>>> Nou hulle sukkel met lesers getalle vir hulle koerant, Die Boerant. Cute,
>>> hê? Nou't ek gewonder of dit dalk die moeite werd sal wees om Die Boerant
> op
>>> die internet te publish, soos 'n website of iets. En mag 'n mens sulke
>>> politieke goette....wel as mens kaal vroue kan sien kan mens seker ook
> Die
>>> Boerant oppie internet sit.
>>>
>>> Laat my weet wat julle dink, maar verkieslik op die hierdie NG en nie my
>>> e-mail nie.
>>>
>>> Dankie, tot later, AJ Bester.
>>>
>>>
>>
>> -----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
>> http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
>
>
-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
|
|
|
|
|
|
Re: Die BOERANT.... [boodskap #16835 is 'n antwoord op boodskap #16715] |
Fri, 14 August 1998 00:00   |
Frikkie Potgieter
Boodskappe: 383 Geregistreer: February 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
@igs.net wrote in message ...
> "Andries J. Bester"
>
>> Die moer in,
> Andries.
>
>
> Daar, Andries, nou het ons vir jou gekry
> om goeie Afrikaans te praat. Hoop dit gaan
> so voort. Dit sal beter wees vir Oom Robert
> van Tonder se Boerestaat-party. Sal jy nie
> nou vir ons meer vertel van daardie party
> nie. Ons belowe dat as jy dit in goeie Afrikaans
> doen, ons mooi sal luister en nie jou been trek
> nie. Terloops, wie is P. Myburg?
>
> Tant Hessie ( met die witperd. Hulle maak verniet
> Tant Hessie se witperd sleg. Tant Hessie se
> witperd maak die hele wereld reg.)
Ja ou Andries, lyk my dis al taal wat hierdie misnikse nasie verstaan?????
Kan net kommentaar lewer en dis ook al.. Is maar soos ons hulle leer ken
het.
Moenie worry nie, hulle sal darem die Transkei terugkry, aangesien hy darem
groter is as Roben Eiland..
Antwoord net soos ek die Suid Afrikaners. Hulle het ten minste nie
weggehardloop en groen weivelde anderkant die water gaan soek nie. Ten
minste is ons nog hier om die kole uit die vuur te krap, en glo my ons sal??
Onthou Siener Van Rensburg het gesien hoe jaag ons hulle terug tot by die
Ewenaar en as jy na sy voorspellings in die verlede kyk dan sal hy weer in
die kol wees. Miskien het sekeres dit ook gesien en dis hoekom hulle nou in
Kanada sit.
Frikkie
|
|
|
|
|
|
|
Re: Die BOERANT.... [boodskap #16908 is 'n antwoord op boodskap #16715] |
Mon, 17 August 1998 00:00   |
G.B.
Boodskappe: 2172 Geregistreer: May 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Andries J. Bester" writes:
> Maar ja, miskien is jy tog reg. Miskien meng ek met iets waarvan ek niks
> weet nie, miskien wil ek net IEMAND, 'n persoon help om 'n doel te kry want
> hy/sy het bietjie die pad byster geraak. Hy/sy glo dalk self nie in die
> Boerant en Die Boerestaat nie, wat dit wel doen is dit bring 'n inkomste in.
> Dit is so blatant en eenvoudig as wat dit is.
Andries, kom ons maak nou 'n ooreenkoms. Kom ons
skryf vir mekaar op die nuusgroep, maar ons praat
niks oor die politiek nie. Ons vertel vir mekaar
hoe dit om ons lyk, en van watter dinge ons hou,
ensovoorts. En ons sien hoeveel doodgewone menslik-
heid kan help as iemand die pad byster raak.
Nou die dag bring my man vir my 'n strelitzia.
Dis mos 'n inheemse Suid-Afrikaanse blom, maar dit
word nou orals in Noord-Amerika verkoop en mens sien
dit baie in offisiele rangskikkings. Ons blommeboek
sê dis vernoem na Koningin Charlotte van Mecklenburg-
Strelitz, die vrou van George 111 van Engeland en in
Europa sedert 1773. Op dieselfde bladsy van die boek
wys hulle 'n prent van 'n "Afrikaner" (African Marigold.)
Maar, snaaks genoeg, dis inheems aan Mexico, asook
die "Jakop-Regop" (Zinnia.)
Een van die dinge wat my die meeste verbaas, is hoe
die gewone vygie so wyd versprei hier in Noord-Amerika
groei. Dit moet natuurlik elke seisoen nuut aangeplant
word.
Die liewe Martatjie. (Ek het nounet 'n ou laat staan.
Nou gooi ek my flikkers vir jou.)
|
|
|
Re: Die BOERANT.... [boodskap #16909 is 'n antwoord op boodskap #16715] |
Mon, 17 August 1998 00:00   |
Andries J. Bester
Boodskappe: 13 Geregistreer: August 1998
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Ja nee, waaragtag waar, Frikkie. Man dit voel goed om so bietjie
ondersteuning te kry. Nog beter van iemand met dieselfde van as my ma. Ek
het regtig nie gedink ek gaan soveel aanvallende kommentaar uitlok uit mense
nie. Wat my die siekste maak is dat dit 90% van oorseese Afrikaner
Suid-Afrikaners kom. Mens kan duidelik sien hoe jammer en hartseer hulle is
dat hul "moes" vlug. Arme banggatte. En die enigste manier wat hulle ken is
om lelik en afknouend te wees, sodat hulle hul verdriet en woede daarin kan
verskuil.
Aaaaaaaag dis darem lekker hier in die sonskyn Afrika, hê?
Andries.
Frikkie Potgieter wrote in message ...
>
> @igs.net wrote in message ...
>> "Andries J. Bester"
>>
>>> Die moer in,
>> Andries.
>>
>>
>> Daar, Andries, nou het ons vir jou gekry
>> om goeie Afrikaans te praat. Hoop dit gaan
>> so voort. Dit sal beter wees vir Oom Robert
>> van Tonder se Boerestaat-party. Sal jy nie
>> nou vir ons meer vertel van daardie party
>> nie. Ons belowe dat as jy dit in goeie Afrikaans
>> doen, ons mooi sal luister en nie jou been trek
>> nie. Terloops, wie is P. Myburg?
>>
>> Tant Hessie ( met die witperd. Hulle maak verniet
>> Tant Hessie se witperd sleg. Tant Hessie se
>> witperd maak die hele wereld reg.)
>
>
>
> Ja ou Andries, lyk my dis al taal wat hierdie misnikse nasie verstaan?????
> Kan net kommentaar lewer en dis ook al.. Is maar soos ons hulle leer ken
> het.
>
> Moenie worry nie, hulle sal darem die Transkei terugkry, aangesien hy darem
> groter is as Roben Eiland..
> Antwoord net soos ek die Suid Afrikaners. Hulle het ten minste nie
> weggehardloop en groen weivelde anderkant die water gaan soek nie. Ten
> minste is ons nog hier om die kole uit die vuur te krap, en glo my ons sal??
>
> Onthou Siener Van Rensburg het gesien hoe jaag ons hulle terug tot by die
> Ewenaar en as jy na sy voorspellings in die verlede kyk dan sal hy weer in
> die kol wees. Miskien het sekeres dit ook gesien en dis hoekom hulle nou in
> Kanada sit.
> Frikkie
>
|
|
|
Re: Die BOERANT.... [boodskap #16910 is 'n antwoord op boodskap #16715] |
Mon, 17 August 1998 00:00   |
Andries J. Bester
Boodskappe: 13 Geregistreer: August 1998
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Gideon. Dankie, disleksies is ek nie. Vlot drietalig is ek wel. Hoe ek
myself uitdruk het seker boggerol met jou uit te waai, maar aangesien ek en
jy mekaar nie aangesig tot aangesig kan sleg sê nie laat ek dit maar toe.
Van die Boerestaat weet, en wil ek niks te doen hê nie. Die idee agter die
poll was om 'n indikasie te kry. Dit bewys net weereens wat se varke mense
IS. Inplaas van net sombere, eerlike kritiek, kraak en breek julle af totdat
mens maar net wil geweer gaan koop en dit reg skiet. "Ah-ha!", dink jy
seker, "Nou't ek sy radikale kant roof gekrap...!, gelukkig is ek "groter"
as dit.
Maar ja, miskien is jy tog reg. Miskien meng ek met iets waarvan ek niks
weet nie, miskien wil ek net IEMAND, 'n persoon help om 'n doel te kry want
hy/sy het bietjie die pad byster geraak. Hy/sy glo dalk self nie in die
Boerant en Die Boerestaat nie, wat dit wel doen is dit bring 'n inkomste in.
Dit is so blatant en eenvoudig as wat dit is. Geen politieke uitlatings,
regse radikalisme en Secret Squirrel snaaksighede nie.
Maar nou ja, so gaan dit seker. As 'n newbie tot die NG okult so vinnig
ge-typecast kan word as 'n "irriterende persoon met die sig Secret Squirrel
het wat elke af en toe sogenaamde "troll-postings" plaas op die nuusgroep"
moet mens seker hierdie soort antwoorde verwag.
Inteendeel, dit is werklik baie verfrissend en interessant. Dit prikkel mens
se denke en idees oor onderwerpe en ander se sienswyse waaroor mens nie
eintlik andersins sou dink nie. Dankie.
Andries.
gide...@usa.net wrote in message ...
> In article ,
> "Andries J. Bester" wrote:
>> Inteendeel, yankee. Dis die resultaat van 'n ideologiese, Afrikaanse, seun
>> van 'n bywoner. Maar laat ek nie opgewonde raak nie. Ek doen net navrae en
>> soek nie k.k, afbrekende komentaar van iemand wat die land ge-skip het toe
>> going tuff word nie.
>> Die moer in, Andries.
>
>
> Mooi man Andries.
>
> As jy enigsins die nuusgroep dopgehou het in die verlede, sal jy sien dat ons
> 'n irriterende persoon met die sig Secret Squirrel het wat elke af en toe
> sogenaamde "troll-postings" plaas op die nuusgroep. Jou bydrae het al die
> eienskappe gehad van iemand wat net probeer om reaksie uit te lok wat
> inkriminerend mag wees en die Afrikaners as "vlak" of ongeletterd uit te
> beeld. Die eerste gedeelte van my vraag ("Is dit nou een van die resulate van
> die blankbevoordeelde onderwyssisteem wat ons in die verlede gehad het") was
> 'n parodie op die herhaaldelike stellings wat sommige van die mense op die
> nuusgroep gemaak het in die verlede. As ek vir jou dalk my kommentaar kan
> vertaal of vereenvoudig, sou ek dit so stel "Is dit nou Secret Squirrel (SS)
> wat nou weer besig is om moeilikheid te soek, of nie?"
>
> 'n paar persoonlike sakies: Jou aanname oor my identiteit en woonplek is
> totaal verkeerd en jou implikasies ongevraagd. Ek woon in Nederland. Verder
> het jy duidelik absoluut geen benul oor wat my motifeer om iewers anders te
> leef as in Suid-Afrika, of wat my toekomstige planne is met betrekking tot
> woonplek nie. Ek respekteer diegene wat voel hulle wil in Suid-Afrika woon,
> is sou sê dat dit nie belaglik is om dieselfde te verwag van andere nie.
>
> Dit blyk uit die oningeligde stellings wat jy maak asof Oom Robert meer
> probleme op hande het as uitgediende ideologie.
>
> Ten slotte - ek gee nie om of jy die moer in is nie. As dit jou beter laat
> voel, gaan gooi 'n jukskei of iets.
>
>
> -Gideon-
>
>
>
>> gide...@usa.net wrote in message ...
>>> O hel!!
>>>
>>> Is dit nou een van die resulate van die blankbevoordeelde
onderwyssisteem
>> wat
>>> ons in die verlede gehad het, of is dit maar net SS wat nou weer sy lokaas
>>> uitgooi???
>>>
>>>
>>> -Gideon-
>>>
>>> In article ,
>>> "Andries J. Bester" wrote:
>>>> Hello almal.
>>>>
>>>> Ek wil gou 'n oppinie (tik so min in Afrikaans!) poll doen. Maar laat ek
>>>> julle net sê waar ek vandaan kom. Ek bly oppie plaas van die sogenaamde
>>>> Boerstaat "stronghold" van oom Robert van Tonder, leier van die
>> Boerestaat
>>>> Party.
>>>>
>>>> Nou hulle sukkel met lesers getalle vir hulle koerant, Die Boerant. Cute,
>>>> hê? Nou't ek gewonder of dit dalk die moeite werd sal wees om Die
Boerant
>> op
>>>> die internet te publish, soos 'n website of iets. En mag 'n mens sulke
>>>> politieke goette....wel as mens kaal vroue kan sien kan mens seker ook
>> Die
>>>> Boerant oppie internet sit.
>>>>
>>>> Laat my weet wat julle dink, maar verkieslik op die hierdie NG en nie my
>>>> e-mail nie.
>>>>
>>>> Dankie, tot later, AJ Bester.
>>>>
>>>>
>>>
>>> -----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
>>> http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
>>
>
> -----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
> http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
|
|
|
Re: Die BOERANT.... [boodskap #16911 is 'n antwoord op boodskap #16715] |
Mon, 17 August 1998 00:00   |
Andries J. Bester
Boodskappe: 13 Geregistreer: August 1998
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Toe-toe-toe, Johan. Ek sê jou wat, ek sal jou naam gee van my sielkundige as
jy belowe om haar te gaan sien....
Johan N Potgieter wrote in message ...
> Ek dink ons gaan jou ignoreer tot jy jou eie mond met seep uitwas -
> vra 'n sielkundige om jou te help met jou minderwaardigheidskompleks!
>
> On 13 Aug 1998 21:00:06 GMT, "Doos" wrote:
>
>> Here, ek wens tant Bessie sal nou op haar ballas val - wat se reg het jy om
>> vir hierdie man te se jy sal slegs na hom luister as hy een of ander taal
>> ordentelik kan praat???
>>
>> @igs.net wrote in article ...
>>> "Andries J. Bester"
>>>
>>>> Die moer in,
>>> Andries.
>>>
>>>
>>> Daar, Andries, nou het ons vir jou gekry
>>> om goeie Afrikaans te praat. Hoop dit gaan
>>> so voort. Dit sal beter wees vir Oom Robert
>>> van Tonder se Boerestaat-party. Sal jy nie
>>> nou vir ons meer vertel van daardie party
>>> nie. Ons belowe dat as jy dit in goeie Afrikaans
>>> doen, ons mooi sal luister en nie jou been trek
>>> nie. Terloops, wie is P. Myburg?
>>>
>>> Tant Hessie ( met die witperd. Hulle maak verniet
>>> Tant Hessie se witperd sleg. Tant Hessie se
>>> witperd maak die hele wereld reg.)
>>>
>>>
>
>
> Johan
> Vat my kop toe en dra self die gevolge ....!
|
|
|
|
|
Re: Die BOERANT.... [boodskap #16946 is 'n antwoord op boodskap #16715] |
Tue, 18 August 1998 00:00   |
Gideon
Boodskappe: 194 Geregistreer: January 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
In article ,
"Andries J. Bester" wrote:
Wel Andries, ek is bly dat jy erken dat jou posting slegs 'n "troll-posting"
was, en dat jy uit die tipering wat jy probeer weergee het gekom het en so
iets meer van jouself gewys het. DIt wat jy probeer weergee het deur die
manier wat jy gskryf het was nie dieselfde persoonlikheid wat jy nou
weerspieel nie.
Aan die een kant moet ek miskien nou geregverdig voel oor my opsomming van
die situasie in die eerste plek. Aan die ander kant, voel ek beledig deur jou
poging om Afrikaners (selfs die tipe Afrikaner met wie ek nie saamstem
polities nie)as vlak en agteraf uit te druk. Ek is in elk geval bly dat ons
nou daardie struikelblok uit die pad het, en dat ons nou miskien meer sinvol
kan gesels oor dinge wat ons Suid-Afrikaners aangaan (ja - ek is nog 'n
Suid-Afrikaner al werk ek in Amsterdam). Die Jode is geensins minder Jode
omdat hul Israel verlaat het nie, en ek dink nie dat die voordele of nadele
daarvan om te bly of te ry enigiets aan jou Afrikanerskap verande nie. Jou
keuse om te bly is goed - respekteer my keuse om te ry. Ek het dalk meer
agtergelaat as wat jy het om voor te bly, en my motivering om te ry sou jou
dalk ook laat ry het.
> Gideon. Dankie, disleksies is ek nie. Vlot drietalig is ek wel. Hoe ek
> myself uitdruk het seker boggerol met jou uit te waai, maar aangesien ek en
> jy mekaar nie aangesig tot aangesig kan sleg sê nie laat ek dit maar toe.
Ek is nie geneig daartoe om mense sleg te se nie - dit sou jy ook weet as jy
die nuusgroep 'n ruk gevolg het.
>
> Van die Boerestaat weet, en wil ek niks te doen hê nie. Die idee agter die
> poll was om 'n indikasie te kry. Dit bewys net weereens wat se varke mense
> IS. Inplaas van net sombere, eerlike kritiek, kraak en breek julle af totdat
> mens maar net wil geweer gaan koop en dit reg skiet. "Ah-ha!", dink jy
> seker, "Nou't ek sy radikale kant roof gekrap...!, gelukkig is ek "groter"
> as dit.
Waarom het jy dan die posting geplaas as dit nie jou oortuiging is nie?
>
> Maar ja, miskien is jy tog reg. Miskien meng ek met iets waarvan ek niks
> weet nie, miskien wil ek net IEMAND, 'n persoon help om 'n doel te kry want
> hy/sy het bietjie die pad byster geraak. Hy/sy glo dalk self nie in die
> Boerant en Die Boerestaat nie, wat dit wel doen is dit bring 'n inkomste in.
> Dit is so blatant en eenvoudig as wat dit is. Geen politieke uitlatings,
> regse radikalisme en Secret Squirrel snaaksighede nie.
>
> Maar nou ja, so gaan dit seker. As 'n newbie tot die NG okult so vinnig
> ge-typecast kan word as 'n "irriterende persoon met die sig Secret Squirrel
> het wat elke af en toe sogenaamde "troll-postings" plaas op die nuusgroep"
> moet mens seker hierdie soort antwoorde verwag.
>
Lees jou eie postings en dink. As jy die simptome het, het jy dalk die siekte.
-Gideon-
-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
|
|
|
Re: Die BOERANT.... [boodskap #16947 is 'n antwoord op boodskap #16715] |
Tue, 18 August 1998 00:00   |
Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029 Geregistreer: August 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On 17 Aug 1998 21:11:21 GMT, wrote:
| Nou die dag bring my man vir my 'n strelitzia.
| Dis mos 'n inheemse Suid-Afrikaanse blom, maar dit
| word nou orals in Noord-Amerika verkoop en mens sien
| dit baie in offisiele rangskikkings. Ons blommeboek
| sê dis vernoem na Koningin Charlotte van Mecklenburg-
| Strelitz, die vrou van George 111 van Engeland en in
| Europa sedert 1773. Op dieselfde bladsy van die boek
| wys hulle 'n prent van 'n "Afrikaner" (African Marigold.)
| Maar, snaaks genoeg, dis inheems aan Mexico, asook
| die "Jakop-Regop" (Zinnia.)
| Een van die dinge wat my die meeste verbaas, is hoe
| die gewone vygie so wyd versprei hier in Noord-Amerika
| groei. Dit moet natuurlik elke seisoen nuut aangeplant
| word.
Gloudina, is dit wat in SA bekend was as die Bokbaai Vygie - my ma het
dit altyd uit 'n pakkie gesaai elke jaar daar in die Kaap.
Nou kom hulle hier wild in my harde ou klippaadjie in Minnesota op!
Waar is hulle inheems?
Ons het ook bosse daglelies in die tuin en ons is nou maar twee maande
in die huis - ek het nie 'n klue wat gebeur as die winter kom nie -
watter blomme "hiberneer" onder die sneeu en weatter moet jy weer van
voor af plant? Wat gebeur byvoorbeeld met Malvas? en Impatients?
Jene, dis snaaks om so dom te wees in die tuin. Selfs die grasperk is
vir my 'n snaakse verskynsel. Hy is nie 'n kruiper soos Kikuju nie -
jy moet hom dig genoeg saai om 'n mat te vorm. Dit sny darem baie
makliker!
Johan
Vat my kop toe en dra self die gevolge ....!
|
|
|
|
Re: Die BOERANT.... [boodskap #16972 is 'n antwoord op boodskap #16715] |
Wed, 19 August 1998 00:00  |
Gideon
Boodskappe: 194 Geregistreer: January 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
In article ,
"Leendert van Oostrum" wrote:
>
>
> Hmmm....Maar darem nie ongeneë om die inhoud van jou kill file te publiseer
> nie, nie waar nie?
>
> Groete, Leendert
>
Hehehe :)
Goed jy onthou - aan die ander kant moet jy dit miskien nie so persoonlik vat
nie. Ek glo in in "pre-emptive strikes" noe, net in "counterstrikes".
-Gideon-
-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
|
|
|
Re: Die BOERANT.... [boodskap #16973 is 'n antwoord op boodskap #16715] |
Wed, 19 August 1998 00:00  |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
gide...@usa.net wrote in message ...
> Ek is nie geneig daartoe om mense sleg te se nie - dit sou jy ook weet as jy
> die nuusgroep 'n ruk gevolg het.
Hmmm....Maar darem nie ongeneë om die inhoud van jou kill file te publiseer
nie, nie waar nie?
Groete, Leendert
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sat Mar 08 15:46:54 UTC 2025
|