Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » verslawing
verslawing [boodskap #141041] So, 05 Februarie 2023 16:49
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20268
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verslawing
Afbreking: ver•sla•wing
Samestelling: verslaaf + -ing


Selfstandige naamwoord: verslawing
Meervoud: verslawings
Verkleinwoord: verslawinkie
Meervoud van verkleining: verslawinkies

Betekenis:
• 'n Toestand van algehele afhanklikheid aan 'n middel of sieklike gewoonte.
• Die handeling om mense te onderdrukking en slawe te maak.

Gebruik:
• Hy het opium vir die pyn geneem, en in die proses 'n verslawing ontwikkel.
• 'n Tekort aan mannekrag het tot die verslawing van talle Amerikaanse Indiane gelei.

Hiponiem:
• alkoholverslawing
• drankverslawing
• dwelmverslawing
• nikotienverslawing
• werkverslawing

Afgelei:
• verslawingsmiddel

Vertaling:
Engels: addiction
Nederlands: verslaving

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: milligram
Volgende onderwerp: musiekgenre
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 28 03:17:39 MGT 2024