Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » leeftyd
leeftyd [boodskap #141034] So, 05 Februarie 2023 09:26
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20271
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
leeftyd
Afbreking: leef•tyd
Samestelling: leef + tyd


Selfstandige naamwoord: leeftyd
Meervoud: leeftye
Verkleinwoord: leeftydjie
Meervoud van verkleining: leeftydjies

Betekenis:
• Die tyd wat iets leef of geleef het; die aantal lewensjare.

Gebruik:
• Abraham is op 175-jarige leeftyd oorlede.

Sinoniem:
• lewensduur
• lewensjare
• ouderdom

Hiponiem:
• halfleeftyd
• kleinkinderleeftyd
• kleuterleeftyd
• menseleeftyd
• oorgangsleeftyd
• pensioenleeftyd
• rakleeftyd

Afgelei:
• leeftydsgrens
• leeftydsgroep
• leeftydskategorie

Vertaling:
Engels: lifetime; age
Nederlands: leeftijd

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: geskiedkundig
Volgende onderwerp: onstuimig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 28 09:32:05 MGT 2024