| tuna [boodskap #140939] |
Di., 24 Januarie 2023 19:53 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24165 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
'n Vrou spog met die tuna wat sy gevang het.
tuna
Afbreking: tu•na
Selfstandige naamwoord: tuna
Meervoud: tunas
Verkleinwoord: tunatjie
Meervoud van verkleining: tunatjies
Betekenis:
• 'n Eetbare roofvis wat in die see voorkom, genus Thunnus.
• Die vleis van die vis.
Gebruik:
• Die visserman het 'n tuna gevang.
• Ons eet tuna.
Hiponiem:
• blouvintuna
• geelvintuna
• grootoogtuna
Afgelei:
• tunabroodjie
• tunaslaai
• tunasop
Vertaling:
Engels: tuna
Nederlands: tonijn
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|