Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » 'n Ander Siening van Afrikaans
Re: 'n Ander Siening van Afrikaans [boodskap #16378 is 'n antwoord op boodskap #16261] So, 26 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 25 Jul 1998 23:36:23 -0500, "Henri Burger"
wrote:

>[/color]

Ek het in American Scientist - n hele ruk gelede - n artikel gelees
wat se die meeste mense doen nie "verkeerde" dinge nie omdat hulle
bang is hulle word gevang.
Dan is daar n kleiner groepie wat dit nie doen nie omdat hulle besef
dit donner hul eie omgewing ook op en hulle wil nie goed doen wat
terug hop in hulle gesigte nie.
En die derde en heel kleinste groepie mense in samelewings doen nie
"verkeerde" goed nie omdat hulle glo mens moet dit nie doen nie, maak
nie saak of dit goed of sleg vir hulle is nie.

Die struktuur het vir my verduidelik hoekom n samelewing soos SA tans
so n probleem met misdaad het. Die persepsie het hier begin 90's
ernstig posgevat dat jy nie gevang word as jy steel nie.
En die enigste manier daaruit is waarskynlik om maar net voort te gaan
om soveel as moontlik kriminele te vang totdat die persepsie later
weer afsak dat as jy steel is daar n goeie kans dat jy gevang gaan
word. Dan dink die meeste mense twee keer voor hulle dit doen.

Die jongste AS het nog n interresante artikel in: Dit se so van die
jaar 1200 tot 1600 was die water in die weste so vol kieme en besmet
in stede en dorpe dat dit lewensgevaarlik was om dit te drink.
Die mense het eerder wyn en bier gedrink omdat die alkohol en suur die
kieme in beheer gehou het. Die alkohol-vlakke was baie laer as vandag,
maar daar was alkohol in.
Almal het dit deur die dag gedrink soos ons nou water en tee en
koeldrank drink. Die moderne westerse samelewing was in sy beginjare
dus een n grootlike semi-dronk een!!

Daarenteen het die ooste tee gedrink en dus hul water gekook.

Dit is glo ook moontlik die rede hoekom so baie oosterlinge n
genetiese kodering mis wat ensieme of iets tot gevolg het wat alkohol
afbreek. Vir die oosterlinge is drink-sessies glo heel onaangenaam.
Re: 'n Ander siening van Afrikaans [boodskap #16384 is 'n antwoord op boodskap #16261] Ma, 27 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net heeft geschreven in bericht
...

> Johan, ek verwys jou na die verskoning wat
> Leendert erens anders gemaak het vir die
> disinformasie wat hy oor my versprei het.

Hmmm... Ja. Die tweede maal dat ek jou 'n verskoning aanbied.

'n Gebruikie wat opmerklik afwesig is in jou kubergedrag, nie waar nie?

Vriendelike groete, Leendert
Re: 'n Ander siening van Afrikaans [boodskap #16385 is 'n antwoord op boodskap #16261] Ma, 27 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kobus Pietersen  is tans af-lyn  Kobus Pietersen
Boodskappe: 358
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
Glodina skryf:
Johan, ek verwys jou na die verskoning wat
Leendert erens anders gemaak het vir die
disinformasie wat hy oor my versprei het.
Ek is nou effentjies moeg vir jou gesanik
oor alles wat nie strook met jou enge
ego-sentriese wereldbeeld nie (nie net die
gebeure in SA en die domheid van mense wat
daar sit en nie vir jou wil bewonder dat jy
nou in die VSA sit nie, maar ook dinge in die
VSA wat jy as "dom" beskou, soos die Amish.)
Ek vra dus nou vir jou, soos ek vir Griet
gevra het, los my uit jou konstellasie uit,
en ek sal enige verdere skrywes van jou ook
ignoreer.
Gloudina

Gloudina, ek verwys jou na die verskoning wat
Leendert erens anders gemaak het vir die
informasie wat hy oor jou versprei het.
Ek is nou effentjies moeg vir jou gesanik
oor alles wat nie strook met jou enge
ego-sentriese wereldbeeld nie (nie net die
gebeure in SA, maar ook die domheid van mense wat
daar sit en jou nie wil bewonder dat jy
nou in Kanada sit nie, maar ook dinge in Afrika
wat jy as "dom" beskou, soos die Apies.)
Ek vra dus nou vir jou, soos jy vir Griet
gevra het, los ons uit jou konstellasie uit,
of ek sal enige verdere skrywes van jou ook ikonomeer.

Terloops, ek hoop die troue was 'n heel kleurvolle gebeurtenis.
(Of was dit net swart en wit ?)

Jou geheime (bewonderaar)
Kobus
Re: 'n Ander Siening van Afrikaans [boodskap #16394 is 'n antwoord op boodskap #16261] Ma, 27 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina skryf:

> Ek is seker daar op Tzaneen sit die wit boere
> maar nog altyd op hulle plase

Gloudina,

Meestal sit hulle nie, maar hulle woeker op die lande en in die boorde. En
hulle voer uit, en verdien valuta, en so aan. Dit skep werksgeleenthede,
veral met die rand nou in sy glory. Maar arbeid word duur, en die vakbonde
begin lol. Nou begin hulle van meganisasie praat...

En hier is swart boere ook. 'n Paar jaar terug het grond hier by Ofcalaco,
wat geoormerk was vir tuisland ontwikkeling, weer beskikbaar geword vir
boerdery. Toe kon ouens aansoek doen om die plase te koop. 3 van die
suksesvolles was swart boere - hulle het die plase aangrensend aan die
tuisland gekry. Ook by die boerevereniging aangesluit (ons wêreld is
progressiewer as wat jy dink!). Die ander boere het hulle baie gehelp. Na
die eerste oes het hulle die Landbank versoek om hulle die rente op hul
lenings kwyt te skeld - aangesien hulle die 'buffer' met die tuisland was,
is hulle die ergste besteel. Die Boerevereniging het toe 'n
ge�lektrifiseerde heining opgerig. En hierdie is die waarheid.

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: 'n Ander Siening van Afrikaans [boodskap #16395 is 'n antwoord op boodskap #16261] Ma, 27 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net heeft geschreven in bericht
...

> Soos vantevore met Biko, begin Leendert nou
> vir ons vertel wat ou Karl Marx gesê het
> wat die spyker op die kop geslaan het. Dis
> 'n soort van geestelike plagiaat pleeg. Dis
> 'n soort van waarheids- (en rekonsiliasie?)
> aksie wat in sy geesteslewe aangaan.

Plagiaat pleeg? As die bron erken word?
Merkwaardige roompoedingargument hierdie, hoor!
(Het jy al 'n galaanval gehad van te veel roompoeding?)

> Maar hy
> wil nie die implikasies daarvan erken nie,
> want dan val sy hele psigiese huis-van-kaarte
> inmekaar. Dan kan hy nie meer die "ander"
> veroordeel, veroordeel, veroordeel nie.

Wie is die "ander" wat ek "veroordeel, veroordeel, veroordeel"?

> Hoeveel
> keer het jy die pre-industriele samelewing van
> groot dele van die SA bevolking (vir jare pre-
> industrieel gehou deur die apartheidsmasjien)
> veroordeel om hulle onontwikkeldheid.

Sê jy my, ou darling! Hoeveel keer het ek? Wys my _een_ keer wat ek dit
gedoen het!

Maar toemaar. Jy sal nie. Jy sal net maak asof die vraag nooit gevra is nie.

> Dink jy
> nie miskien dat hulle gelukkiger as jy is daar
> waar jy in jou wit enklave sit met die "baie
> werk" waarvoor jy nie "kan betaal" nie.

Jou stomme sot!
Ek vertel van 'n mens wat vrek van die honger (letterlik) en jy swymel oor
"geluk"?

Maar jy het nie juis gelees wat ek gekryf het nie, het jy.
As jy het, sou jy nie sulke sotte opmerkings gemaak het nie.

Begin jy nou soos een van ons ander vriende ook lees wat in jou kop staan en
nie wat geskryf is nie (Derrida, Rorschach, hier kom ons!)

> Haal
> die skille van jou o"e af, gaan op jou knie"e
> en vra om vergiffenis vir dit wat aan jou land-
> genote gedoen is in die naam van vooruitgang.

Yl jy, ou (poe)ding?

> Ek is seker daar op Tzaneen sit die wit boere
> maar nog altyd op hulle plase terwyl jou swart
> landsbroers met die hoed in die hand by die
> agterdeur moet kom werk vra.

Inderdaad. Inderdaad. En ek dink die stedelike massas in Soweto, Alexandra,
Mamelodi en Attridgeville is maar te dankbaar dat iemand nog kos produseer.

Gaan jou liefies, hoor!

Leendert
Re: 'n Ander Siening van Afrikaans [boodskap #16396 is 'n antwoord op boodskap #16261] Ma, 27 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 25 Jul 1998 01:31:43 +0300, "Leendert van Oostrum"
wrote:

>
> Maar Gloudina verkondig dat swart kinders nie hul eie taal mog leer nie. Ek
> lees gister 'n VN-verslag wat presies dieselfde bewering maak - en uitwei
> oor die "progressiewe" beleid wat in Botswana, Kenia, Mali en elders gevolg
> is. Wat moedertaalonderwys veel minder aangemoedig het as SA, en ook net
> sedert die tagtigerjare.

Maar jy weet mos die ou tannie het al lankal uitgehaak met die
werklikheid en sit in die sestiger jare en hunker beskuldigings wat sy
na wittes kan slinger omdat hulle lelik is met swartes....
Re: 'n Ander Siening van Afrikaans [boodskap #16398 is 'n antwoord op boodskap #16261] Ma, 27 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
jnpj...@bigfoot.com (Johan N Potgieter) writes:

> On Sat, 25 Jul 1998 01:31:43 +0300, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>
>>
>> Maar Gloudina verkondig dat swart kinders nie hul eie taal mog leer nie. Ek
>> lees gister 'n VN-verslag wat presies dieselfde bewering maak - en uitwei
>> oor die "progressiewe" beleid wat in Botswana, Kenia, Mali en elders gevolg
>> is. Wat moedertaalonderwys veel minder aangemoedig het as SA, en ook net
>> sedert die tagtigerjare.
>
> Maar jy weet mos die ou tannie het al lankal uitgehaak met die
> werklikheid en sit in die sestiger jare en hunker beskuldigings wat sy
> na wittes kan slinger omdat hulle lelik is met swartes....


Johan, ek verwys jou na die verskoning wat
Leendert erens anders gemaak het vir die
disinformasie wat hy oor my versprei het.
Ek is nou effentjies moeg vir jou gesanik
oor alles wat nie strook met jou enge
ego-sentriese wereldbeeld nie (nie net die
gebeure in SA en die domheid van mense wat
daar sit en nie vir jou wil bewonder dat jy
nou in die VSA sit nie, maar ook dinge in die
VSA wat jou as "dom" beskou, soos die Amish.)
Ek vra dus nou vir jou, soos ek vir Griet
gevra het, los my uit jou konstellasie uit,
en ek sal enige verdere skrywes van jou ook
ignoreer.

Gloudina
Re: 'n Ander Siening van Afrikaans [boodskap #16399 is 'n antwoord op boodskap #16261] Ma, 27 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi skryf:

> Die jongste AS het nog n interresante artikel in: Dit se so van die
> jaar 1200 tot 1600 was die water in die weste so vol kieme en besmet
> in stede en dorpe dat dit lewensgevaarlik was om dit te drink.
> Die mense het eerder wyn en bier gedrink

Ek het nog altyd gedink ek leef in die verkeerde tydperk!

Dit gee my nou 'n idee oor die Letabarivier en Tzaneendam. Het enige iemand
Wouter Basson se adres?

> Dit is glo ook moontlik die rede hoekom so baie oosterlinge n
> genetiese kodering mis wat ensieme of iets tot gevolg het wat alkohol
> afbreek.

Ja dis moontlik, en erg tragies om so ge'handicap' te wees.

My onvoltooide studies het ook aan die lig gebring dat die ensieme wat jy
noem, deur die lewer geïnduseer word met gereelde blootstelling. 'n Ou kan
jouself dis fiks hou met gereelde oefening - die rede hoekom ek so blakend
gesond (en vlug van begrip, Leendert) is.

Maar ek sien moontlikhede in die Ooste met lesings en demonstrasies. Heksie?
Jaco?

Groete
Henri Burger, Tzaneen. RSA
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: 'n Ander Siening van Afrikaans [boodskap #16400 is 'n antwoord op boodskap #16376] Ma, 27 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Leendert van Oostrum skryf:

> Dis waar dat ons almal rolle speel - byna altyd veelvuldige rolle. Maar dis
> nie net op die nuusgroep wat ons dit doen nie - ons doen dit in elke
> situasie waar ons ons bevind.

Dis waar, maar daar is meganismes in alledaagse omgang wat dit makliker maak
om die masker af te haal. Rooiwyn, soos ons nou samstem, is een.

> Maar Paulus het ons natuurlik al gewaarsku om nie te veroordeel nie, nie
> waar nie?

Ja, en hy het ook gesê, 'nou sien ek soos 'n raaisel in 'n spieël, maar
eendag...' . Wanneer kom jy kuier, Gloudina?

> Moses is 'n ook 'n burger van Tzaneen.

Ek ken nie 'n Moses Burger op Tzaneen nie, maar hy steek ons in die skande!
Het jy sy adres?

Groete
Henri Burger, Tzaneen. RSA
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: 'n Ander siening van Afrikaans [boodskap #16413 is 'n antwoord op boodskap #16261] Di, 28 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kobus Pietersen  is tans af-lyn  Kobus Pietersen
Boodskappe: 358
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
(Johan N Potgieter) wrote:>
> Hoor-hoor!>>
> Ferdi wrote
> Skreeu die juig-kommando...
>
En b�ggom sê die aap...
Re: 'n Ander siening van Afrikaans [boodskap #16414 is 'n antwoord op boodskap #16261] Di, 28 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 28 Jul 1998 12:00:15 GMT, jnpj...@bigfoot.com (Johan N
Potgieter) wrote:

>

Skreeu die juig-kommando...
Re: 'n Ander siening van Afrikaans [boodskap #16415 is 'n antwoord op boodskap #16261] Di, 28 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Kobus Pietersen" writes: >

> of ek sal enige verdere skrywes van jou ook ikonomeer.
>
> Terloops, ek hoop die troue was 'n heel kleurvolle gebeurtenis.
> (Of was dit net swart en wit ?)
>
> Jou geheime (bewonderaar)
> Kobus

Ou Kobus, jy is verlief... op jou eie kwinkslae.
Re: 'n Ander siening van Afrikaans [boodskap #16416 is 'n antwoord op boodskap #16261] Di, 28 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 27 Jul 1998 21:16:19 +0200, "Kobus Pietersen"
wrote:

> Gloudina, ek verwys jou na die verskoning wat
> Leendert erens anders gemaak het vir die
> informasie wat hy oor jou versprei het.
> Ek is nou effentjies moeg vir jou gesanik
> oor alles wat nie strook met jou enge
> ego-sentriese wereldbeeld nie (nie net die
> gebeure in SA, maar ook die domheid van mense wat
> daar sit en jou nie wil bewonder dat jy
> nou in Kanada sit nie, maar ook dinge in Afrika
> wat jy as "dom" beskou, soos die Apies.)
> Ek vra dus nou vir jou, soos jy vir Griet
> gevra het, los ons uit jou konstellasie uit,
> of ek sal enige verdere skrywes van jou ook ikonomeer.
>
Hoor-hoor!
Re: 'n Ander Siening van Afrikaans [boodskap #16422 is 'n antwoord op boodskap #16261] Di, 28 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...

> Soos vantevore met Biko, begin Leendert nou
> vir ons vertel wat ou Karl Marx gesê het
> wat die spyker op die kop geslaan het.

En soos vantevore met Biko moet ek daarop wys dat die feit dat ek in sommige
opsigte van iemand verskil nie die moontlikheid uitsluit dat ek in ander
opsigte met hom kan saamstem nie. Daar is byvoorbeeld heelwat bewyse in die
argief van hierdie nuusgroep wat getuig dat ek soms self met jou saamstem!

Waar dit Marx aangaan, is my standpunt soos volg:

a) Ek reken Marx het 'n uiters geldige ontleding gemaak van die sosiale
kenmerke en gevolge van die industriële samelewing - hy het die toestand van
die pasiënt goed waargeneem en beskryf. So goed dat ek dink daar is nie baie
wat hom in hierdie opsig oortref nie.
b) Op grond van sy waarneming, het hy 'n diagnose gemaak: dat die siekte
veroorsaak word deur "kapitalisme". Ek dink sy diagnose was oorvereenvoudig.
c) Op grond van sy diagnose het hy 'n behandeling voorgeskryf: kommunisme
(maar let op dat die Communist Manifesto verskyn het lank voor Das Kapital).
Ek dink die behandeling is erger as die siekte. Die newe-effekte is uiters
pynlik, en dikwels fataal. Daarbenewens het dit geblyk - in daardie lande
wat nie Marx se diagnose of behandeling aanvaar het nie (dit sluit Britanje
in, die pasiënt wat hy waargeneem en beskryf het) - dat die toestand wat hy
beskryf het, grootliks selfterminerend is - die pasiënt word gesond sonder
Marx se ingrepe.

Dit is nou 'n baie eenvoudige verduideliking, maar ek dink selfs jy sal kan
insien dat die feit dat ek van Marx verskil oor sy diagnose en sy
behandeling my nie verhoed om met groot waardering te verwys na die akkurate
waarnemings en beskrywings wat hy van die toestand gemaak het nie.

Vriendelike groete, Leendert
Re: 'n Ander Siening van Afrikaans [boodskap #16423 is 'n antwoord op boodskap #16261] Di, 28 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Henri Burger wrote in message ...

> Dis waar, maar daar is meganismes in alledaagse omgang wat dit makliker maak
> om die masker af te haal. Rooiwyn, soos ons nou samstem, is een.

Ja, maar: Ek dink nie dis vir die meeste van ons moontlik om "die masker af
te haal" in die sin dat jy dan in alle aspekte van jou persoonlikheid vir
mense toeganklik is nie.

Ek dink wat gebeur is dat mens net so een of twee bykomende fasette van jou
persoonlikheid laat blyk.

> Ek ken nie 'n Moses Burger op Tzaneen nie, maar hy steek ons in die skande!
> Het jy sy adres?

:-) Nee. Ek ken sy van, en ek kan miskien sy broer se telefoonnomeer by
die werk in die hande kry (ek het dit gehad voor ek 'n paar maande gelede
getrek het). Ek sal jou die inligting wat ek kan kry per e-pos laat weet.

Groete, Leendert
Re: 'n Ander Siening van Afrikaans [boodskap #16424 is 'n antwoord op boodskap #16261] Di, 28 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 27 Jul 1998 14:20:33 GMT, wrote:

> Ek vra dus nou vir jou, soos ek vir Griet
> gevra het, los my uit jou konstellasie uit,
> en ek sal enige verdere skrywes van jou ook
> ignoreer.
>
> Gloudina
>
>
Nee, jy wil sonder oposisie snert praat - vergeet dit!
Re: 'n Ander siening van Afrikaans [boodskap #16439 is 'n antwoord op boodskap #16261] Wo, 29 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskap
Kobus Pietersen  is tans af-lyn  Kobus Pietersen
Boodskappe: 358
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
>> Terloops, ek hoop die troue was 'n heel kleurvolle gebeurtenis. (Of was
dit net swart en wit ?)

> @igs.net writes: Ou Kobus, jy is verlief... op jou eie kwinkslae.

Ou @igs.net, jy is verdiep... in jou eie veldslae.
neem liewer verlief... met jou eie gatslae.
Re: 'n Ander siening van Afrikaans [boodskap #16440 is 'n antwoord op boodskap #16261] Wo, 29 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskap
Kobus Pietersen  is tans af-lyn  Kobus Pietersen
Boodskappe: 358
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
Kobus Pietersen wrote:
Skreeu die juig-kommando...[/color]

Uhuruburu
Re: 'n Ander siening van Afrikaans [boodskap #16441 is 'n antwoord op boodskap #16261] Wo, 29 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 28 Jul 1998 13:37:52 GMT, ferd...@icon.co.za (Ferdi ) wrote:

> On Tue, 28 Jul 1998 12:00:15 GMT, jnpj...@bigfoot.com (Johan N
> Potgieter) wrote:
>
>
> >
>
> Skreeu die juig-kommando...
>
Yes-Jaaaaa!
Re: 'n Ander siening van Afrikaans [boodskap #16442 is 'n antwoord op boodskap #16261] Wo, 29 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 28 Jul 1998 20:38:19 +0200, "Kobus Pietersen"
wrote:

>

Het dit al by jou geregistreer dat dit jy was wat dit gese het?
Vorige onderwerp: Verskoning
Volgende onderwerp: Help with a question
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 00:31:03 MGT 2024