Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Die vrou se geldeenheid
Re: Die vrou se geldeenheid [boodskap #15963] Di, 30 Junie 1998 00:00
Hellin Gervaas  is tans af-lyn  Hellin Gervaas
Boodskappe: 191
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Wel, ek dink dat die huwelik 'n partnership kan wees - maar dit is seker
moeilik om so 'n lang leeftyd met dieselfde persoon te bly as daar 'n ander
moontlikheid is.
Vroeër het mense minder lank gelewe en daar was min huwelike wat tot 50 of
60 jaar bestaan het oor een van die twee partners oorlede was.
Vroue het ook geen finansiële onafhanklikheid geken nie (soos vandag).
Ek dink dat dáár die twee voornaamste redes vir egskeidings lê : die
finansiële onafhanklikheid van vroue - hulle het ook mondiger geword en durf
meer hul eie regte te verdedig ;
en dit feit dat ons langer lewe. Jy sien dikwels ouer mense (hier in België)
wat nie meer so lekker saambly nadat hulle afgetree het nie en nog dalk
twintig jaar moet saam lewe ! Daar's meer en meer egskeidings by ouer mense
ook.

Verder, wat protitusie betref, glo ek dat dit wetlik moet gebeur vir twee
redes : eerstens : dit bestaan in iedergeval en - as vrou - dink ek die
vroue sal beter verdedig en beskerm word as hul beroep 'n offisiële status
het. Hulle kan dan ook verplig word om reëlmatig mediese kontrole te
ondergaan. Tweedens : hulle kan/moet dan ook bydra vir die staat deur
belastings te betaal en bydraes vir hulle siekefonds en pensioen. En dalk
kan hul klante nog die geldjies wat hulle betaal het, van hul belastings
aftrek - grappie !

Verskoon tog as ek foute teen die Taal gemaak het ! :-)

Hilda. http://www.oocities.org/SoHo/Square/7005
Vorige onderwerp: Aanwezig (dutch)
Volgende onderwerp: Wat kan ons mense oortuig om Afrikaans te leer?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Sep 26 22:08:55 MGT 2024