| fietsryer [boodskap #138719] |
Do., 13 Januarie 2022 18:26 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24235 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
'n Fietsryer.
fietsryer
Afbreking: fiets•ry•er
Samestelling: fiets + ryer
Selfstandige naamwoord: fietsryer
Meervoud: fietsryers
Verkleinwoord: fietsryertjie
Meervoud van verkleining: fietsryertjies
Betekenis:
• 'n Persoon wat op 'n fiets ry.
Gebruik:
• Daar is twee soorte fietsryers, die wat al geval het en die wat nog moet val.
Sinoniem:
• fietser
• siklis
• wielryer
Afgelei:
• bergfietsryer
Verwant:
• motorfietsryer
Vertaling:
Engels: cyclist
Nederlands: fietser
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|