Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » grapmaker
grapmaker [boodskap #137728] Di, 24 Augustus 2021 08:25
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20273
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
grapmaker
Afbreking: grap•ma•ker
Samestelling: grap + maker


Selfstandige naamwoord: grapmaker
Meervoud: grapmakers
Verkleinwoord: grapmakertjie
Meervoud van verkleining: grapmakertjies

Betekenis:
• Iemand wat grappe maak.

Gebruik:
• Zack du Plessis was 'n grapmaker en 'n akteur in rolprente soos van Kiepie en Kandas en TV-reekse soos Vetkoekpaleis.

Sinoniem:
• grapjas
• hanswors
• harlekyn
• hofnar
• humoris
• janklaas
• kaartmannetjie
• koggelaar
• komediant
• malkop
• nar
• platjie
• skertser
• uilspieël

Afgelei:
• grapmakerig
• grapmakery

Vertaling:
Engels: joker, clown, buffoon, wag
Nederlands: grappenmaker

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: prettig
Volgende onderwerp: weldra
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 28 15:37:41 MGT 2024