Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » grootmoedig
grootmoedig [boodskap #137724] Ma, 23 Augustus 2021 13:53
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20268
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
grootmoedig
Afbreking: groot•moe•dig
Samestelling: groot + moedig


Byvoeglike naamwoord: grootmoedig
Vergrotende trap: grootmoediger
Oortreffende trap: grootmoedigste
Attributief: grootmoedige
Partitief: grootmoedigs

Betekenis:
• Om vriendelik en vrygewig te wees; edel van gesindheid.

Gebruik:
• 'n Mens kan grootmoedig wees en ander beter behandel as wat hulle ons behandel, of kleinsielig en hulle slegter behandel as wat hul ons behandel.

Sinoniem:
• edelmoedig
• goedwillig
• grootgeestig
• groothartig
• onselfsugtig
• ruimhartig
• toegewend
• welmenend
• welwillend

Antoniem:
• kleinsielig

Afgelei:
• grootmoedigheid
• grootmoediglik

Vertaling:
Engels: magnanimous
Nederlands: grootmoedig

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: stikdonker
Volgende onderwerp: bedaard
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 28 07:29:23 MGT 2024