| hoefdier [boodskap #137673] |
Do., 19 Augustus 2021 14:37 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24160 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Die hoewe van 'n kameelperd.
hoefdier
Afbreking: hoef•dier
Samestelling: hoef + dier
Selfstandige naamwoord: hoefdier
Meervoud: hoefdiere
Verkleinwoord: hoefdiertjie
Meervoud van verkleining: hoefdiertjies
Betekenis:
• 'n Soogdier wat hoewe aan sy pote het.
Gebruik:
• 'n Buffel is 'n gelyktonige hoefdier in die familie van beesagtiges.
Hiponiem:
• bees
• bok
• buffel
• donkie
• esel
• kameelperd
• perd
• renoster
• sebra
• skaap
• wildebees
Verwant:
• ewehoewig
• onewehoewig
Vertaling:
Engels: hoofed animal, ungulate
Nederlands: hoefdier
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|