Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die Redelike Man
Die Redelike Man [boodskap #15149] Mon, 25 May 1998 00:00 na volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: February 1998
Karma: 0
Senior Lid
Ek gebruik vandag Beeld se Redaksionele kommentaar as die weeklikse
nuusbrokkie:

"In die reg is die term 'redelike man' goed bekend. Die howe toets gereeld
'n aangeklaagde se handelings aan wat die 'redelike man' in dieselfde
omstandighede sou doen.

" 'n Johannesburgse landdros, mnr. W. Ewart, het verlede week in 'n
geregtelike ondersoek na 'n voorval waarin 'n motorryer, mnr. Franz Jachs,
'n man doodgeskiet het wat sy motorruit uitgeslaan het, dié opmerking
gemaak:

" 'Die toets van die redelike man moet getemper word met inagneming van die
omstandighede, veral die algemene voorkoms van misdaad wat in Johannesburg
geld.'

"Hy het bevind dat Jachs binne die perke van die wet opgetree het.

"Regsgeleerdes sal kan aanvoer dat Jachs streng volgens die letter van die
wet die perke van noodweer oorskry het. Sy lewe was (nog) nie in gevaar nie.
Hy het klaarblyklik geen waarskuwingskote geskiet of die aanvaller in
hegtenis probeer neem nie.

"Die realiteit en gesonde verstand lyk egter heeltemal anders. Mense word
daagliks vermoor, soms letterlik vir 'n paar rand. Motorryers is baie
kwesbaar. Daarom sê die redelike mens se hart dat Jachs in die omstandighede
reg opgetree het."

Hierdie onderskryf wat ek 'n rukkie gelede hier gesê het, naamlik dat ons
nader aan 'n situasie in SA beweeg waar gewone mense meer en meer die reg in
eie hande begin neem. Dit is 'n ongesonde, gevaarlike situasie. Net die
regering van die dag kan daardie situasie ontlont. Anders, Gloudina, is ons
miskien nie by Bloukrans en Bloedrivier nie, maar in die Wilde Weste.

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: Die Redelike Man [boodskap #15216 is 'n antwoord op boodskap #15149] Wed, 27 May 1998 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: July 2000
Karma: 0
Senior Lid
Henri Burger wrote in message ...
> Ek gebruik vandag Beeld se Redaksionele kommentaar as die weeklikse
> nuusbrokkie:
>

[...]

>
>
> Hierdie onderskryf wat ek 'n rukkie gelede hier gesê het, naamlik dat ons
> nader aan 'n situasie in SA beweeg waar gewone mense meer en meer die reg in
> eie hande begin neem. Dit is 'n ongesonde, gevaarlike situasie. Net die
> regering van die dag kan daardie situasie ontlont. Anders, Gloudina, is ons
> miskien nie by Bloukrans en Bloedrivier nie, maar in die Wilde Weste.

Jammer, Henri,

Ons is al jare lank in hierdie opsig in die Wilde Weste (en ver daar verby).

Dis waarom die koerante gereëls rapporteer van "lynch mobs" waar mense 'n
oortreder vang, vonnis en teregstel. En dit gebeur nie net in die townships
nie.

Groete, Leendert
Vorige onderwerp: Was Verwoerd 'n Afrikaner?
Volgende onderwerp: Re: DIE BEGIN VAN ALLES..........!!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wed Jan 22 20:38:51 UTC 2025