Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » e-pos
e-pos [boodskap #14668] |
Thu, 14 May 1998 00:00  |
louwtjie
Boodskappe: 10 Geregistreer: May 1998
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
dag
ek wil net graag weet wat ons kan maak want ek wil nie snaaks wees nie maar
die rekenaartaal in afrikaans klink poower of is ek maar net pateties want
kyk na e-mail, e-pos, ag duh hoor, kan ons nie 'n ander plan maak nie??
enige idees??
ekke
:)
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: e-pos [boodskap #14782 is 'n antwoord op boodskap #14668] |
Sat, 16 May 1998 00:00  |
JP
Boodskappe: 40 Geregistreer: August 1997
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Sjoe, nou raak jy te diep vir my.
>> Wie praat nou van [knip]
>
> J, die een het ek spesiaal vir jou raakgelees:
>
> Wat het die disleksiese skollie op die brug geskryf?
>
> epos
>
|
|
|
Re: e-pos [boodskap #14783 is 'n antwoord op boodskap #14668] |
Sat, 16 May 1998 00:00  |
Rian Schutte
Boodskappe: 5 Geregistreer: May 1998
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Probeer die Noord Boland my vriend. maak nie saak wat jy wil se nie, as jy
dit nie in Afrikaans kan se nie is die normale reaksie "HUH ??". Rekenaar
programmeerders en verkoopliede moes hulle ook maar hierby aanpas. Die
enigstes wat met Engels of half-Engels wegkom is die motor mense.--- 'n
Carb is 'n Carb is 'n Carb
Groete
Rian
J wrote in article ...
> Gelukkig hoef ons nie meer suiwer Afrikaans te praat nie, want ons het nou
> 'n Nuwe
> Suid Afrika met 'n nuwe Afrikaanse taal; hoe lank sal ons nog Afrikaans kan
> praat.
> Ek werk op stelsels en alhoewel ek met ander Afrikaanse mense oor PC
> (rekenaars)
> en stelsels praat, praat ons die tegniesie termes in Engels, want dan
> verstaan ons mekaar,
> Wie praat nou van 'n moederbord, (save 'n program) bere 'n program ens.
>
|
|
|
Re: e-pos [boodskap #14784 is 'n antwoord op boodskap #14668] |
Sat, 16 May 1998 00:00  |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Beste J.
Ek dink jy sal miskien wil kennis neem van een of twee aspekte (soos
gerapporteer deur PANSAT):
a) Mense wat meer as een taal ken en gebruik is redelik algemeen. En dit
was deur die eeue nog so. Die feit dat 'n mens 'n bepaalde taal aanleer
omdit dit vir jou van nut is, beteken nie dat jy 'n ander ophou gebruik nie.
b) Daar was, in die geskiedenis, nog geen volk wat wetenskaplik en
tegnologies gevorder het sonder om die wetenskap en tegnoplogie in hul eie
taal te begin be-oefen nie.
c) Die getal Engelssprekendes in die wêreld, beide in absolute getalle en
as 'n persentasie van die wêreldbevolking, is besig om te daal.
d) In die VSA word iets soos 60% van alle wetenskaplike geskrifte
gepubliseer. Tot dusver was dit in Engels. Die persentasie wat in Spaans
gepubliseer word is baie klein, maar word elke jaar groter.
Dus: As ek op die gebied van wetenskap en tegnologie wou voortuitgaan, sou
ek verseker dat ek in my moerdertaal daaroor dink - selfs al gebruik ek 'n
ander taal om daaroor te skryf en te praat.
Groete, Leendert
J wrote in message ...
> Ek is 'n Afrikaner net soos jy, maar hoe gaan ons nou kommunikeer met
> die buiteland as ons nie die Internationale taal wil leer praat nie; ons sal
> nerens kom nie
> As ek nou 'n moederbord bestel in die buiteland, ek wonder wat sal hulle vir
> my stuur.
>
> Ek stem saam dat ons die taal moet praat, maar ek glo daar sal ook 'n einde
> daaraan
> kom. Die regering van die dag sal ons onsigbaar dwing om oor te gaan na die
> taal.
> Kyk na ons President, as hy in sy huitaal praat sal die meeste van ons nie
> verstaan wat
> hy se nie, miskien moet ons maar sy voorbeld volg.
>
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sun Mar 09 07:44:32 UTC 2025
|