mismoedig [boodskap #135693] |
Wed, 10 February 2021 16:04 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21100 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
mismoedig
Afbreking: mis•moe•dig
Byvoeglike naamwoord: mismoedig
Vergrotende trap: mismoediger
Oortreffende trap: mismoedigste
Attributief: mismoedige
Partitief: mismoedigs
Betekenis:
• Met 'n somber stemming; terneergedruk en sonder moed.
Gebruik:
• Alle mense raak by tye mismoedig en dit kan soms oorweldigend wees, maar daar is altyd lig aan die einde van die tonnel.
Sinoniem:
• bedruk
• bek-af
• depressief
• droef
• droefgeestig
• ellendig
• melancholies
• mistroostig
• moedeloos
• neerslagtig
• ontmoedig
• ontsteld
• pessimisties
• platgeslaan
• swaarmoedig
• terneergedruk
• triestig
• verdrietig
• wanhopig
Afgelei:
• mismoedigheid
Vertaling:
Engels: downcast, discouraged, dejected, down
Nederlands: mismoedig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|