Tuis » Ernstig » Emigrasie & buiteland » Vriende Oorsee?!
Vriende Oorsee?! [boodskap #14448] |
Sat, 09 May 1998 00:00  |
Hein van Wyk
Boodskappe: 41 Geregistreer: September 1997
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Ek is eintlik op soek na Afrikaans sprekende vriende oorsee. Miskien het jy
onlangs of lankal terug geemigreer; vertel my tog meer van die lewe oorsee?
Ekself is woonagtig in Port Elizabeth/Suid-Afrika & wil graag met enige een
korrespondeer. Ek nooi jou om my vriend te word!
Hoop om gou van jou te hoor.
Mooi Bly!
Hein van Wyk / Port Elizabeth(S.A)
E-Pos: hei...@intekom.co.za
|
|
|
Re: Vriende Oorsee?! [boodskap #14472 is 'n antwoord op boodskap #14448] |
Sun, 10 May 1998 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: (Pierre)
jnpj...@bigfoot.com (Johan N Potgieter) wrote:
> On 9 May 1998 11:04:14 GMT, "Hein van Wyk"
> wrote:
>> Ek is eintlik op soek na Afrikaans sprekende vriende oorsee. Miskien het jy
>> onlangs of lankal terug geemigreer; vertel my tog meer van die lewe oorsee?
>>
> Hein, hier is 'n hele paar van ons wat hier rondhang. Jy moet maar
> uitkyk vir ons plasings. Miskien kan ons almal op die NG vra om net
> 'n vinnige antwoord hierop te gee en te se waar hulle woon en wat
> hulle doen.
> Ek bly in die staat Minnesota in die VSA en lei
> rekenaarprogrammeerders op.
> Dan sal dit dalk interesant wees as jy ons so nou en dan spesifieke
> vrae vra, dinge wat jy oor wonder en dan kan ons elkeen vertel van hoe
> die aspek hier by ons werk. Op so 'n manier kan ons almal ons kennis
> van die aardbol verbeter en dalk so bietjie die politiek opsy skuif
> vir 'n wyle!
Ek woon net noord van Sydney in Gosford (so 70km Noord van die
middestad). Hier is heelwat ander SA's hier in ons omgewing en in
Australie. Ek reis heelwat en ontmoet gereeld SA's as ek op die
lughawe is op pad NZ toe.
Die wereld het regtig 'n klein plekkie geword met die tipes vervoer en
tegnologie wat beskikbaar is.
Pierre
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Vriende Oorsee?! [boodskap #14636 is 'n antwoord op boodskap #14448] |
Wed, 13 May 1998 00:00   |
Johan N Potgieter
Boodskappe: 421 Geregistreer: December 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Mon, 11 May 1998 16:46:23 +0200, lou wrote:
> ekke wrote:
>>
>> is dit die moeite werd om soontoe te gaan?? want ek is van plan om soontoe
>> te immigreer...hoe behandel die mense julle daar??
>>
>> ok bye bye now
>> ekke
>> :)
Flou Louw,
Dis 'n fees hier - te oordeel aan die behandeling wat 'n mens hier van
die mense kry. Ons het by 'n United Methodist kerk aangesluit en as
oud-NGKerkers voel ons heel tuis.
Daar was nog nie 'n enkele voorval of persoon wat nie van ons gehou
het ondat ons na die VSA gekom het nie! Trouens, ons word baie
uitgevra en dit is altyd redelik neutraal tot hulle vra, en hoor, dat
ons beplan om te bly! Dan is dit sommer of hulle ekstra wil welkom
sê.
Ek weet ons word elke keer onder skoot gekry as ons vertel hoe lekker
dit in die buiteland is - wel, ek probeer niemand se neus daarin vryf
nie - Louw het bloot gevra en ek vertel hom so 'n ietsie.
Jy kan maar in die argiewe na my vorige plasings oor die onderwerp
gaan lees: vir nou, kom kyk gerus vir 'n jaar of drie, ens as jy dan
weer wil teruggaan, is jy mos welkom!
|
|
|
Re: Vriende Oorsee?! [boodskap #14681 is 'n antwoord op boodskap #14448] |
Thu, 14 May 1998 00:00   |
M.Kruger
Boodskappe: 91 Geregistreer: March 1997
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Johan,
Hoe werk die belastingstelsel in die VSA.? Kan jy iets vertel van die
skoolstelsels?
Hoe goed is die staatskole, of is privaatskole daar 'n beter opsie? Die
lewe is skynbaar goedkoper, alhoewel eiendomme duur is, nie waar nie? Wat
dink jy, behoort voornemende immigrante op voorbereid te wees? Watter state
in Amerika, dink jy, het die lekkerste klimaat, behalwe Californië. Klink
of Arizona 'n interessante plek is - nie so oorbevolk nie, of hoe? Dis 'n
mondvol, maar ek is baie nuuskierig hieroor.
|
|
|
|
Re: Vriende Oorsee?! [boodskap #14738 is 'n antwoord op boodskap #14448] |
Fri, 15 May 1998 00:00  |
harms...
Boodskappe: 8 Geregistreer: April 1998
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
"griet" vra:
> Skuus, ek wou nog vrae vra:
> Watter werksgeleenthede is daar beskikbaar, behalwe die medies- en
> rekenaarwese?
> Simpel vraag, maar nogtans.
Weet nie of dit as 'n werksgeleentheid kwalifiseer nie, maar ek is op soek
na 'n aansienlike boerenooi wat volgens die nuutste Kaapse giere kan
*partytjie* hou! ;-)
--
remove NOSPAM to reach me
|
|
|
Re: Vriende Oorsee?! [boodskap #14739 is 'n antwoord op boodskap #14448] |
Fri, 15 May 1998 00:00  |
Johan N Potgieter
Boodskappe: 421 Geregistreer: December 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On 14 May 1998 14:53:51 GMT, "griet" wrote:
> Skuus, ek wou nog vrae vra:
> Watter werksgeleenthede is daar beskikbaar, behalwe die medies- en
> rekenaarwese?
> Simpel vraag, maar nogtans.
Hierdie een is moeilik om te antwoord. So ek hoop my antwoord maak
sin:
Jy moet jou besondere "skill" hier kom verkoop. Om die teogangsvisa
te kry moet jy eers werk hier kry voor jy kom. Jou werkgewer doen
aansoek daarvoor - so verseker hulle dat werkloses nie hier kom bly
nie. Dus moet jy huiswerk doen en kontak maak met potensiele
werkgewers sodat jy 'n aanstelling hier kry voor jy kom.
Kort verduideliking: Hier geld kort kennis periodes, sodat meeste
werkgewers weet hy kan binne twee weke iemand aanstel waar hy nodig
het. Moeilik wanneer jou visa aansoek tot drie maande kan wees.
Die ideaal is om op die rekenaar kontrakteur manier te probeer kom
waar die kontrak maatskappy vooruit beplan vir wanneer jy vir 'n
kontrak gaan nodig wee en die Amerikaners weet rekenaar mense uit Sa
neem effe langer om hier te kom.
Die tweede ideaal is om hier te kom vakansie hou - jy pos voor die tyd
jou CV's hiernatoe sodat dit nie in jou tasse is nie - as hulle jou
daarmee vang weet hulle jy wil kom bly sonder 'n visum en dan sit
hulle jou sommer uit. As jy dan hier is, gaan jy op voorafopgestelde
werksonderhoude. Kry jy werk, kan jou werkgewer dadelik aansoek doen
vir jou H1-B visum en mag jy dan in die land bly totdat die visum
uitgereik is en jy kan begin werk.
Dis hierdie moeites werd - vra enige een wat reeds hier bly - seker
so 5% van die ouens wil teruggaan - net totdat hulle in SA gaan
vakansie hou het.
Nou ja - ek moet gaan werk, maar ek sal vanaand of so op jou ander
vrae ook antwoord, wat jy in die ander plasing gevra het.
|
|
|
Re: Vriende Oorsee?! [boodskap #14740 is 'n antwoord op boodskap #14448] |
Fri, 15 May 1998 00:00  |
Jean[1]
Boodskappe: 6 Geregistreer: March 1998
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Die Amerikaanse 'Green Card Lotto' is ook nie 'n slegte idee nie. (Dit is
glo
gratis en word elke jaar gehou in Jan/ Feb) Volgens iemand wat ek ken by
die Konsulaat is 'n Suid Afrikaaner se kans een uit 14 of beter.
Kanada is baie makliker om in te kom - as jy hier wil bly natuurlik. (Ek
hoor dat dit makliker vir 'n Kanadees is om 'n green card te kry. Prakties
kan mens ook makliker om iets te reel veral as mens vir 'n maatskapy werk
wat in beide lande is.
Groete uit Toronto
Jean
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sun Mar 09 16:20:43 UTC 2025
|