| beskadig [boodskap #134025] |
Vr., 09 Oktober 2020 18:50 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24165 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
beskadig
Afbreking: be•ska•dig
Werkwoord: beskadig
Verlede tyd: het beskadig
Betekenis:
• Om skade aan te rig of skade te berokken.
Gebruik:
• Die brand het die stadsaal ernstig beskadig.
Sinoniem:
• verniel
• verrinneweer
• verwoes
Antoniem:
• heelmaak
• regmaak
Afgelei:
• beskadigbaar
• beskadiging
Vertaling:
Engels: to damage
Nederlands: beschadigen
Byvoeglike naamwoord: beskadig
Attributief: beskadigde
Betekenis:
• Waaraan skade aangerig is.
Gebruik:
• Sy het die beskadigde goedere teruggestuur.
Antoniem:
• onbeskadig
Afgelei:
• beskadigdheid
• beskadigheid
Vertaling:
Engels: damaged, impared
Nederlands: beschadigd
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|