Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Madiba > Milner
Re: Madiba > Milner [boodskap #13916] Ma, 20 April 1998 00:00
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Leendert van Oostrum heeft geschreven in bericht
...

Thomas Jacobs heeft geschreven in bericht 6h797k$j...@hippo.ru.ac.za>...
>
> Hou op ... praat. Die doodskiet van 'n onskuldige kind en 'n motor
> ongeluk verskil hemel breed poepol. Die boertjie wat hom daarin
> verlustig om kindertjies te vermoor moet goed gedonner word. Ons
> grootste prys aan Madiba om die plek van die vuilgat te besoek en
> weereens aan almal te bewys wie eintlik nie-barbaars is. Die boertjie
> (barbaar) moet aan sy ballas beet gekry word en stadig getorture word,
> bliksem.

Dit is die opjaag van hierdie soort emosie waarvoor Madiba-baby
verantwoording moet aanvaar deur met 'n hele karavaan ANC-politici,
insluitende die minister van justisie daar op te daag en 'n ANC-road show te
maak van die skokkende dood van 'n baba.

Die gevolg is dood eenvoudig dat die beskuldigde geen regverdige verhoor kan
verwag nie - iets wat selfs Nicky van den Berg se spannetjie werfbobbejane
vanaand op RSG se "kommentaar"-program beklemtoon het.

Dit kom neer op 'n doelbewuste ondergrawing van die onafhanklikheid van die
regbank vir politieke doeleindes, net soos die pogings van die NSC om die
SARVU-saak te verongeluk.

'n Interessante gevolg van Madiba-man se politieke opportunisme oor die lyk
van die baba is verlede Donderdag se redaksionele kommentaar in Beeld. Vir
die eerste maal waarvan ek weet het Beeld presies dieselfde standpunt
ingeneem as wat Radio Pretoria gedoen het (in Annemarie Joubert se program
"Volksmikrofoon" die vorige middag). Hulle het Madiba behoorlik uitgetrap.
Madiba het dus iets reggekry wat geen "afrikaner"-leier in dekades kon
vermag nie - om die regses en die linkses te laat saamstem oor 'n ding.
Selfs Milner kon dit nie doen nie.

Maar ek sal graag ons vriend Thomas se kommentaar wil hoor op die feit dat
die aangeklaagde in die saak die twee kinders wat geskiet is dadelik
opgelaai het en gaan hulp soek het vir hulle, en homself daarna aan die
polisie gaan oorgee het en sy wapen oorhandig het. Maar die minister van
polisie stel 'n ondersoek in oor die rede
waarom die polisie hom nie dadelik ge-arresteer het nie

Miskien sal Thomas hierdie optrede vergelyk met die optrede van die mense
wat dieselfde dag 'n 81-jarige boer verwurg het deur kunsmis in sy keel af
te druk en sy mond en neus met 'n lap toe te bind dat hy dit nie kan
uitspoeg nie - ek weet hoe brand kunsmis my vel - ek kan my voorstel wat dit
met die slymvliese in mens se mond en keel doen. Die betrokke boer het,
berig Rapport, 'n skool vir 300 swart kinders op sy plaas met sy eie hande
gebou. Volgens die berig is by dieselfde skool 'n vergadering gehou waar die
Civics besluit het hy moet weg sodat sy plaas beskikbaar word vir
uitbreiding van 'n aangrensende plakkerskamp. Tydens die aanval is niks
geroof nie, behalwe R200 uit die ou man se beursie.

Ek het nog nie verneem dat die mense wat die ou man vermoor het hulself gaan
oorgee het nie. .

Madiba die Edele se choppers was in Witbank, enkele minute se vlieg van die
ou man se plaas af voordat hy Benoni toe is om sy politieke krygsdans te
gaan doen op die lyk van 'n baba.

Maar sien, die dooie baba is swart, en die dooie ou man is wit. Om
krokodiltrane te huil oor die een het politieke voordeel vir die ANC - raai
watter een?

Dat Madiba se road-show sy teiken getref het, kan mens sien uit Thomas se
bydrae hierbo.

Dat Tutu se "rainbow nation" besig is om des moers in te verdwyn, self uit
die verbeelding van die wat gedink het dis moontlik, sien mens uit reaksies
soos die van Beeld.

Die ding wat die heel duidelikste is, is dat Mandela en sy ANC heel gelukkig
is om die bevolking te polariseer ter wille van sy doelwit om in volgende
jaar se verkiesing 'n tweederdemeerderheid te kry.

Dit word elke dag duideliker dat Amnesti International verstandig was om al
die jare te weier om te veel waarde te heg aan Mandela se "conscience". En
dat sy vonnis (vir geweldsdade met 'n politieke oogmerk) vier dekades gelede
klaarblyklik heel geregverdig was.

Ek vermoed die komende verkiesing gaan nog 'n groter klug van die idee van
"demokrasie" maak as die vorige.
Vorige onderwerp: Australia Inligting!
Volgende onderwerp: Re: WWJD
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Sep 24 22:29:34 MGT 2024