| higiëne [boodskap #133529] |
So., 13 September 2020 19:54 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24213 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Bad, tandeborsel en handewas is 'n deel van 'n goeie higiëniese roetine.
higiëne
Afbreking: hi•gi•ëne
Selfstandige naamwoord: higiëne
Meervoud: –
Betekenis:
• Gebruike wat nodig is om skoon en sindelik te lewe en goeie gesondheid te handhaaf.
Gebruik:
• Goeie persoonlike higiëne help om die verspreiding van siektes te voorkom.
Hiponiem:
• voedselhigiëne
Verwant:
• higiënies
Vertaling:
Engels: hygiene
Nederlands: hygiëne
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|