Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Kennis uit Afrika
Kennis uit Afrika [boodskap #13745] Do, 02 April 1998 00:00
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Nico wrote in message ...

> Hulle kan dit nie bekostig nie, hoor ek jou sê.
> Moet ons dan net tot in ewigheid GEE, sonder dat Afrika ooit leer visvang?
> So optimisties as wat ek oor die algemeen is, het ek nie veel hoop in
> daardie opsig nie - nou weer gesien oor TV met Clintoin se besoek: die
> kommentator sê: " ...and by far the biggest applause went up when Clinton
> said America is ready to help you ...". Ek weet dit is oop vir
> interpretasie, maar ek is seker daardie swart massa het net geldelike
> skenkings in gedagte gehad.

Ek weet nie. My indruk is dat die mense dikwels persoonlike betrokkenheid
veel hoër aanslaan waar dit saak maak.
Attie van Niekerk bedryf die NOVA-stigting (Navorsing oor die Opheffing en
Voorkoming van Armoede). Hulle gebruik 'n navorsingstegniek wat hulle self
ontwikkel het.

a) Inligting word ingesamel deur lede van die teikengemeenskap self
(professionele mense - verpleegsters, maatskaplike werkers, onderwysers,
ens) wat deur die navorsingspan opgelei word.

b) Die data word versamel by wyse van onderhoude met verskeie lede van
teikengesinne uit die gemeenskap (nie net een individu nie - die "eenheid
warop hulle navorsing doen is altyd 'n gesin as geheel).

c) Die data word verwerk, vertolk, en voorgelê aan die klient se tegnoloë
en wetenskaplikes. Laasgenoemde maak hul afleidings, en verduidelik hoe
hulle die inligting vertolk.

d) Die spanne gaan terug na die gemeenskap, en verduidelik die
wetenskaplikes se standpunte. Hulle kry die reaksies van die mense, wat wer
vertolk word, ens.

e) Tipies gaan so 'n navorsingsprojek deur dertien iterasies van
heen-en-weer vertolk. _Sonder uitsondering_ vind daar om en by die sewende
of agste iterasie 'n radikale wending plaas in die standpunt van die
verteenwoordigers van die gemeenskap. Tot in daardie stadium is die meeste
van die dinge wat die wetenskaplikes voorstel goed en reg, en die mense kan
nie wag om die wonderlike voordele begin pluk wat die wetenskap belowe nie.
Maar dan begin hulle werklik sê wat hulle dink - dan begin allerlei
implikasies en komplikasies inwerk. Eers dan kan die gesprek begin.

f) Sonder uitsondering is die resultate van hierdie soort navorsing drasties
verskillend as die soort wat met eenmalige vraelyste ingesamel word. En dit
lyk asof die produkte, prosedures en stelsels wat op hierdie manier
ontwikkel word goed aanvaar word en 'n wesenlike uitwerking het.
Vorige onderwerp: Afrika is hard en wreed...............
Volgende onderwerp: Re: Kennis op voetsoolvlak
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Sep 26 22:08:37 MGT 2024