| aflaai [boodskap #132883] |
So., 16 Augustus 2020 18:37 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24241 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
aflaai
Afbreking: af•laai
Samestelling: af + laai
Uitspraak: /ˈaf.lɑːi̯/
Werkwoord: laai af, aflaai
Verlede tyd: het afgelaai
Betekenis:
• Om goedere uit iets te haal; die las verminder; afpak.
• Om iets êrens heen te vervoer.
• (rekenaars) Om 'n kopie van 'n lêer te kry.
Gebruik:
• Hy laai die wa af.
• Kan jy my by die skool aflaai?
• Sy het die vorm van die internet afgelaai.
Sinoniem:
• afpak
• ontlaai
• uithaal
• uitlaai
• uitpak
• afgee
• aflewer
Antoniem:
• inlaai
• oplaai
Afgelei:
• aflaaibaar
• aflaaiende
• aflaaiery
Vertaling:
Engels: to unload, off-load; to drop; to download
Nederlands: afladen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|