Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » skel
skel [boodskap #132371] Sa., 25 Julie 2020 13:07
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24166
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
skel
Afbreking: skel


Werkwoord: skel
Verlede tyd: het geskel
Teenwoordige deelwoord: skellend, skellende

Betekenis:
• Om krenkende of beledigende woorde op 'n heftige of ongeskikte toon uit te spreek; slegsê.

Gebruik:
• Daar is niemand wat iets weet nie, niemand wat iets doen nie, niemand wat kan skel nie.

Spreekwoord:
• Donkie skel vir Langoor uit. [Gesê as albei dieselfde fout het.]

Vergelyking:
• Sy skel soos 'n viswyf.

Afgelei:
• skelwoord
• uitskel

Vertaling:
Engels: to curse, swear, insult, scold
Nederlands: schelden


Byvoeglike naamwoord: skel
Vergrotende trap: skeller
Oortreffende trap: skelste
Attributief: skel, skelle

Betekenis:
• Wat 'n skril, skerp geluid maak; 'n hoë en deurdringende klank voortbring.
• Baie sterk; intens; skerp.

Gebruik:
• Die vrou het 'n skel stem.
• Die skel neonligte brand sy oë.

Vertaling:
Engels: sharp, shrill
Nederlands: schel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: balkon
Volgende onderwerp: sonwyser
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma. Des. 22 19:52:26 UTC 2025