Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » LEKKER BRAAI !!! GOEIE OU DAE !!!
LEKKER BRAAI !!! GOEIE OU DAE !!! [boodskap #13229] |
Wed, 11 March 1998 00:00  |
Galjoen!
Boodskappe: 44 Geregistreer: December 1997
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Is julle reg vir die Suid Afrikaanse braai ?
Welkom!
Dit is nou 'n goeie ou braai wat deur een van die NP se ou
regeringsdepartemente aangebied word.
(Die wonderlike ou regering met sulke eerbare mense soos PW,PIK ens).
Kom staan om die vuur en dan leer mens hoe om met ouens te maak wat dit
durf waag het om die NP se beleid teen te staan.
Opgedra aan al die mense wat gedurig sanik oor hoe wonderlik
die ou regering was en hoe sleg die nuwe is:
M&G 9/3/98: FORMER Vlakplaas police hit
squad killer Joe Mamasela told the Truth and
Reconciliation Commission amnesty committee in
Port Elizabeth on Monday how the three members
of the Port Elizabeth Black Civics
Organisation who disappeared in 1985 were
interrogated, tortured and systematically
beaten to death by a gang of policemen, as
others watched while having drinks around a
braai.
Speaking at the amnesty hearing of seven Port
Elizabeth security policemen and Askari Peter
Mogoai, who are applying for amnesty for
murdering the Pebco Three, Mamasela described
how he and a group of policemen, abducted the
three at Port Elizabeth airport and drove them
out to a derelict police station near Cradock.
"A braaivleis was then started. I knew then
that the interrogation would start because
interrogations take place with a braaivleis,"
Mamasela said.
After all three were beaten, Warrant Officer
Johannes Koole jumped on Sipho Hashe's chest
and, like a "vicious bull terrier", strangled
him to death. Champion Galela was viciously
assaulted with a steel pipe and had his
testicles squeezed, "until they were the size
of golf balls", and then punched.
"This was the most brutal thing I've ever
witnessed," Mamasela said. Galela died from
his injuries.
Qaqawuli Godolozi survived one more night
sleeping next to his dead comrades' bodies
after he claimed he worked for the National
Intelligence Service. He was beaten to death
the next day and the three bodies were thrown
on a pile of horse manure, Mamasela said.
Groete.
Hoop julle vergeet nooit hoe "wonderlik" die ou regering was nie.
|
|
|
|
|
|
Re: LEKKER BRAAI !!! GOEIE OU DAE !!! [boodskap #13305 is 'n antwoord op boodskap #13229] |
Mon, 16 March 1998 00:00   |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Beste Stoker,
Ja. Mens walg aan die gedagte dat die vorige regering - en sy beleid - 'n
omgewing geskep het waarin hierdie soort ding kon gebeur.
'n Mens sou dankbaar wees as jy kon weet dat dit nie weer sal gebeur nie.
Maar dan kyk jy na die forum waarin hierdie inligting aan die lig kom - die
sogenaamde Waarheids-en-Versoeningskommissie, wat veronderstel is om al
hierdie soort ding aan alle kante te belig.
Dan hoor jy berigte dat dinge soos die wat jy hier onder beskryf ook deur
die huidige regeerders aangevang is - onder andere in strafkampe in Angola.
Maar dit kom nie uit in die WVK nie.
Die persepsie wat uit die WVK kom is
dat, dank Vader, hierdie dinge is verby, die apartheidsvark is geslag en sy
derms uitgeryg op die WVK se tafel. Dat, dank Vader, ons nou die good guys
in beheer het, en sulke dinge kan nie weer gebeur nie.
Ek luister gisteraand na die "poefters en die paaiers" op radiosondergrense
se "Kommentaar"-rubriek - Harald Pakendorf en ander wat nie juis bekend is
daarvoor dat hulle die huidige regering graag kritiseer nie.
Daardie ouens het so naby daaraan gekom as wat 'n mens kan om te beweer dat
MacBride (Magoos Bar se bomplanter wat 'n diplomaat in die nuwe regering is
en in Mosambiek gevang is vir wapensmokkelary) vir een party wapens
gesmokkel het na Kwazulu-Natal met die oog op die volgende verkiesing - dat
Chauke (voortvlugtende bankrower wat by 'n partytjie in 'n ANC-minister se
huis opgemerk is) R100 miljoen se bankrowe gepleeg het om 'n bepaalde party
se verkiesingsfondse se styf (onthou, Wen uit Natal het vroeg verlede jaar
voorspel dat ons 'n reeks bankrowe moet verwag toe dit rugbaar word dat die
ANC geldelik in die knyp is?).
'n Paar weke gelede word berig van 'n gesin wat uit hul huis in Winterveld
geskop is sodat die huis omskep kon word in 'n "constituency office" vir
Mbeki (ons aangewese president, onthou!) Ek merk op teenoor my kollega in
die kantoor langsaan ('n Sotho wat al naby aftrede is - sy spesialisrigting
is multikulturele onderwys) dat sulke optrede seker die ANC baie stemme sal
kos in Winterveld.
Nee, sê my kollega. Daardie kantoor sal die hoofkwartier word vir die
gangsters wat die mense sal terroriseer om te stem soos hulle wil hê die
mense moet stem.
Ek vrees, Stoker, die gruwelstories soos hieronder word in die WVK so
gekontekstualiseer dat ons mag dink dat slegs sommige mense daaraan skuldig
was en dat hulle nou tot die verlede behoort.
Maar ek wed jou ons nuwe Grondwet met sy voortreflike Handves van Menseregte
gaan vir die mense van die Natalse platteland en van Winterveld en elders
geen troos bring tussen nou en die volgende verkiesing nie.
Ek wed jou die stem wat daardie mense uitbring sal min te doen hê met die
wil van die individu wat die kruisie trek. Miskien selfs minder as die
stemme wat Mangope tevore in Bop aan bewind gebring het, nadat SA
regeringsamptenare elke hoofman besoek het met 'n slagskaap en 'n kas
whiskey.
Ek vrees die klimaat wat moordenaars soos die hieronder beskutting en
aanmoediging gegee het, het nie saam met die vorige regering verdwyn nie.
Die
apartheidsvark is geslag, maar die veel groter morele vark draf lustiger en
jagser as ooit deur die land - aangemoedig deur snorke van 'n sog in Kanada.
Vriendelike groete, Leendert
Onrusstoker wrote in message ...
> Is julle reg vir die Suid Afrikaanse braai ?
> Welkom!
> Dit is nou 'n goeie ou braai wat deur een van die NP se ou
> regeringsdepartemente aangebied word.
> (Die wonderlike ou regering met sulke eerbare mense soos PW,PIK ens).
> Kom staan om die vuur en dan leer mens hoe om met ouens te maak wat dit
> durf waag het om die NP se beleid teen te staan.
>
> Opgedra aan al die mense wat gedurig sanik oor hoe wonderlik
> die ou regering was en hoe sleg die nuwe is:
>
> M&G 9/3/98: FORMER Vlakplaas police hit
> squad killer Joe Mamasela told the Truth and
> Reconciliation Commission amnesty committee in
> Port Elizabeth on Monday how the three members
> of the Port Elizabeth Black Civics
> Organisation who disappeared in 1985 were
> interrogated, tortured and systematically
> beaten to death by a gang of policemen, as
> others watched while having drinks around a
> braai.
> Speaking at the amnesty hearing of seven Port
> Elizabeth security policemen and Askari Peter
> Mogoai, who are applying for amnesty for
> murdering the Pebco Three, Mamasela described
> how he and a group of policemen, abducted the
> three at Port Elizabeth airport and drove them
> out to a derelict police station near Cradock.
> "A braaivleis was then started. I knew then
> that the interrogation would start because
> interrogations take place with a braaivleis,"
> Mamasela said.
> After all three were beaten, Warrant Officer
> Johannes Koole jumped on Sipho Hashe's chest
> and, like a "vicious bull terrier", strangled
> him to death. Champion Galela was viciously
> assaulted with a steel pipe and had his
> testicles squeezed, "until they were the size
> of golf balls", and then punched.
> "This was the most brutal thing I've ever
> witnessed," Mamasela said. Galela died from
> his injuries.
> Qaqawuli Godolozi survived one more night
> sleeping next to his dead comrades' bodies
> after he claimed he worked for the National
> Intelligence Service. He was beaten to death
> the next day and the three bodies were thrown
> on a pile of horse manure, Mamasela said.
>
> Groete.
> Hoop julle vergeet nooit hoe "wonderlik" die ou regering was nie.
>
|
|
|
Re: LEKKER BRAAI !!! GOEIE OU DAE !!! [boodskap #13306 is 'n antwoord op boodskap #13229] |
Mon, 16 March 1998 00:00   |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ferdi heeft geschreven in bericht ...
> On Mon, 16 Mar 1998 09:49:45 +0100, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>
> > en in Mosambiek gevang is vir wapensmokkelary) vir een party wapens
>> gesmokkel het na Kwazulu-Natal met die oog op die volgende verkiesing - dat
>> Chauke (voortvlugtende bankrower wat by 'n partytjie in 'n ANC-minister se
>> huis opgemerk is) R100 miljoen se bankrowe gepleeg het om 'n bepaalde party
>> se verkiesingsfondse se styf (onthou, Wen uit Natal het vroeg verlede jaar
>> voorspel dat ons 'n reeks bankrowe moet verwag toe dit rugbaar word dat die
>> ANC geldelik in die knyp is?).>>
>
> Se^ jy hierdie dinge hier bo, Leendert?
> Laat weet asb of jy die beweringe maak.
> Maar se dit duidelik asb.
Natuurlik sê ek dit, Koos! Ek skryf tog duidelik in die oorsponklike dat ek
rapporteer wat Pakendorf et al gesê het - of reken jy iemand skryf onder my
naam?
>
>
> Rakende die WVK: Jy ignoreer nou al baie lank (dis by meer as een
> geleentheid aan jou gese) die feite dat:
>
> 1. Die WVK die apartheid-verlede ondersoek en dat die ANC kampe in die
> buiteland gebeur het en nie deel van apartheid was nie.
Interessant! Wat is jou bron vir _hierdie_ merkwaardige stelling! Suggereer
dit dat Winnie se dinge deel van Apartheid was? (Ek dag al die tyd die WVK
ondersoek menseregteskendings in SA)
> Dit val die in
> die regsraamwerk van die WVK nie. Net soos die optredes van Koevoet in
> Suidwes nie in die WVK se regsraamwerk val nie.
Ek lei hieruit af jy beweer dat hulle nie verplig is om hierdie dinge te
ondersoek nie.
>
> 2. Dat die WVK desnieteenstaande WEL tyd aan die ANC-kampe afgestaan
> het nadat 'n slagoffer se familielid hulle gevra het. Dit was tydens
> hulle sitting in Johannesburg. Jy kon dit selfs bygewoon het as jy
> wou.
Ek lei hieruit af dat hulle wel gemagtig is om dit te ondersoek - tyd en
hulpronne daaraan te bestee, en so aan. (Anders sou die tyd wat hulle
volgens jou bewering hierbo daaraan afgestaan het ongemagtig wees, nie waar
nie?)
Met ander woorde, die Hoogeerwaardes kies doelbewus om die strafkampe nie te
ondersoek nie.
Interessante keuse om te maak vir iets wat homself die Waarheidskommissie
noem, nie waar nie? Moet mens dus liewer praat van die
Gedeeltelike-waarheidskommissie?
>
> 3. Dat dit mense soos jy vry gestaan het om die WVK te vra om na die
> kampe - of enige ander kwessie - te kyk.
Ek lei hieruit af dat jy hulle nie gevra het om na die kampe te kyk nie. Jy
stel dus ook nie belang in wat daar gebeur het nie? Jy verkies dus ook 'n
gedeeltelike waarheid?
> Maar dat jy nie klaarblyklik
> nooit gedoen het nie - al teem jy nou al ten minste 'n jaar oor die
> WVK.
Die WVK is ook gemagtig om op sy eie inisiatief ondersoek in te stel na
menseregteskending - of het ek dit mis? Ek het dus niks vir die
Hoogeerwaarde sottespul te sê of te vra nie. (Ek het wel eens op 'n tyd
gehoop dat hulle miskien 'n bietjie integriteit of ruggraat sou toon - al
die perspektiewe van die werklikheid sou ondersoek eerder as om 'n soort
Gestapo-eenheid van die ANC te word. Soos jy met jou kenmerkende
opmerksaamheid germerk het, is dit al meer as 'n jaar dat ek geen illusies
meer hieroor het nie.)
Dit wat hulle kies om te ondersoek of na te laat is vir my heel veelseggend
oor die integriteit van die ou kasarmpie. Dit werp ook lig oor die
geldigheid van enige gevolgtrekkings en aanbevelings waarmee hulle mettertyd
kom.
>
> Jy is 'n propagandis Leendert.
'n Gelyste een? Of gaan jy my laat lys?
>
> En een wat nie above board met die waarheid omgaan nie.
Gee tog vir ons die bron vir jou interessante beweringe oor die WVK se
opdrag, Koos. Haal dit maar woordeliks aan, sodat ons self kan sien hoe
above board _jy_ met die waarheid omgaan.
En dan kan jy sommer ook vir ons in besonderhede uiteensit in watter aspekte
jy my omgang met die waarheid afkeur. En of jy vir 'n verandering kan afsien
van jou gebruik om ongegronde beskuldigings rond te slinger.
Van integriteit gepraat - ook insiggewend hoe die Hoogeeerwaardes nou die
Nasionale Party smeek om sy hofaansoek teen die WVK se eie amnestiekomitee
terug te trek, nie waar nie? So vol van heilige ontsag vir die Waarheid, nie
waar nie?
Vriendelike groete, Leendert
|
|
|
|
Re: LEKKER BRAAI !!! GOEIE OU DAE !!! [boodskap #13330 is 'n antwoord op boodskap #13229] |
Wed, 18 March 1998 00:00   |
ferdinand
Boodskappe: 1462 Geregistreer: September 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Mon, 16 Mar 1998 22:51:59 +0200, "Leendert van Oostrum"
wrote:
Nasionale Party smeek om sy hofaansoek teen die WVK se eie amnestiekomitee[/color]
> terug te trek, nie waar nie? So vol van heilige ontsag vir die Waarheid, nie
> waar nie?>>
A! Leendert jy staan weer ontbloot!!!
Maar se my, lees jy nie ordentlik nie of verdoesel jy aspris die
helfte van die feite? Watter een is die rede dat jy so aaneen net die
helfte van die waarheid gebruik?
(Dit wat jy hierbo se is nie die waarheid nie Leendert. Dis 'n leun
Leendert.)
Rakende jou uiters wilde (selfs histeriese) stellings bo-aan jou pos
(wat ek nie hier aanhaal nie): Se asb. duidelik wat jy bedoel. Met
ander woorde, Leendert, los die suggererende "sekere partye" en noem
hulle by naam. As jy die guts het.
By the way, is dit nie interresant dat die WVK die ANC-kampe spesiale
aandag in sy verslag gaan gee nie? Dit gaan jou naam darem baie gat
maak na al die maande van histerie oor die WVK ne? Onthou jy hou jy
die "feit" dat hulle nie na die aspekte kyk nie so oor en oor gebruik
het in jou moddergooiery teen hulle?
Dis nou ten spyte van die feit dat jy ook wel ingelig is dat die WVK
wel 'n sitting oor die kampe gehad het.
N.S. Ek sien jy praat nou die dag van die "man in die kantoor
langsaan" of so iets. Waar werk jy Leendert? Wat se werk doen jy? Jy
het dit aan my gevra en ek jou geantwoord, so jy kan seker ook
dieselfde doen, of hoe?
|
|
|
Re: LEKKER BRAAI !!! GOEIE OU DAE !!! [boodskap #13331 is 'n antwoord op boodskap #13229] |
Wed, 18 March 1998 00:00   |
JohanPot[2]
Boodskappe: 3 Geregistreer: March 1998
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
> Leendert, die tyd kom nou dat
> jy vir ons moet vertel wat jy
> te sê gehad het of gevra het
> vir die vorige sottespul- die
> apartheidsvarke bedoel ek. Hoe
> kan jy so hoogdrawend en baie
> hovaardig sit en oordeel. ********Wat doen jyself? Is jy werklik Afrikaanssprekend?
> As
> daar van Gestapo gepraat word,
> Leendert van Oostrum, dan weet
> ons waar die woord die meeste
> van toepassing was en nog is,
> Leendert van Oostrum. Onthou
> tog ook, Leendert, dat daar
> 'n burgeroorlog was, **********???????????????????? Burgeroorlog?
> onthou
> wie gewen het, **********???????????????????? Gewen?
> en sien die
> Waarheidskommissie as 'n nie-
> gewelddadige wapen om die
> laaste skote in daardie burger-
> oorlog te skiet.
**********?????????????????? Mag daar teruggeskiet word?
Of is dit nou al weer die k...ff....r se alleenreg?
> Dit gaan oor
> die einde van 'n burgeroorlog,
> wat jou kant verloor het en
> my kant gewen het. En my kant
> is nie die ANC nie, maar die
> SA bevolking se 90 persent, wit
> en swart, wat die apartheids-
> gestapo en SS gehaat het.
********* As jy nou "gewen" het, is jy tevrede met belastingkoers, tevrede dat
jy betaal solank jou swart 90% boeties net "flat rates" bataal vir water en
elektrisiteit, tevrede met jou president se tien huise en jou swart boeties se
huisloosheid (sluit jy hulle by jou oorwinning in, al het die regering nog nie
vir hul huise gee nie)?
|
|
|
Re: LEKKER BRAAI !!! GOEIE OU DAE !!! [boodskap #13332 is 'n antwoord op boodskap #13229] |
Wed, 18 March 1998 00:00   |
G.B.
Boodskappe: 2172 Geregistreer: May 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Leendert van Oostrum" writes: >
>
> Die WVK is ook gemagtig om op sy eie inisiatief ondersoek in te stel na
> menseregteskending - of het ek dit mis? Ek het dus niks vir die
> Hoogeerwaarde sottespul te sê of te vra nie. (Ek het wel eens op 'n tyd
> gehoop dat hulle miskien 'n bietjie integriteit of ruggraat sou toon - al
> die perspektiewe van die werklikheid sou ondersoek eerder as om 'n soort
> Gestapo-eenheid van die ANC te word. Soos jy met jou kenmerkende
> opmerksaamheid germerk het, is dit al meer as 'n jaar dat ek geen illusies
> meer hieroor het nie.)
>
> Dit wat hulle kies om te ondersoek of na te laat is vir my heel veelseggend
> oor die integriteit van die ou kasarmpie. Dit werp ook lig oor die
> geldigheid van enige gevolgtrekkings en aanbevelings waarmee hulle mettertyd
> kom.
Leendert, die tyd kom nou dat
jy vir ons moet vertel wat jy
te sê gehad het of gevra het
vir die vorige sottespul- die
apartheidsvarke bedoel ek. Hoe
kan jy so hoogdrawend en baie
hovaardig sit en oordeel. As
daar van Gestapo gepraat word,
Leendert van Oostrum, dan weet
ons waar die woord die meeste
van toepassing was en nog is,
Leendert van Oostrum. Onthou
tog ook, Leendert, dat daar
'n burgeroorlog was, onthou
wie gewen het, en sien die
Waarheidskommissie as 'n nie-
gewelddadige wapen om die
laaste skote in daardie burger-
oorlog te skiet. Dit gaan oor
die einde van 'n burgeroorlog,
wat jou kant verloor het en
my kant gewen het. En my kant
is nie die ANC nie, maar die
SA bevolking se 90 persent, wit
en swart, wat die apartheids-
gestapo en SS gehaat het.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
Re: LEKKER BRAAI !!! GOEIE OU DAE !!! [boodskap #13359 is 'n antwoord op boodskap #13229] |
Thu, 19 March 1998 00:00   |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
@igs.net wrote in message ...
>
> Leendert, die tyd kom nou dat
> jy vir ons moet vertel wat jy
> te sê gehad het of gevra het
> vir die vorige sottespul- die
> apartheidsvarke bedoel ek.
Sê wie - sê Gloudina se heksejagkommissie?
> Hoe
> kan jy so hoogdrawend en baie
> hovaardig sit en oordeel.
Soos jou eie bydraes toon, Gloudina, is dit geensins moeilik om hoogdrawend
en hovaardig te wees nie - selfs jou vermoëns is voldoende daarvoor.
> As
> daar van Gestapo gepraat word,
> Leendert van Oostrum, dan weet
> ons waar die woord die meeste
> van toepassing was en nog is,
> Leendert van Oostrum. Onthou
> tog ook, Leendert, dat daar
> 'n burgeroorlog was, onthou
> wie gewen het,
Wie het gewen, Gloudina?
> en sien die
> Waarheidskommissie as 'n nie-
> gewelddadige wapen om die
> laaste skote in daardie burger-
> oorlog te skiet.
Goed gestel, my hartjie! Die Waarheidskommissie 'n wapen in die hand van die
ANC! So nou en dan beleef jy tog 'n helder oomblik, lyk dit my.
> Dit gaan oor
> die einde van 'n burgeroorlog,
> wat jou kant verloor het
Watter kant is my "kant", Gloudina?
> en
> my kant gewen het. En my kant
> is nie die ANC nie, maar die
> SA bevolking se 90 persent, wit
> en swart, wat die apartheids-
> gestapo en SS gehaat het.
Gepraat van hoogdrawend en hovaardig - het die ANC jou spesiale opleiding
gegee in die aanwending van "tinpot demagogue" frases, Gloudina? Was dit
dalk een van die geheimsinnege dinge wat jy gedoen het om die Groot
Oorwinning teweeg te bring?
Vriendelike groete, Leendert
|
|
|
Re: LEKKER BRAAI !!! GOEIE OU DAE !!! [boodskap #13360 is 'n antwoord op boodskap #13229] |
Thu, 19 March 1998 00:00   |
ferdinand
Boodskappe: 1462 Geregistreer: September 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Thu, 19 Mar 1998 15:57:29 +0100, "Leendert van Oostrum"
wrote:
geen wilde (selfs histeriese) stellings gemaak het nie.>>[/color]
Jy kan dit onthou. Jy is net bang om dit te sê.
Bie eerste keer dat jy dinge so half se en dan nie die guts het om dit
ten volle te se nie.
N.S. Ek sien jy praat nou die dag van die "man in die kantoor
>> langsaan" of so iets. Waar werk jy Leendert? Wat se werk doen jy? Jy
>> het dit aan my gevra en ek jou geantwoord,
>
> Waar en wanneer het ek jou so 'n vraag gevra Koos?
> Waar en wanneer het jy my geantwoord, Koos?>>>
As jy se jy onthou dit nie, Leendert, is jy weer besig om te lieg.
Jy het dit verlede jaar gevra. En ek het jou geantwoord, Leendert.
Op die nuusgroep.
In die openbaar.
Watter werk doen jy Leendert?
Waar werk jy Leendert?
Jy het my die vrae gevra en ek het geantwoord.
>>[/color]
En jy Leendert, het reeds geantwoord.
Jy het reeds gewys wat jy is.
Ek weet dit Leendert. En JY weet dit, ne^, Leendert?.
kan jy dit altyd gaan opsoek, of hoe?>>>[/color]
Werk jy Leendert?
Het jy 'n vaste werk?
Waar werk jy Leendert?
Jy het my gevra en ek het jou geantwoord Leendert.
En jy het my werk by geleentheid selfs in jou argumente ingesleep,
Leendert.
Dit skuins teen my probeer gebruik.
Het jy die integriteit om dieselfde inligting oor jouself te gee,
Leendert?
|
|
|
Re: LEKKER BRAAI !!! GOEIE OU DAE !!! [boodskap #13361 is 'n antwoord op boodskap #13229] |
Thu, 19 March 1998 00:00   |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ferdi wrote in message ...
> On Mon, 16 Mar 1998 22:51:59 +0200, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>
>
> nou die
>> Nasionale Party smeek om sy hofaansoek teen die WVK se eie amnestiekomitee
>> terug te trek, nie waar nie? So vol van heilige ontsag vir die Waarheid, nie
>> waar nie?>>
>
> A! Leendert jy staan weer ontbloot!!!
>
> Maar se my, lees jy nie ordentlik nie of verdoesel jy aspris die
> helfte van die feite? Watter een is die rede dat jy so aaneen net die
> helfte van die waarheid gebruik?
> (Dit wat jy hierbo se is nie die waarheid nie Leendert. Dis 'n leun
> Leendert.)
Wat is dan die waarheid, Koos? sit dit vir ons neer, dan kan ons dit
vergelyk met my weergawe hierbo.
>
> Rakende jou uiters wilde (selfs histeriese) stellings bo-aan jou pos
> (wat ek nie hier aanhaal nie): Se asb. duidelik wat jy bedoel. Met
> ander woorde, Leendert, los die suggererende "sekere partye" en noem
> hulle by naam. As jy die guts het.
Jammer, ek kan nie die stellings onthou waarvan jy praat nie - aangesien ek
geen wilde (selfs histeriese) stellings gemaak het nie.
Jy sal hulle maar vir my moet aanhaal.
As jy die guts het.
>
> By the way, is dit nie interresant dat die WVK die ANC-kampe spesiale
> aandag in sy verslag gaan gee nie?
Is dit?
> Dit gaan jou naam darem baie gat
> maak na al die maande van histerie oor die WVK ne?
Hoekom?
> Onthou jy hou jy
> die "feit" dat hulle nie na die aspekte kyk nie so oor en oor gebruik
> het in jou moddergooiery teen hulle?
Sê my ou Koos? Hoe het hulle "gekyk"? Watter getuienis is gelei?
> Dis nou ten spyte van die feit dat jy ook wel ingelig is dat die WVK
> wel 'n sitting oor die kampe gehad het.
"'n Sitting" kan enigiets beteken.
>
> N.S. Ek sien jy praat nou die dag van die "man in die kantoor
> langsaan" of so iets. Waar werk jy Leendert? Wat se werk doen jy? Jy
> het dit aan my gevra en ek jou geantwoord,
Waar en wanneer het ek jou so 'n vraag gevra Koos?
Waar en wanneer het jy my geantwoord, Koos?
(Watch nou: Koos se normale antwoord hierop is iets in die lyn van "soek dit
self" :-)
> so jy kan seker ook
> dieselfde doen, of hoe?
Ek het al die URL van my persoonlike tuisblad op hierdie groep geplaas. As
jy dit gemis het (soos wat 90% van dinge blykbaar ongemerk by jou verbygaan)
kan jy dit altyd gaan opsoek, of hoe?
Vriendelike (weliswaar verveelde) groete, Leendert
|
|
|
Re: LEKKER BRAAI !!! GOEIE OU DAE !!! [boodskap #13381 is 'n antwoord op boodskap #13229] |
Fri, 20 March 1998 00:00   |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
@igs.net wrote in message ...
> Die huidige SA regering bou aanhou
> huise. Miskien nie so vinnig as wat
> party mense wil sien nie.
Tot dusver nog nie so vinnig as wat Verwoerd hulle gebou het nie - sover ek
kan agterkom.
En die Madibahuisies is nog kleiner en treuriger as die gewraakte
"matchbox"-huisies van Verwoerd. (Maar natuurlik. By al die dinge waaraan
ons gedurig herinner moet word in die NSA is daar ook daardie dinge waaroor
ons blykbaar aangemoedig word om 'n kollektiewe amnesia te ontwikkel. Een
van hulle is dat die "matchbox"- huise vir dekades voorgehou is as een van
die "skandvlekke van apartheid")
> Maar hulle
> laai nie mense op vragmoters, en
> neem hulle weg van plekke waar hulle
> gebly het en gaan gooi hulle daar op
> die kaal haai vlakte af nie.
Nie? Jy is, weereens, "out of touch", Gloudina. Hierdie is 'n aanname, nie
'n feit nie. Een van die dinge wat demonstreer in watter mate jou persepsie
van Suid-Afrika (Oud en Nuut) op verbeeldingsvlugte rus.
Vertel dit vir die informele nedersettings wat feitlik weekliks platgestoot
word - op grond van hofbevele, aangevra deur eienaars wat dikwels plaaslike
owerhede is, presies nes tevore.
Vertel dit vir die gesin van Winterveld wie se woonhuis gekonfiskeer is as
"consitutency office" vir Mbeki.
> Onthou
> die boek "Poppie Nongena." Onthou
> dat selfs Nasionale Party ministers
> gehuil het toe hulle die toneelstuk
> gesien het. So hou op met sanik.
Het jy nie gehoor nie, Gloudina? Poppie is toe genecklace.
Sy't in 84 of daar rond kookolie gekoop by Pick& Pay toe daar 'n
verbruikersboikot was. Toe sy met die winkelsak in die taxi by Langa 46
aankom kon hulle haar nie kry om die olie te drink nie. Sy was reeds te siek
van die waspoeier wat haar miesies haar gegee het en wat sy moes opeet omdat
dit ook in die Pick&Paysak was.
Toe necklace hulle haar maar. Die kookolie het glo goed gehelp om die
brandende mengsel nog taaier te maak.
Maar jy sien, dis nie deel van die "waarheid" van die Hoogeerwaardes op die
ANC se heksejagkommissie nie.
Lekker slaap.
Leendert
|
|
|
Re: LEKKER BRAAI !!! GOEIE OU DAE !!! [boodskap #13382 is 'n antwoord op boodskap #13229] |
Fri, 20 March 1998 00:00   |
b...
Boodskappe: 33 Geregistreer: March 1996
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Dear old Gloudina
> Die huidige SA regering bou aanhou
> huise. Miskien nie so vinnig as wat
> party mense wil sien nie.
Die huidige regering bou huise teen 'n derde van die pas van die vorige
regering - dit was die geval toe ek twee jaar gelede uit SA is. Met al
die korrupsie en 140miljoen rand wat net verlede jaar deur bankrowe
alleenlik verdwyn het - glo ek nie dit het verbeter nie.
> Maar hulle
> laai nie mense op vragmoters, en
> neem hulle weg van plekke waar hulle
> gebly het en gaan gooi hulle daar op
> die kaal haai vlakte af nie.
Nee hulle doen iets nog beters - hulle het die hekke oopgemaak vir die
miljoene van die buurlande om die land in te stroom. Het jy al ooit
gewonder hoekom selfs in die bitterste apartheidshare, swartes van die
res van Afrika, SA binnegestroom het. Dit was so erg dat ons
ge-elektrifiseerde heinings moes opsit en die weermag en polisie moes
inspan om hulle uit te ou. Antwoord: dit was steeds beter tussen die
apartheidsvarke as in hulle eie varkhokke.
> Onthou
> die boek "Poppie Nongena." Onthou
> dat selfs Nasionale Party ministers
> gehuil het toe hulle die toneelstuk
> gesien het.
'n Boek is 'n boek, die boere kan boeke skryf oor 35 000 vrouens en
kinders wat onder Engelse hande soos honde agter 'n draad gesterf het.
Die boere kan ook boeke skryf oor hoe ou mense, vrouens en kinders
daagliks vermoor word. Hoeveel duisende swartes is vermoor in die jare
van apartheid? Laat net asb die uit wat deur mense van hulle eie
velkleur vermoor is en kry vir ons syfers van swartes wat deur die wit
regering vermoor is. Watter ANC ministers sal 'n traan stort. Wat die
Nasionale Party ministers betref - soos enige ander politikus in die
wereld - baie maklik om 'n traan te stort wanneer dit hulle pas. Jy is
maar baie dramaties en seker vrek oud om toneelstukke met werklikheid te
vergelyk. Dalk moet die Xhosas toneelstukke begin maar oor hoe hulle
deur die Zulus vermoor is en anders om - dan kan ons almal saam huil.
> So hou op met sanik. Veral
> as jy in Amerika bly.Vertel liewers
> vir die Amerikaanse regering om hulle
> agterbuurtes reg te ruk en vir almal
> onmiddellik goeie behuising te gee.
Die Liewe Vader alleen kan ons red met mense soos jy in die
omgewing. Weet jy nie dat al geld wat 'n regering het is die wat HARD
WERKENDE mense hulle gee nie. Eerstens, gaan kyk watter persentasie
belasting die blanke in SA betaal van die totale, dan gaan werk jy uit
of dit moontlik is vir 4 miljoen om huise te bou vir 40miljoen. Dit is
baie lekker vir jou om op jou gat te sit en vir regerings regoor die
wereld te se hulle moet huise bou vir mense wat te sleg is om te werk.
Volgens jou moet die ou wat werk, vir sy eie huis betaal en dan nog vir
ander huise verniet bou ook, in die geval van SA moet elke ou wat werk
huise bou vir homself en tenminste 5 ander en sommer die 'rates en
taxes' ook vir almal betaal. Al wat ek jou kan vertel, is dat jy vir
mense soos jy moet begin vertel, om hulle gatte te lig en vir hulle eie
huise, water en ligte te betaal - nie net in SA nie, maar in Amerika,
Australie ook.
Boere teen bronstige so^e
|
|
|
Re: LEKKER BRAAI !!! GOEIE OU DAE !!! [boodskap #13383 is 'n antwoord op boodskap #13229] |
Fri, 20 March 1998 00:00   |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
@igs.net wrote in message ...
> "Leendert van Oostrum" writes: >
>
>>
>> Ek het al die URL van my persoonlike tuisblad op hierdie groep geplaas. As
>> jy dit gemis het (soos wat 90% van dinge blykbaar ongemerk by jou verbygaan)
>> kan jy dit altyd gaan opsoek, of hoe?
>>
>> Vriendelike (weliswaar verveelde) groete, Leendert
>
>
> Sover ek kan onthou, Leendert, was daar
> 'n opsomming van jou meesters-proefskrif.
Ek weet nie of ek daarvan hou dat jy die volledige teks as 'n opsomming
beskryf nie :-)
> Maar, sover ek kan onthou, Leendert, het
> dit nie gesê watter professie jy beoefen
> nie.
Hiperteks, my hartjie! - Daardie knoppies wat sê "Back to..."
> Dus vir interessantheidsonthalwe,
> watter professie volg jy noudat jy nie
> meer 'n matroos is nie? Iets wat jy
> voltyds beoefen.
Ek wys vir mense hoe hulle hul koppe kan oopmaak - as hulle sou wou.
Anders gestel - ek ondersteun graag dosente wat nie wil doseer nie. 'n
Plaasmeisie
soos jy - of enigeen wat die Landbouweekblad lees - sal weet wat ek met
"doseer" bedoel.
Onder andere demonstreer ek vir mense dat persepsie en kognitiewe funksie
nie 'n genetiesbepaalde eienskap is nie, maar een wat sosiaal gemedieer
word - 'n insig wat Gloudina nie deel nie, en in welke opsig haar standpunte
merkwaardig ooreenkom met die van Hitler (soos ook haar morele uitganspunte,
maar dis 'n ander saak)
Ek begelei nagraadse studente in maatskaplike werk - 80% van hulle synde
swart vroue wat in die swart gemeenskappe werk - by sake soos die opheffing
van straatkinders, selfgelding by Vigs-slagoffers wat huisbediendes is,
lewensvaardighede vir tieners uit die townships en oorredingsvaardighede van
gemeenskapsleiers in ontwikkelende gemeenskappe. En onderwysers uit die
voormalige bantu education wat wetenskap beter wil onderrig. En
tegnologie-oordrag na ontwikkelende gemeenskappe, bemagtiging van
onderwysbenadeelde studente wat wetenskap en ingenieurswese wil studeer en
enkele ander dingetjies.
Sommige hiervan sal jy in my publikasielys gerapporteer kry, ook in
internasionale forums.
En raai wat, Gloudina? 'n Kwarteeu gelede was ek al met sulke dinge besig
(as 'n matroos, glo dit as jy wil).
Maar weet jy wat nog? Jy verongeluk enige poging van hierdie aard as jy
mense probeer wysmaak dat hulle slagoffers is en dat hul heil bepaal word
deur enigeen behalwe hulleself (en God vir die wat Hom ken).
In hierdie opsig is "apartheid" en "kolonialisme" die grootste moontlik gif
vir iemand wat iets soek om sy probleme op te projekteer in plaas daarvan om
hulle aan te spreek. Die ekwivalente meganismes wat jy onder Afrikaners kry
is voodoo-poppies soos "die internasionale geldmag", "die Illuminati" en
"die nuwe wêreldorde". Ek vermoed, as jy in die stof voor die deure van
Vryburg gaan krap sal jy hierdie dinge in groot hoeveelhede uithaal - aan
albei kante van die lyn.
(Gaan kyk ook maar na jou eie bydraes in hierdie lig.)
Jy verongeluk mense ook as jy hulle probeer wysmaak dat persepsie, kognisie
en ander persoonlikheidsvermoëns wat leer bepaal onafhanklik is van die
fisiese, kulturele en sosiale omgewing waarin dit ontwikkel het. Of, die
omgekeerde, dat _jy_ weet watter fisiese, kulturele of sosiale omgewing die
regte een is om "optimale" vermoëns te ontwikkel. (Hulle weet in elk geval
onmiddelik jy is phoney.) Want jy suggereer dat hulle slegs "sukses" of kan
behaal of "moreel aanvaarbaar" kan wees as hulle jou waardestelsel aanneem.
Jy ontneem hulle hul menswaardigheid en skep net ander voodoo-poppies waarop
mense hul probleme kan projekteer.
Jy doen dit as jy, soos Wits, 'n bepaalde Engelse libertynsheid voorhou as
die geldende lewenshouding van die akademikus. Mense weet dit. Dis waarom
baie swart studente van Wits na Rau en Tukkies migreer.
Jy doen dit as jy, soos die SABC, yuppiematerialisme voorhou as die "common
culture" van die NSA of as jy, soos die onderwysdepartment, godsdiens
reduseer tot 'n prysenswaardige "spirituality".
Jy doen dit as jy vir mense sê "bely maar net dat jy skuldig is aan my
persepsie van apartheid dan vergewe ek jou jou sonde".
Vriendelike groete, Leendert
|
|
|
Re: LEKKER BRAAI !!! GOEIE OU DAE !!! [boodskap #13384 is 'n antwoord op boodskap #13229] |
Fri, 20 March 1998 00:00   |
G.B.
Boodskappe: 2172 Geregistreer: May 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"F. Stef Roux" writes:
>
>
> Die redes vir die val van Apartheid moet jy soek in 'n
>
> verandering in die denkraamwerk van die mense in
>
> Suid Afrika. Hierdie denkraamwerk is sterk beinvloed
>
> deur druk wat van oorsee af gekom het.
En hoe het die Amerikaanse Burger-
oorlog ge-eindig? Toe die swakste
kant verloor het en een denkraamwerk
oor die ander gewen het.
>
> Dis net iemand soos jy wat al vir dekades oorsee sit
>
> wat nog sal dink in terme van wen of verloor. In
>
> daardie opsig is jy baie eng. Die idee is nie om
>
> wenners en verloorders te onderskei nie maar om
>
> die gemeenskap te laat saamwerk.
O so, jy is BAIE naief. Daar is nou
nie wenners of verloorders nie, en
nou moet die gemeenskap saamwerk
(jy dikteer dus.) Die vraag is,
hoekom het jy dan SA verlaat?
>
>> Dit gaan oor
>
>> die einde van 'n burgeroorlog,
>
>
> Nee Gloudina, niemand is aan jou kant nie, behalwe
>
> die oningeligdes en die haatdraendes. Hulle is
>
> gelukkig ver in die minderheid.
Wel, ek kan sweer dat al die sogenaamde
nie-blankes in SA aan my kant is, en ek
waag dit om te sê, meer as driekwart van
die wittes deesdae ook. Vir die eerste
keer is die anderskleuriges nou die regte
kleur in hul eie land, en vir die eerste
keer voel 'n hele klomp wittes of 'n swaar
las van hulle longe af is. Hoe voel jou
longe, Stef. As jou longe ligter voel, is
jy 'n wenner. As jou longe swaarder voel,
is jy 'n verloorder in die burgeroorlog
wat die apartheidsvarke in SA probeer veg
het, EN VERLOOR HET.
Gloudina
|
|
|
Re: LEKKER BRAAI !!! GOEIE OU DAE !!! [boodskap #13385 is 'n antwoord op boodskap #13229] |
Fri, 20 March 1998 00:00   |
Thomas Jacobs
Boodskappe: 49 Geregistreer: April 1997
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
In "Leendert van Oostrum" writes:
> @igs.net wrote in message ...
>> Die huidige SA regering bou aanhou
>> huise. Miskien nie so vinnig as wat
>> party mense wil sien nie.
> Tot dusver nog nie so vinnig as wat Verwoerd hulle gebou het nie - sover ek
> kan agterkom.
> En die Madibahuisies is nog kleiner en treuriger as die gewraakte
> "matchbox"-huisies van Verwoerd. (Maar natuurlik. By al die dinge waaraan
> ons gedurig herinner moet word in die NSA is daar ook daardie dinge waaroor
> ons blykbaar aangemoedig word om 'n kollektiewe amnesia te ontwikkel. Een
> van hulle is dat die "matchbox"- huise vir dekades voorgehou is as een van
> die "skandvlekke van apartheid")
>> Maar hulle
>> laai nie mense op vragmoters, en
>> neem hulle weg van plekke waar hulle
>> gebly het en gaan gooi hulle daar op
>> die kaal haai vlakte af nie.
> Nie? Jy is, weereens, "out of touch", Gloudina. Hierdie is 'n aanname, nie
> 'n feit nie. Een van die dinge wat demonstreer in watter mate jou persepsie
> van Suid-Afrika (Oud en Nuut) op verbeeldingsvlugte rus.
> Vertel dit vir die informele nedersettings wat feitlik weekliks platgestoot
> word - op grond van hofbevele, aangevra deur eienaars wat dikwels plaaslike
> owerhede is, presies nes tevore.
> Vertel dit vir die gesin van Winterveld wie se woonhuis gekonfiskeer is as
> "consitutency office" vir Mbeki.
>> Onthou
>> die boek "Poppie Nongena." Onthou
>> dat selfs Nasionale Party ministers
>> gehuil het toe hulle die toneelstuk
>> gesien het. So hou op met sanik.
> Het jy nie gehoor nie, Gloudina? Poppie is toe genecklace.
> Sy't in 84 of daar rond kookolie gekoop by Pick& Pay toe daar 'n
> verbruikersboikot was. Toe sy met die winkelsak in die taxi by Langa 46
> aankom kon hulle haar nie kry om die olie te drink nie. Sy was reeds te siek
> van die waspoeier wat haar miesies haar gegee het en wat sy moes opeet omdat
> dit ook in die Pick&Paysak was.
> Toe necklace hulle haar maar. Die kookolie het glo goed gehelp om die
> brandende mengsel nog taaier te maak.
Moet net nie se daai plaas ouens het haar ook gebraai nie. Damn man, die
varke was darem honger ne?
Take note Tutu, die ou het 'n ding beet hier.
> Maar jy sien, dis nie deel van die "waarheid" van die Hoogeerwaardes op die
> ANC se heksejagkommissie nie.
> Lekker slaap.
> Leendert
--
Thomas Jacobs - Computing Centre - Rhodes University - Grahamstown
Internet: cc...@hippo.ru.ac.za uucp: ..!uunet!m2xenix!quagga!hippo!cctj
|
|
|
Re: LEKKER BRAAI !!! GOEIE OU DAE !!! [boodskap #13386 is 'n antwoord op boodskap #13229] |
Fri, 20 March 1998 00:00   |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ferdi wrote in message ...
> On Thu, 19 Mar 1998 15:57:29 +0100, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>
>
> aangesien ek
>> geen wilde (selfs histeriese) stellings gemaak het nie.>>
>
> Jy kan dit onthou. Jy is net bang om dit te sê.
Alwetende Ferdi, hê? Jy verwar nou nie meer net die hersenskimme in jou kop
met die werklikheid nie - jy wil nou al selfs vir my vertel wat _my_ kop
aangaan!
Watter "wilde" (selfs histeriese) stellings" het ek gemaak, Koos?
> Bie eerste keer dat jy dinge so half se en dan nie die guts het om dit
> ten volle te se nie.
Huh?
Duh!
> N.S. Ek sien jy praat nou die dag van die "man in die kantoor
>>> langsaan" of so iets. Waar werk jy Leendert? Wat se werk doen jy? Jy
>>> het dit aan my gevra en ek jou geantwoord,
>>
>> Waar en wanneer het ek jou so 'n vraag gevra Koos?
>> Waar en wanneer het jy my geantwoord, Koos?>>>
>
> As jy se jy onthou dit nie, Leendert, is jy weer besig om te lieg.
Oepsie! Koos is alweer in my kop! Hy weet wat ek onthou en wat nie! Op grond
daarvan klim hy dan sommer ook in my karakter in!
Merkwaardige begrip wat hy het van wat hy kan weet. Dit is met soveel
onkreukbare integriteit dat hy bewysvoering aanbied vir sy beweringe
aangaande my karakter, nie waar nie?
> Jy het dit verlede jaar gevra. En ek het jou geantwoord, Leendert.
> Op die nuusgroep.
> In die openbaar.
As dit so is, Koos, is die rekords daarvan vir jou toeganklik met die druk
van 'n paar knoppies. Gedagtig aan die aanvaarde begrip dat "hy wat beweer
moet bewys" (iets wat veral verslaggewers onder die knie behoort te hê) vind
ek dit vreemd dat jy so skugter is om jou bewering met bewyse te ondersteun.
Dit sluit miskien aan by iets anders wat ek vreem vind - dat jy inligting
wat algemeen toeganklik is met soveel moeite op die nuusgroep kom soek,
terwyl jy direkte toegang daartoe het. Dit laat my wonder wat die motief
agter jou vraag sou wees.
>
> Watter werk doen jy Leendert?
Hierdie inligting is so algemeen bekend dat dit al selfs meer dikwels in die
koerant verskyn het. (Benewens die feit dat dit al op hierdie nuusgroep ter
sprake was.) Dit is, inderdaad, op die openbare databasis van jou eie
werkgewer beskikbaar. Nou wonder ek waarom jy dit vra.
> Waar werk jy Leendert?
Dis inligting wat jy met twee of drie klieke van jou muis kan aflei uit die
tegniese besonderhede van hierdie berig - en baie van die ander wat dit
voorafgaan. In hierdie geval kan ek verstaan dat jy miskien 'n probleem kan
h�, want geldige afleidings is duidelik nie een van die lewensvaardighede
wat jy bemeester het nie.
Aan die ander kant suggereer die werk wat jy doen tog dat jy die tegniese
kennis daarvoor behoort te hê - iemand moes jou dus iewers geleer het om die
regte afleidings in hierdie geval te maak.
Ek moet dus aanneem dat jy nog dommer is as wat ek tevore vermoed het - of
dat jy 'n vreemde motief het met jou vrae.
>
> Jy het my die vrae gevra en ek het geantwoord.
As dit so is behoort jy hierdie bewering sonder moeite te kan ondersteun met
die rekords van my vrae en jou antwoorde . Wat my laat wonder - waarom doen
jy dit nie?
>
> "soek dit
>> self" :-) >>>
>
> En jy Leendert, het reeds geantwoord.
> Jy het reeds gewys wat jy is.
>
> Ek weet dit Leendert.
As jy dit wel weet, Koos, wat is die motief daaragter dat jy dit vra?
> En JY weet dit, ne^, Leendert?.
Wel, ek is nie bewus daarvan dat ek "dit" weet nie. Om die waarheid te sê,
weet ek nie eens waarna die "dit" in hierdie sin van jou verwys nie.
Gewoonlik sou ek nie daarop reageer nie, maar aangesien jy beweer dat "dit"
in _my_ kop aangaan het ek miskien 'n belang daarby :-)
> > jy dit gemis het (soos wat 90% van dinge blykbaar ongemerk by jou
verbygaan)
>> kan jy dit altyd gaan opsoek, of hoe?>>>
>
> Werk jy Leendert?
Ja. Heel dikwels deurnag om by te bly.
> Het jy 'n vaste werk?
Ja. Vra vir Gloudina. Sy weet genoeg daarvan om kommentaar te lewer op my
tydsbestuur.
> Waar werk jy Leendert?
Dit staan in die besonderhede van hierdie berig, en van vele ander.
>
> Jy het my gevra en ek het jou geantwoord Leendert.
Ek het nie en jy het nie - tensy jy rekords het om te toon.
> En jy het my werk by geleentheid selfs in jou argumente ingesleep,
> Leendert.
Ja, ek het.
> Dit skuins teen my probeer gebruik.
Nie skuins nie. Direk. En met dodelike effek, soos mens kan aflei uit jou
tjankerige verwysings daarna :-).
>
> Het jy die integriteit om dieselfde inligting oor jouself te gee,
> Leendert?
Dit is nie my integriteit wat hier 'n probleem skep nie. Wel die integriteit
van iemand wat vrae vra waarop hy die antwoorde weet.
Vriendelike groete, Leendert
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: LEKKER BRAAI !!! GOEIE OU DAE !!! [boodskap #13414 is 'n antwoord op boodskap #13229] |
Sat, 21 March 1998 00:00   |
Nico
Boodskappe: 259 Geregistreer: February 1998
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
| Wel, ek kan sweer dat al die sogenaamde
| nie-blankes in SA aan my kant is, en ek
| waag dit om te sê, meer as driekwart van
| die wittes deesdae ook.
Gloudina op 'n verbeeldingsvlug - meeste swart mans sal nie twee keer dink
om jou keel af te sny of so iets nie, man, jy is wit (dink ek). Hulle sal
jou soos Amy Beahl behandel. Dit help nie jy kruip in hulle gatte op nie.
Die laaste persoon wie se kant die swart mense in SA gaan kies is 'n ou wit
tannie wat grootbek in Kanada sit.
Dinge het te veel verander vandat jy laas in die werklikheid rondgetoer
het.
Gloudina, vertel ons eerder van jou omgewing. Sneeu dit nog by julle? Het
jy al self probeer dig (ek praat nou van enige iets apolities).
Vir die eerste
| keer is die anderskleuriges nou die regte
| kleur in hul eie land, en vir die eerste
| keer voel 'n hele klomp wittes of 'n swaar
| las van hulle longe af is. Hoe voel jou
| longe, Stef. As jou longe ligter voel, is
| jy 'n wenner. As jou longe swaarder voel,
| is jy 'n verloorder in die burgeroorlog
| wat die apartheidsvarke in SA probeer veg
| het, EN VERLOOR HET.
Ek was nie deel van 'n oorlog nie. Ek sit vandag in 'n luukse apartment,
en ek leef baie lekker en al jou oorwinnaars sit in squattercamps in SA.
Bra vreemde siening van oorwinning in enige een se oë. En dit alles ten
spyte daarvan dat hulle kan stem en ek nie. Ek dink nie iemand het gewen
of verloor nie. Almal se longe is ook nie ewe goed nie.
Ek dink die oorwinnaars is die mense wat in SA kan bly en binne die
relatiewe wanorde daar, vir hulle 'n goeie lewe kan uitkerf sonder om op
ander se tone te trap. Maar die terme van wen of verloor bly heel vreemd
om in hierdie konteks te gebruik. Het jy werklik 'n graad in Afrikaans?
Nico
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: LEKKER BRAAI !!! GOEIE OU DAE !!! [boodskap #13459 is 'n antwoord op boodskap #13229] |
Mon, 23 March 1998 00:00   |
Nico
Boodskappe: 259 Geregistreer: February 1998
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Jy beledig die intelligensie
| van die vroue van Suid-Afrika. Meeste
| van hulle is nie-wit, en meeste van
| hulle weet presies wat hulle wil h^e.
... maar kan dit nie kry nie. Hulle wil huise en vrede en werk hê en goeie
opvoeding vir hulle kinders, en die regering gooi die grense oop na
Mosambiek se kant toe en na die noorde toe en laat stroom nog meer
werkloses in die land in wat roof en steel en verkrag, en dit gebeur nie
net in die wit woonbuurtes nie. Die mense wat die meeste onder die nuwe
regering ly, is die swart mense, ja en ek dink ook meesal die vroue. Hulle
is jou "oorwinnaars", Gloudina! Gaan vra vir hulle of hulle alles kry wat
hulle "weet wat hulle wil hê".
Ek sê nie ons moet terug gaan na enige vorm van die ou regering nie - maar
let's face it, as swart emnse in SA slim was, het hulle 'n wit regering vir
hulleself daargestel wat meer bevoeg was om te regeer as die huide fiasko.
| Vir die eerste keer bly jy in 'n
| land waar seksisme onwettig is,
Behalwe dat een van die eerste aksies van die nuwe regering was om 'n
Nasionale VROUE Dag daar te stel - 'n nasionale vakansiedag!!!!! Is dit
dan nou 'n onwettige nasionale openbare vakansiedag? Jy maak jou naam
tottie, Gloudina!
en
| waar vroue werklike poste het in
| die regering.
Soos Zuma wat op TV sê dat "almal seks het" en dat Vigs daarom nie 'n
morele issue is nie - enige een kan dit kry. Dan gaan sy voort om te sê
dat sy nie met tien verskillende mans op een aand slaap nie en daarom nie
dink sy lewe 'n immorele lewe nie. En die vet ou Jill Marcus wat orals
rond "hover" en net gebruik word deur die ANC tot hulle genoeg van haar
gehad het. Hulle het Niehaus al klaar weg gestuur.
Dis nou nie vir jou genoeg dat jy gedurig oor wit-swart politiek wil praat
nie - nou wil jy die "gender issue" ook bysleep. As jy nou weer met jou
terapeut gesels, vra hom dat julle effe werk aan jou selfbeeld. Of gebrek
aan een...
Nico
|
|
|
|
Bladsye (2): [1 ] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Fri Mar 07 10:50:14 UTC 2025
|