Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » LEKKER BRAAI !!! GOEIE OU DAE !!!
Re: LEKKER BRAAI !!! GOEIE OU DAE !!! [boodskap #13461 is 'n antwoord op boodskap #13229] Ma, 23 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 22 Mar 1998 02:58:25 GMT, "Nico" wrote:
Re: LEKKER BRAAI !!! GOEIE OU DAE !!! [boodskap #13462 is 'n antwoord op boodskap #13229] Ma, 23 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 19 Mar 1998 20:59:01 +0200, lou wrote:

onregmatig plak word steeds verwyder.>>[/color]

Met die verskille:
1. Daar is nie groepsgebiede nie.
2. Wanneer hulle verwyder word, word aan hulle plekke gevind waar
hulle kan bly.
3. Die staat het 'n beleid om hulle uiteindelik in beskaafde
gemeenskappe te vestig.
4. Skole en klinieke word vir hulle geskep waar hulle gevestig word na
verwydering.

So 'n paar klein veranderinkies.
Re: LEKKER BRAAI !!! GOEIE OU DAE !!! [boodskap #13463 is 'n antwoord op boodskap #13229] Ma, 23 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...

> En hoe het die Amerikaanse Burger-
> oorlog ge-eindig? Toe die swakste
> kant verloor het en een denkraamwerk
> oor die ander gewen het.

Jy beweer dus dat die geldigheid van 'n "denkraamwerk" bepaal word deur die
relatiewe militêre mag van die kant wat dit huldig?

Hmmm..... Historiese determinisme so reg uit Das Kapital

>
>>
>> Dis net iemand soos jy wat al vir dekades oorsee sit
>>
>> wat nog sal dink in terme van wen of verloor. In
>>
>> daardie opsig is jy baie eng.

Stef, dis maar net egte outydse Marxistiese historiese determinisme. Soos jy
tereg sê, dis eng. Maar nogal naief ook - en empiries ongegrond.

>> Die idee is nie om
>> wenners en verloorders te onderskei nie maar om
>> die gemeenskap te laat saamwerk.

> O so, jy is BAIE naief. Daar is nou
> nie wenners of verloorders nie, en
> nou moet die gemeenskap saamwerk

Hmmm..... Ja, Stef. Baie naief. Die regses het aanmekaar die vinger gewys
tydens Codesa en sedertdien en daarop gewys dat hierdie vrome geprewel van
"'n wen-wensituasie" wat ons van die Mandelas & Kie verneem het, 'n ander
agenda verskuil.

Hulle het ook beweer dat De Klerk & Kie vreeslik naief is om dit te
glo. Kyk maar na die verklarings van die HNP wat onlangs hier verskyn het.

Interessant nou: Eenersyds dat ook in hierdie opsig Gloudina en die regses
vreeslik sterk ooreenstem (onthou, die ander een was dat hulle die
Afrikaners geneties definieer, en taal as voorwaarde verwerp of ondergeskik
stel).

Andersyds, natuurlik, dat hulle albei in hierdie geval klaarblyklik reg is -
die stories van die ANC was inderdaad bloot praatjies vir die vaak - soos
Breyten Breytenbach ook Saterdag gesê het.

>> Nee Gloudina, niemand is aan jou kant nie, behalwe
>> die oningeligdes en die haatdraendes. Hulle is
>> gelukkig ver in die minderheid.

> Wel, ek kan sweer dat al die sogenaamde
> nie-blankes in SA aan my kant is,

Al die sogenaamde nieblankes is, soos jy, oningelig en haatdraend?

You said it my dear! Maar ek stem natuurlik nie met jou saam nie - dis
merendeel net die in magsposisies wat so is.

> en ek
> waag dit om te sê, meer as driekwart van
> die wittes deesdae ook.

Hmmm.... Ek weet nie of dit al driekwart is nie, maar die haat is inderdaad
besig om meer algemeen te word. Jy sien dit onder andere aan kommerwekkende
die tempo waarteen Afrikaners besig is om die godsdiens van die vorige
oorwinnaar van 'n eeu gelede te omarm -die British Israelites.

Waar jy vroeër in boerevoorkamers 'n afbeelding van Bloedrivier gekry het,
en een van die Breë en die Smalle Weg, kry mens deesdae nog die een van
Bloedrivier - al meer dikwels egter is die ander een 'n geslagsregister wat
toon hoe die huidige koningin van Brittanje van Salomo afstam.

> Vir die eerste
> keer is die anderskleuriges nou die regte
> kleur in hul eie land, en vir die eerste
> keer voel 'n hele klomp wittes of 'n swaar
> las van hulle longe af is. Hoe voel jou
> longe, Stef. As jou longe ligter voel, is
> jy 'n wenner. As jou longe swaarder voel,
> is jy 'n verloorder in die burgeroorlog
> wat die apartheidsvarke in SA probeer veg
> het, EN VERLOOR HET.

En die wat gewen het is die anti-apartheidsvarke?

Dit bly maar varke, ou ding. Onthou Animal Farm?

Slaap lekker.

Leendert
Re: LEKKER BRAAI !!! GOEIE OU DAE !!! [boodskap #13464 is 'n antwoord op boodskap #13229] Ma, 23 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net heeft geschreven in bericht
...

> Ek is jammer om te hoor dat Poppie
> dood is. Ek het so gehoop dat sy ook
> uiteindelik kon stem.

Moet jou nie te veel daaroor besorg nie. Die stem wat sy sou uitbring sou in
elk geval nie hare wees nie. As sy in haar stamgebied gestem het, sou sy
stem soos die hoofman haar aansê, en as dit in Langa was, soos die
tienderjarige blokleier van die plaaslike civic of die shop steward van haar
man se vakbond dit wou hê.

Jy sien, die laasgenoemde twee het laat weet hulle het goed betaal vir 'n
onfeilbare umtagati wat die bene sal gooi om vir hulle te sê hoe sy gestem
het.

By die hoofman se kraal het twee innemende jong mans uit die stad vir die
mense 'n "computer" met baie knoppies en letters gewys wat kan uitruik hoe
elkeen stem. Hulle glo hom, want op sy kar se deure het iets gestaan van
"voter education" - en die naam van die politieke party wat die hoofman se
whiskey verskaf. Nie dat die hoofman hom daardeur laat lei nie. Hy weet mos
die stembus is by sy kraal en die stemtellers sal weet hoe sy mense gestem
het.

So slaap maar lekker.

Leendert
Re: LEKKER BRAAI !!! GOEIE OU DAE !!! [boodskap #13465 is 'n antwoord op boodskap #13229] Ma, 23 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...
> "Leendert van Oostrum" writes: >
>
>>
>> By die hoofman se kraal het twee innemende jong mans uit die stad vir die
>> mense 'n "computer" met baie knoppies en letters gewys wat kan uitruik hoe
>> elkeen stem. Hulle glo hom, want op sy kar se deure het iets gestaan van
>> "voter education" - en die naam van die politieke party wat die hoofman se
>> whiskey verskaf. Nie dat die hoofman hom daardeur laat lei nie. Hy weet mos
>> die stembus is by sy kraal en die stemtellers sal weet hoe sy mense gestem
>> het.
>>
>> So slaap maar lekker.
>>
>> Leendert
>
>
> Ja, Leendert, so lekker as jy geslaap
> het gedurende die apartheidsjare toe
> slinkse mense met dieselfde kleur as
> jy die sogenaamde "bantustans" geskep
> het en vir mense probeer wysmaak het
> dat die mense nou die mag in hulle eie
> land het.

Snaaks! Ten minste drie van die meer prominente figure uit die sogenaamde
"bantustans" is deur die ANC ook in prominente kabinetsposisies of as
adjunke aangestel. Ek lei daaruit af dat die ANC vertroue het in die vermoë
van hierdie mense en jy?

> Jy beledig die intelligensie
> van die vroue van Suid-Afrika. Meeste
> van hulle is nie-wit, en meeste van
> hulle weet presies wat hulle wil h^e.

Ek het my nie uitgespreek oor die intelligensie van vroue nie, nie-wit of
andersinds. Ek het ook nie beweer dat hulle nie weet wat hulle wil hê nie.
Wat ek wel gedoen het, is om daarop te wys dat baie (die meeste) van alle
swartmense, mans in kluis, steeds nie vry is om te sê wat hulle wil hê nie.

Onthou wat ek jou tevore gesê het, Gloudina. As jy in jou kop gebonde is is
jy in geen land vry nie.

> Vir die eerste keer bly jy in 'n
> land waar seksisme onwettig is, en
> waar vroue werklike poste het in
> die regering.

Snert. Vra vir Rina.

> Die apartheidsvarke
> was sommer so 'n ou klomp male
> chauvinist pigs.

En die anti-apartheidsvarke is nie MCP's nie? Kontroleer bietjie hierdie
persepsie van jou met die ANC women's league. Hulle sal jou sommer gou
reghelp. Soos daai ANC senator wat hulle laat afdank het omdat hy (as
skoolhoof) 'n kind verwek het by 'n dertienjarige leerling. Soos daai dames
comrades wat op gereelde basis verkrag is deur hul manlike kollegas. Soos
daai dogtertjies van voorskoolse ouderdom wat verkrag word as kuur teen
vigs. Soos wit vroue wat verkrag word as bevestiging van mag deur jou edele
"oorwinnaars".

Jou persepsies van die NSA is op naiewe vooroordeel gegrond, Gloudina. Nie
op die werklikheid nie.

Lekker slaap.

Leendert
Re: LEKKER BRAAI !!! GOEIE OU DAE !!! [boodskap #13466 is 'n antwoord op boodskap #13229] Ma, 23 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net heeft geschreven in bericht
...

> Jy bevestig my opinie dat die ANC Women's
> League op sy eie al meer gedoen het as al
> die wit vroue-verenigings gedurende die
> apartheidsdae om dinge vir vroue beter te
> laat word.

Vertel dit vir die Black Sash.

> Ek was as kind in 'n gemeente
> waar 'n NG predikant kinders by twee
> verskillende vroue verwek het, en die "kerk"
> het niks daaraan gedoen nie, totdat lede
> van die gemeente op hulle eie stappe moes
> doen om van hom ontslae te raak. Hy is
> toe Suidwes toe, waar hy 'n lid van die
> regering geword het.

Hmmm..... Suidwes wat? Suidwes Arkansas? (Nie perdalks 'n Dominie Clinton
aan wie jy dink nie?)

Maar: Wat die die verskil tussen die "kerk" en die gemeente?

Vriendelike groete, Leendert
Re: LEKKER BRAAI !!! GOEIE OU DAE !!! [boodskap #13488 is 'n antwoord op boodskap #13229] Di, 24 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Thomas Jacobs  is tans af-lyn  Thomas Jacobs
Boodskappe: 49
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Volle Lid
In "Leendert van Oostrum" writes:

> @igs.net heeft geschreven in bericht
> ...

>> Jy bevestig my opinie dat die ANC Women's
>> League op sy eie al meer gedoen het as al
>> die wit vroue-verenigings gedurende die
>> apartheidsdae om dinge vir vroue beter te
>> laat word.

> Vertel dit vir die Black Sash.

>> Ek was as kind in 'n gemeente
>> waar 'n NG predikant kinders by twee
>> verskillende vroue verwek het, en die "kerk"
>> het niks daaraan gedoen nie, totdat lede
>> van die gemeente op hulle eie stappe moes
>> doen om van hom ontslae te raak. Hy is
>> toe Suidwes toe, waar hy 'n lid van die
>> regering geword het.

> Hmmm..... Suidwes wat? Suidwes Arkansas? (Nie perdalks 'n Dominie Clinton
> aan wie jy dink nie?)

> Maar: Wat die die verskil tussen die "kerk" en die gemeente?

> Vriendelike groete, Leendert

Dit beteken maar net dat die DS. lekker onder die broeders se vrouens en
dogters ingeklim het. Die "kerk" of wat jy ook dit wil noem, was maar
donners agterbaks ne?
Makes you think, does'nt it?

--
Thomas Jacobs - Computing Centre - Rhodes University - Grahamstown
Internet: cc...@hippo.ru.ac.za uucp: ..!uunet!m2xenix!quagga!hippo!cctj
Re: LEKKER BRAAI !!! GOEIE OU DAE !!! [boodskap #13489 is 'n antwoord op boodskap #13229] Di, 24 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Haai Ferdi,

Hierdie Thomas is die enigste ou tot dusver op die nuusgroep wat meer
dikwels as jy die ding so totaal aan die stert bykom!

Groete, Leendert

Thomas Jacobs wrote in message ...
> In ferd...@icon.co.za (Ferdi )
writes:

>> On Sat, 21 Mar 1998 05:09:34 GMT, "Nico" wrote:

>> dra.

> Thomas Jacobs - Computing Centre - Rhodes University - Grahamstown
Re: LEKKER BRAAI !!! GOEIE OU DAE !!! [boodskap #13490 is 'n antwoord op boodskap #13229] Di, 24 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote in message ...
> On Fri, 20 Mar 1998 14:27:32 +0100, "Leendert van Oostrum"
> wrote:

> Jy het my gevra en ek het jou geantwoord Leendert.

>> Ek het nie en jy het nie - tensy jy rekords het om te toon.>>

> Jy het gevra Leendert. En ek het geantwoord.
> En jy wil nie dieselfde doen nie Leendert.

> En jy weet dit.

[color=blue]>
Re: LEKKER BRAAI !!! GOEIE OU DAE !!! [boodskap #13492 is 'n antwoord op boodskap #13229] Di, 24 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...
> "Leendert van Oostrum" writes: > @igs.net
heeft geschreven in bericht
>> ...

>>> Jy bevestig my opinie dat die ANC Women's
>>> League op sy eie al meer gedoen het as al
>>> die wit vroue-verenigings gedurende die
>>> apartheidsdae om dinge vir vroue beter te
>>> laat word.

>> Vertel dit vir die Black Sash.

> Die Black Sash was nie net
> wit vroumense nie. Lank lewe
> die lede van die Black Sash!

Dankie. Jy bevestig my punt.

Vriendelike groete, Leendert
Re: LEKKER BRAAI !!! GOEIE OU DAE !!! [boodskap #13494 is 'n antwoord op boodskap #13229] Di, 24 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Leendert van Oostrum" writes: > @igs.net heeft geschreven in bericht
> ...
>
>> Jy bevestig my opinie dat die ANC Women's
>> League op sy eie al meer gedoen het as al
>> die wit vroue-verenigings gedurende die
>> apartheidsdae om dinge vir vroue beter te
>> laat word.
>
> Vertel dit vir die Black Sash.

Die Black Sash was nie net
wit vroumense nie. Lank lewe
die lede van die Black Sash!
Re: LEKKER BRAAI !!! GOEIE OU DAE !!! [boodskap #13495 is 'n antwoord op boodskap #13229] Di, 24 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote in message ...
> On Sun, 22 Mar 1998 02:58:25 GMT, "Nico" wrote:

[color=blue]>
Re: LEKKER BRAAI !!! GOEIE OU DAE !!! [boodskap #13496 is 'n antwoord op boodskap #13229] Di, 24 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote in message ...
> On Fri, 20 Mar 1998 21:15:11 +1000, b...@boer.wa.sa wrote:

> >> Die huidige SA regering bou aanhou
>>> huise. Miskien nie so vinnig as wat
>>> party mense wil sien nie.

>> Die huidige regering bou huise teen 'n derde van die pas van die vorige
>> regering - dit was die geval toe ek twee jaar gelede uit SA is. Met al
>> die korrupsie en 140miljoen rand wat net verlede jaar deur bankrowe
>> alleenlik verdwyn het - glo ek nie dit het verbeter nie.>>>

> En tien jaar van nou af sal jy no doubt steeds "glo" niks het verander
> nie.

> Maar gee bietjie vir my die feite van die stelling dat die vorige
> regering huise teen drie keer die pas as die huidige regering gebou
> het.

Maar Koos! Jy's vinnig om bewysvoering van ander te eis, nie waar nie?

As dit egter van jou gevra word, regresseer jou taalgebruik na die van 'n
tweejarige kind.

Vriendelike groete, Leendert
Re: LEKKER BRAAI !!! GOEIE OU DAE !!! [boodskap #13497 is 'n antwoord op boodskap #13229] Di, 24 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net heeft geschreven in bericht
...
> "Leendert van Oostrum" writes: >
>
>> Andersyds, natuurlik, dat hulle albei in hierdie geval klaarblyklik reg is -
>> die stories van die ANC was inderdaad bloot praatjies vir die vaak - soos
>> Breyten Breytenbach ook Saterdag gesê het.
>
> Hoekom skryf Breyten Breytenbach
> meestal in Engels, sit meestal in
> Parys, en nou wil hy in SA kom
> dikteer? Moenie vir Breyten nou
> skielik die groot orakel maak nie.

Hoekom praat Gloudina uitsluitlik Engels, sit stewig in Ontario, en nou wil
sy vir SA kom dikteer?

Moenie, Gloudina, jou nou tot groot orakel vir die Volk verhef nie.

> Nou is dit baie interessant. Hoekom dink jy
> Afrikaners hang die British Israelites aan.
> Is dit omdat die Britse Israelites pro-
> wit amper ariese opinies het?

Ongetwyfeld. En, soos by jou, is taal en kultuur van geen belang nie - slegs
genetiese afkoms.

Maar die egte British Israelites is nie net pro-wit nie. Hulle is eksklusief
pro-Brits - alle ander mense (insluitende Afrikaners) is skaars menslik,
indien wel.

> Verfris my
> geheue - wat sê hulle nou weer?

Dit is 'n Judeo-Christelike sekte. Hulle beweer dat die Britte die
afstammelinge is van die tien verlore stamme van Israel - dus direkte
afstammelinge van Abraham. Ook, verstaan ek, dat mense wat nie direk van
Abraham afstam nie, van verlossing en genade uitgesluit is.

Die idee het so bietjie breër ontwikkel, sodat mens vandag ook israeliete in
Nederland en elders kry, wat beweer dat dit nie net die Britte is wat van
Abraham se tien verlorenes afstam nie, maar hulle ook.

'n Soortgelyke kettery kom uit die VSA - wat op skriftuurlike gronde "bewys"
dat swartmense nie mense is nie, maar diere. Die bietjie wat ek na die
redenasies hieroor gekyk het laat my dink dat die idee ontstaan het uit 'n
wanbegrip by een of ander halfgeletterde Amerikaner uit Montana of iewers
wat nie die woord "beast" in die King James vertaling so mooi begryp het
nie.

> En wie
> is die sendelinge wat hierdie denkrigting
> onder die Afrikaners versprei?

Die British Israelites het, raai ek, met die Tweede Vryheidsoorlog (maar
miskien vroeër reeds) die land ingekom. Ek het nog altyd gedink dat dit die
massiewe arrogansie van 'n gedeelte van die Engelse bevolking in SA onderlê
(jy kry, byvoorbeeld, nie daardie hovaardigheid so erg onder die ou Engelse
families in die Oos-Kaap nie). Die soort wat weer so pertinent gefigureer
het op die hoofblad van hierdie Sondag se Sunday Times (in 'n berig oor die
rassebotsings op Vryburg)

Hoe dit onder Afrikaners begin posvat het, weet ek nie. Ek weet wel dat dit
soos 'n veldbrand versprei.
Re: LEKKER BRAAI !!! GOEIE OU DAE !!! [boodskap #13498 is 'n antwoord op boodskap #13229] Di, 24 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote in message ...
> On Thu, 19 Mar 1998 20:59:01 +0200, lou wrote:

> > onregmatig plak word steeds verwyder.>>

> Met die verskille:
> 1. Daar is nie groepsgebiede nie.
> 2. Wanneer hulle verwyder word, word aan hulle plekke gevind waar
> hulle kan bly.
> 3. Die staat het 'n beleid om hulle uiteindelik in beskaafde
> gemeenskappe te vestig.
> 4. Skole en klinieke word vir hulle geskep waar hulle gevestig word na
> verwydering.

> So 'n paar klein veranderinkies.

Jy beskou 'n plakkerskamp of informele nedersetting nie as 'n beskaafde
gemeenskap nie?

Nou verstaan ek jou beter.

Maar net nog een van die liberals waarteen Biko so uitgevaar het.

Mense wat tog maar ander na die uiterlike oordeel.

Wie se uiterlike pose van "toleransie" self maar net 'n huidtoestand is.

Vriendelike groete, Leendert
Re: LEKKER BRAAI !!! GOEIE OU DAE !!! [boodskap #13499 is 'n antwoord op boodskap #13229] Di, 24 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Leendert van Oostrum" writes: >

Leendert skryf aan Koos:

> Nou verstaan ek jou beter.
>
> Maar net nog een van die liberals waarteen Biko so uitgevaar het.

Ag Vader tog, hier kom ou Leendert
weer en haal sy held "Biko" aan. Het
jy Biko aangehaal in die donker dae
van apartheid. Het jy eens geweet dat
hy daar in jou stad papgeslaan en
doodgeslaan is. Of het jy so lekker
in die apartheidsweb gelewe dat
jy nou met eerlikheid kan sê dat
"jy nie geweet het nie." Sies,
Leendert, hou op om te maak asof
Biko jou intellektuele Vader is.
Hy het dit wel gehad teen die
sogenaamde wit "liberales." Maar
wat hy sou sê van die gedrog van
'n Afrikaner wat lekker daar in
Pretoria om die vleespotte gesit
het, en nou soos 'n tweegesig-
jakkals vir hom aanhaal, dis net
eenvoudig 'n sonde uit die hel.
Ek dink jy moet ophou daarmee.

Gloudina

>
Re: LEKKER BRAAI !!! GOEIE OU DAE !!! [boodskap #13500 is 'n antwoord op boodskap #13229] Di, 24 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Thomas Jacobs  is tans af-lyn  Thomas Jacobs
Boodskappe: 49
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Volle Lid
In ferd...@icon.co.za (Ferdi ) writes:

> On Sat, 21 Mar 1998 05:09:34 GMT, "Nico" wrote:

[color=blue]>
Re: LEKKER BRAAI !!! GOEIE OU DAE !!! [boodskap #13501 is 'n antwoord op boodskap #13229] Di, 24 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 24 Mar 1998 05:37:38 GMT, "Nico" wrote:

>

Goed Nico:

Dan het ons seker in verskillende lande GEbly want ek kan jou feit op
feit opnoem van presies die teenoorgestelde.
Re: LEKKER BRAAI !!! GOEIE OU DAE !!! [boodskap #13502 is 'n antwoord op boodskap #13229] Di, 24 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Nico  is tans af-lyn  Nico
Boodskappe: 259
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
| Dan bly ons seker in verskillende lande - jammer ek moes gese het "het
| ons verskillende lande GEbly " - want ek kan jou storie op storie
| vertel van presies die teenoorgestelde.
|
Sal beter wees as jy by feite eerder as "stories" bly.
Re: LEKKER BRAAI !!! GOEIE OU DAE !!! [boodskap #13503 is 'n antwoord op boodskap #13229] Di, 24 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 24 Mar 1998 08:42:41 +0200, cc...@hippo.ru.ac.za (Thomas Jacobs)
wrote:
Re: LEKKER BRAAI !!! GOEIE OU DAE !!! [boodskap #13517 is 'n antwoord op boodskap #13229] Wo, 25 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskap
Nico  is tans af-lyn  Nico
Boodskappe: 259
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Solank jy altwee kante van 'n saak kan raaksien - al stem jy net met een
saam - is dit goed so.

Redeneer maar soos jy wil, maar dan gaan jy na die Jhb Algemene Hosp en
stel jou eie statistiek op. Wie daag die meeste daar op as gevolg van
geweldsmisdade? Deur wie is hierdie misdade gepleeg? Stel jou resultate
dan langs die bevolkingsamestelling. Ek wonder wat jy sal kry ...?!?
--
Net Nico ...

Ferdi wrote in article
...
| On Tue, 24 Mar 1998 05:37:38 GMT, "Nico" wrote:
|
| >
|
| Goed Nico:
|
| Dan het ons seker in verskillende lande GEbly want ek kan jou feit op
| feit opnoem van presies die teenoorgestelde.
|
|
|
Re: LEKKER BRAAI !!! GOEIE OU DAE !!! [boodskap #13518 is 'n antwoord op boodskap #13229] Wo, 25 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 24 Mar 1998 13:59:23 +0100, "Leendert van Oostrum"
wrote:

>>[/color]

So tipies jy Leendert, hierdie antwoord.

By the way, het jy nou al uitgevind wat Constand Viljoen se aansoek by
die WVK is?

En het jy nou al die guts van erens gekry om jou bang pogings to gif
saai in daardie vorige pos duideliker te stel - sodat 'n mens dit kan
toets. En sommer jou integriteit ook in die proses.

Om te dink dat iemand met jou onvermoe tot eerlikheid daarop kan
aanspraak maak dat hy ander mens "bystaan" en "lei"!

Dis nou onder meer na aanleiding van jou halfgebakte en (gebruiklike)
ontwykende antwoord oor watter werk jy doen.

N.S. Probeer jy aan die mense wat jy so bystaan ook Hendrik Verwoerd
skilder as 'n goeie mens wat nie juis 'n regstreekse aandeel aan
apartheid gehad het nie - soos jy laas op die nuusgroep laas gedoen
het?
Re: LEKKER BRAAI !!! GOEIE OU DAE !!! [boodskap #13523 is 'n antwoord op boodskap #13229] Wo, 25 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...

> Ag Vader tog, hier kom ou Leendert
> weer en haal sy held "Biko" aan.

Die feit dat ek Biko aanhaal beteken nie dat hy my held is nie. In die
oorspronklike konteks het dit juis gedien om te toon dat my oordeel oor Koos
se standpunt nie uniek is nie - dat iemand uit 'n totaal ander perspektief
ook oordeel soos ek.

Jy plaas dus 'n ongeldige konstruksie op wat ek geskryf het. Sou dit
doelbewus wees? ek dink dit is.

> Het
> jy Biko aangehaal in die donker dae
> van apartheid. Het jy eens geweet dat
> hy daar in jou stad papgeslaan en
> doodgeslaan is. Of het jy so lekker
> in die apartheidsweb gelewe dat
> jy nou met eerlikheid kan sê dat
> "jy nie geweet het nie."

Ons was al voorheen by hierdie punt, nie waar nie? Gestel die antwoord op
aldrie jou vrae is "nee" (dis nou behalwe vir enkele feitelike foute in die
vrae). Sou dit beteken dat ek hom nie nou mag aanhaal nie?

> Sies,
> Leendert, hou op om te maak asof
> Biko jou intellektuele Vader is.

Arme ou Mampara. As jy uit my verwysing na Biko se standpunt so iets aflei
het jou eie intellektuele vermoëns darem regtig al sterk begin degenereer.

Is dit doelbewus dat jy sulke ongeldige betekenisse in my woorde inlees? Dis
mos oneerlik, Gloudina!

> Hy het dit wel gehad teen die
> sogenaamde wit "liberales."

Dis reg, ja. En teen wit konservatiewes. Dis nie duidelik teen wie hy dit
die meeste gehad het nie.

> Maar
> wat hy sou sê van die gedrog van
> 'n Afrikaner wat lekker daar in
> Pretoria om die vleespotte gesit
> het, en nou soos 'n tweegesig-
> jakkals vir hom aanhaal, dis net
> eenvoudig 'n sonde uit die hel.

Sterk taal, Mampara! En direk aan my adres gerig. Dit sou my vreeslik sleg
laat voel het as dit nie ook irrasioneel was nie.

Jy sien, Gloudina - dis soos met jou verwysings na die Bybel. Die feit dat
jy iemand in 'n bepaalde konteks aanhal beteken nie dat jy alles aanvaar of
onderskryf
wat hy gesê/gedoen het nie.

Die feit dat ek in bepaalde opsigte met Biko saamstem beteken geensins dat
ek met enigiets anders omtrent hom saamstem nie. Dit beteken ook nie dat ek
in enige ander opsig van hom verskil nie. Dit beteken doodeenvoudig niks,
behalwe dat ek in die een bepaalde opsig met hom saamstem nie.

> Ek dink jy moet ophou daarmee.

Ophou om vir Biko aan te haal? Omdat jy so sê? Dink maar weer, hoor!

Vriendelike groete, Leendert
Vorige onderwerp: 'n Afrikaner in Australia:)
Volgende onderwerp: Gloudina se Boerehaat
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 24 12:25:22 MGT 2024