Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: VRYBURG MOOI SO MENSE
Re: VRYBURG MOOI SO MENSE [boodskap #13096] |
Sat, 07 March 1998 00:00  |
Johan N Potgieter
Boodskappe: 421 Geregistreer: December 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
@igs.net wrote:
> benoem. Daar was duisende en duisende
> en duisende van hierdie hardwerkende
> mense wat deur mense soos jy beswadder
> word wanneer jy so praat.
Moenie so in Afrikaans lieg nie Gloudina - daar was dalk net tientalle
hardwerkende swartes. Die res het afgebrand en afgebreek. Word wakker!
|
|
|
|
|
|
|
Re: VRYBURG MOOI SO MENSE [boodskap #13116 is 'n antwoord op boodskap #13096] |
Sun, 08 March 1998 00:00   |
Nico
Boodskappe: 259 Geregistreer: February 1998
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
|
| Sien jy Nico, watter soort persoon
| jy is - totaal anti-swart,
hoe sal jy dié wilde stelling aan al my nie-blanke vriende, binne en buite
SA, verduidelik?
totaal
| pro-ver regs wit Afrikaner.
Ek is wit en 'n Afrikaner, maar ek was nog nooit pro-regs nie. Ek is wel
nie blind vir die foute wat swartes tans in Afrika maak nie. My oë is nog
oop - nie in enige swarte opgekruip soos jy van jouself probeer voorgee
nie.
Jy negeer
| totaal dat ek goeie dinge sê van die
| nie-blanke
Dis 'n blinde ophemeling van mense wie se taal jy dalk nie eers kan praat
nie. Jy het skynbaar dertig jaar gelede laas met die werklikheid kontak
gehad.
en die opregte en eerlike
| Afrikaners in SA,
Haal asseblief aan Gloudina - mooi dinge oor wittes? Dis so skaars uit jou
mond dat ons dit nie mooi raakgesien het nie.
en skaar jou by die
| skorriemorrie. Ek wonder wat jy hier
| in Noord-Amerika van SA vertel.
Niks nie, Gloudina, hier hou ek my bek. Ek moedig net die Amerikaners aan
om te gaan kuier in SA en te gaan kyk hoe mooi land dit is. Ek probeer
altyd net positiewe dinge sê. Dink jy in elk geval 'n Amerikaner sal my
glo as ek selfs uit swart pers in SA aanhaal oor wat daar nou aan die
gebeur is? Hulle sal dink ek is besig met die versprei van 'n "urban
Legend".
Seker
| dieselfde ou storie. Niks was goed in
| SA na 1994 nie.
Behalwe die uithekke by Jabn Smuts .... En die goeie positiewe mense wat
ek ken wat nog daar bly ...
Maar jy is reg, daar was ongelukkig ook die dinge wat nie meer goed was
nie: Die motors wat om ons gesteel is. Die vriendin wat deur 'n polisie
kantoor bevelvoerder ge"hijack" is. Die ten gronde gaan van mediese skemas
en dienste. Die kwynende ekonomie (stygende rentekoerse, mediese fonds
premies en versekering wat gemaak het dat ek net nie meer my gesin
ordentlik kon onderhou nie). Die diefstalle van groot bedrae geld. Die
verswakking van skoolstandaarde (bv. slaagsyfer - jy hoef net 25% kry om
matriek te slaag; die groterwordende klasse). Die verdwyning van
Afrikaans op TV. Die verdwyning van Afrikaans in die parlement. Die
verdwyning van woordigheid uit die parlement. En nog so baie ander dinge
..
En jy probeer alles
| in die VSA ophemel in 'n desperate
| poging om jou te regverdig.
Ek probeer nie - ek hoef nie - meeste dinge wat ek hier bo genoem het as
dinge wat verkeerd gegaan het in SA is 1000 maal beter hier in die VSA
(hoe sal jy weet - jy sit nog in een van ou Liesbet se kolonies! Ek hoor
alles is maar nog duur daar by julle!) Ek hoef myself in geen opsig te
regverdig nie - ek voel nie skuldig oor my skuif nie - ek geniet dit terdee
om hier te wees! Elke oomblik daarvan! Dis vreeslk mooi hier - die
natuur, die winkels, die mense. Desperaat is die laaste term wat jy aan my
kan toedig - en dit gaan vir al die baie Afrikaners, Engelse
oud-SuidAfrikaners en Indier oud SuidAfrikaners wat ek hier ken. Ons het
niks meer stress nie. (Net die een ou, wat net altyd die nuutste motor wil
ry en stress dat daar nuwe modelle uitkom sodra hy syne ingeloop het.)
Al die
| Lower East Side in New York gesien?
|
Nee, Gloudina - ek kruip nie in die hole van die lewe rond nie. Ek verkies
die mooi omgewings om in te bly. 'n Mens mag maar, weet jy! Ek sluit nie
my oë vir die vuil in die lewe nie, maar ek is nie bereid om te huigel en
alles wat mooi is om my swart te smeer en dan nog steeds in luukse te lewe
nie.
As jy nou weer in die Lower East Side van New York gaan grawe (kyk jy in
die asblikke?), kyk of jy nie dalk daar iets mooi sien waarvan jy vir ons
kan vertel nie.
So terloops, dit mag jou verras, maar ek het niks te doen met die toestand
waarin die Lower East Side van New York haar bevind nie. Dalk moet die
mense daar gaan kyk na hoe die swakker dele van London opgeruim is en mooi
gemaak is! Was jy al daar, Gloudina? Jy kan gerus jou reisplanne
opgradeer en daar gaan kyk. Die wereld bestaan nie net uit slums nie.
Ek daag jou weereens uit om iets mooi raak te sien!
Nico
|
|
|
|
|
|
Re: VRYBURG MOOI SO MENSE [boodskap #13155 is 'n antwoord op boodskap #13096] |
Mon, 09 March 1998 00:00   |
G.B.
Boodskappe: 2172 Geregistreer: May 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Nico" writes: > |
> | Sien jy Nico, watter soort persoon
> | jy is - totaal anti-swart,
>
> hoe sal jy dié wilde stelling aan al my nie-blanke vriende, binne en buite
> SA, verduidelik?
Deur jou opinies aan te haal
wat jy vroeer op hierdie nuus-
groep kwytgeraak het. Merk jy
dat "Nico" 'n stadige metamorfose
op hierdie nuusgroep ondergaan?
Hoop dis regtig so, en nie net
vir die gallery nie.
> Jy negeer
> | totaal dat ek goeie dinge sê van die
> | nie-blanke
>
> Dis 'n blinde ophemeling van mense wie se taal jy dalk nie eers kan praat
> nie. Jy het skynbaar dertig jaar gelede laas met die werklikheid kontak
> gehad.
Ek lewe in die kuberruimte, dankie.
Ek kan daagliks gedagtes wissel met
van my oud-leerlinge.
>
> en skaar jou by die
> | skorriemorrie. Ek wonder wat jy hier
> | in Noord-Amerika van SA vertel.
>
> Niks nie, Gloudina, hier hou ek my bek. Ek moedig net die Amerikaners aan
> om te gaan kuier in SA en te gaan kyk hoe mooi land dit is. Ek probeer
> altyd net positiewe dinge sê. Dink jy in elk geval 'n Amerikaner sal my
> glo as ek selfs uit swart pers in SA aanhaal oor wat daar nou aan die
> gebeur is? Hulle sal dink ek is besig met die versprei van 'n "urban
> Legend".
So daar het jy dit. Jy hou jou mond?
> | dieselfde ou storie. Niks was goed in
> | SA na 1994 nie.
>
> Behalwe die uithekke by Jabn Smuts ....
Hier kom die ou Nico, met sy
anti-SA reklame
Die verdwyning van
> Afrikaans op TV. Die verdwyning van Afrikaans in die parlement.
Dis nuut vir my. Het Afrikaans
verdwyn, of net sy regmatige
plek ingeneem.
Lower East Side in New York gesien?
> |
> Nee, Gloudina - ek kruip nie in die hole van die lewe rond nie. Ek verkies
> die mooi omgewings om in te bly. 'n Mens mag maar, weet jy! Ek sluit nie
> my oë vir die vuil in die lewe nie, maar ek is nie bereid om te huigel en
> alles wat mooi is om my swart te smeer en dan nog steeds in luukse te lewe
> nie.
So, oor die lower east side van Manhattan
wil jy nie praat nie, maar Johannesburg moet
nou gekritiseer word tot jy blou is in die
gesig.
>
> As jy nou weer in die Lower East Side van New York gaan grawe (kyk jy in
> die asblikke?), kyk of jy nie dalk daar iets mooi sien waarvan jy vir ons
> kan vertel nie.
Ja, ek het mooi dinge ook daar gesien.
Herinner dat ek jou vertel van die
gewonde duif in die straat
Gloudina
|
|
|
|
Re: VRYBURG MOOI SO MENSE [boodskap #13195 is 'n antwoord op boodskap #13096] |
Tue, 10 March 1998 00:00   |
Nico
Boodskappe: 259 Geregistreer: February 1998
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
|
| Deur jou opinies aan te haal
| wat jy vroeer op hierdie nuus-
| groep kwytgeraak het. Merk jy
| dat "Nico" 'n stadige metamorfose
| op hierdie nuusgroep ondergaan?
| Hoop dis regtig so, en nie net
| vir die gallery nie.
|
Een van hulle het dit klaar gelees en ons het baie lekker daaroor gesit en
debateer!
|
| Ek lewe in die kuberruimte, dankie.
Soos ek gesê het, heeltemal nou in 'n "virtual reality". Skakel effe jou
rekenaar af, sussie, en gaan kyk self in Afrika wat daar aangaan - jou
oud-leerlinge sou net vir jou lieg as jy met hulle kontak gehad het!
| Ek kan daagliks gedagtes wissel met
| van my oud-leerlinge.
Hoekom doen jy dit nie!
| Die verdwyning van
| > Afrikaans op TV. Die verdwyning van Afrikaans in die parlement.
|
|
| Dis nuut vir my. Het Afrikaans
| verdwyn,
Soos ek gesê het, weet nie meer wat aangaan nie. Bly jy erken dit self.
Ja, Gloudina, Afrikaans verdwyn uit die amptelike lewe, geheel en al.
| > my oë vir die vuil in die lewe nie, maar ek is nie bereid om te huigel
en
| > alles wat mooi is om my swart te smeer en dan nog steeds in luukse te
lewe
| > nie.
|
| So, oor die lower east side van Manhattan
| wil jy nie praat nie, maar Johannesburg moet
| nou gekritiseer word tot jy blou is in die
| gesig.
Nee, ek kritiseer alle swak dele in alle groot stede, want ek het gesien
wat in London gedoen is om hole op te ruim en reg te ruk. Ek dink dit
behoort oral gedoen te word.
|
|
|
|
|
|
Re: VRYBURG MOOI SO MENSE [boodskap #13275 is 'n antwoord op boodskap #13096] |
Fri, 13 March 1998 00:00  |
Nico
Boodskappe: 259 Geregistreer: February 1998
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Gloudina, dis baie moeilik om te glo dat jy enige vorm van opleiding in
Afrikaans het. Ek het nêrens nog 'n land BESWADDER nie. Ek kritiseer geen
land nie. Ek kritiseer jou. Ek gaan darem nou ook nie heel ongebalanseerd
net mooi broodjies bak om altyd positief te bly nie - dis huigel.
Ek ken Kanada glad nie - kom ek haal vir jou aan uit wat ek hieronder gesê
het - dalk sien jy dit dan raak: "Ek HOOR alles is maar nog duur daar by
julle" Ek kan nie 'n land beswadder as ek nie eers weet wat daar aangaan
nie.
En hoekom is dit nou skielik beswadder as 'n mens bloot die feit stel oor
wie die staatshoof van 'n land is. Altans ek was onder die indruk Koningin
Elizabeth II van Britanje is julle staatshoof???
Antwoord nou vir my met objektiewe feite (of miskien kan een van die ander
meer gebalanseerde Kanadese oud-SuidAfrikaners): Is verbruikersgoedere en
kos duurder daar by julle as in die VSA?
Gloudina, hou jy nie van die Britse Koningshuis nie? Jy het dan onder die
Britse vlag gaan woon? Of is jy aan die Franse republikeine se kant? Ek
het nie voorkeur tussen een van die twee nie.
Hoe gereeld kom jy in die VSA?
--
Net Nico ...
@igs.net wrote in article ...
| > Ek probeer nie - ek hoef nie - meeste dinge wat ek hier bo genoem het as
| > dinge wat verkeerd gegaan het in SA is 1000 maal beter hier in die VSA
| > (hoe sal jy weet - jy sit nog in een van ou Liesbet se kolonies! Ek hoor
| > alles is maar nog duur daar by julle!)
|
| Nico, die beswadderaar van Kanada.
| Nico, wat sê dat hy net positiewe
| dinge oor ander mense en plekke
| uitspreek. Jy beswadder natuurlik
| vir Australia en New Zealand ook
| wanneer jy hulle kolonies van
| Engeland noem.
|
|
|
Re: VRYBURG MOOI SO MENSE [boodskap #13276 is 'n antwoord op boodskap #13096] |
Fri, 13 March 1998 00:00  |
Hjalmar Gerber
Boodskappe: 72 Geregistreer: November 1997
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Nico skryf...
> Antwoord nou vir my met objektiewe feite (of miskien kan
> een van die ander meer gebalanseerde Kanadese oud-SuidAfrikaners):
Dankie. Dis darem goed dat ons bestaan nog erken word.
Ek is a sat vir Gloudina-as-amptelike-woordvoerder-vir-Kanada,
maar het al die stryd amper afgesweer, want om met haar te
redeneer, is soos 'n teug uit die spoegbak - daar's geen
einde daaraan nie.
> Is verbruikersgoedere en kos duurder daar by julle as in
> die VSA?
Kanada is 'n GROOT, uitgestrekte landmassa met heelwat
uiteenlopendheid op alle gebiede. Dit hang net af waar
'n mens bly. Hier in Alberta het ons nie 'n provinsiale
verkoopbelasting nie, en as dit nie vir die Ottawa-varke was
nie, sou ons ook nie 'n federale (7%) verkoopbelasting gehad
het nie. Na die wisselkoers in ag geneem is (C$1 = US$0.70),
is die VSA niks goedkoper as hier by ons nie. Ons ry so af
en toe suidwaarts, en vind dat ons niks bespaar deur dit in
die VSA te koop nie. Daar is egter ook belaglikhede: Op
Kauai (Hawaii) is ek drie keer die prys vir pieperige piesang-
tjies gevra as wat eerstegraad-piesangs in Alberta kos. Hulle
dink natuurlik alle toeriste is onnosel.
> Gloudina, hou jy nie van die Britse Koningshuis nie? Jy het
> dan onder die Britse vlag gaan woon?
Die Britse vorstehuis is in Kanada net van waarde vir al die
sensasionele skinderstories wat hulle opdis. Die meeste Kanadese
heg bitter min politieke en emosionele waarde aan die Koningin,
en sal tevrede wees met 'n republiek.
Die huidige opset gee egter aan die federale Eerste Minister
de facto diktatoriale mag. Ons word darem ietwat deur die
grondwet teen die individu beskerm, maar as belastingbetalers
is ons magteloos teen sy/haar amptelike korrupsie - bv die
aanstelling van senatore.
Kanada is 'n siek federasie. Agt van die tien provinsies is
vir alle praktiese doeleindes kolonies van Ontario. Dis net
Quebec wat die getalle en die ruggraat het om weerstand te bied.
> Hoe gereeld kom jy in die VSA?
Gemiddeld elke twee jaar. Die VSA is meesal net soos Alberta:
Hulle praat Engels, en daar's 'n Safeway of iets dergeliks in
elke dorpie. Ek voel heel tuis daar. Ek moet egter byvoeg dat
die VSA ook 'n GROOT land is, en dat daar 'n geweldige mate van
diversiteit in bevolking en kultuur is. Die Amerikaners van
die Noordweste is or die algemeen dieselfde mense as die
Wes-Kanadese. Die 'Republic of Cascadia' is nog nie 'n politieke
werklikheid nie, maar dit bestaan reeds in terme van kultuur en
ekonomiese belange.
Hjalmar Gerber, Edmonton, Alberta.
____________________________________
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Fri Mar 07 16:04:39 UTC 2025
|