Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » geiser
geiser [boodskap #131784] Wo., 24 Junie 2020 20:01
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24169
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Geiser.
'n Geiser.
geiser
Afbreking: gei•ser


Selfstandige naamwoord: geiser
Meervoud: geisers
Verkleinwoord: geisertjie
Meervoud van verkleining: geisertjies

Betekenis:
• Huishoudelike toestel met 'n element wat warm water voorsien; warmwatertoestel; badketel.
• Natuurlike warmwaterbron wat op vasgestelde tye water en stoom die lug in blaas; spuitbron.

Gebruik:
• In die meeste huishoudings is die geiser verantwoordelik vir die grootste elektriese uitgawe.
• Ysland is bekend vir sy geisers en sy vulkane.

Vertaling:
Engels: geyser
Nederlands: geiser

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: legioensiekte
Volgende onderwerp: blokkasie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di. Des. 23 09:56:01 UTC 2025