Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » cul-de-sac
cul-de-sac [boodskap #131317] Ma., 18 Mei 2020 16:03
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24165
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Cul-de-sac.
'n Cul-de-sac.
cul-de-sac
Afbreking: cul-de-sac


Selfstandige naamwoord: cul-de-sac
Meervoud: cul-de-sacs, culs-de-sac

Betekenis:
• 'n Straat wat nie deurgang bied nie en dikwels in 'n singel eindig.

Gebruik:
• Die pragwoning is in 'n rustige cul-de-sac geleë.

Sinoniem:
• doodloopstraat
• doodlooppad
• hokaaistraat
• keeromstraat
• sakstraat

Antoniem:
• deurpad
• deurloopstraat

Vertaling:
Engels: cul-de-sac, blind alley, dead end street
Nederlands: doodlopende straat

Nota:
• Van Frans, cul (bodem) + de (van die) + sac (sak), letterlik "agterkant van 'n sak", uitspraak: kuul-de-sak.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: boeg
Volgende onderwerp: dekor
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma. Des. 22 16:55:11 UTC 2025