Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Afrika is nie bedoel vir wittes nie ...
Afrika is nie bedoel vir wittes nie ... [boodskap #12772] |
Sat, 21 February 1998 00:00  |
Nico
Boodskappe: 259 Geregistreer: February 1998
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Iemand sê nou die dag vir my Afrika is nie vir die witman bedoel nie. Ons
is nie tuis in Afrika nie. Die kultuur is net bloot eenvoudig nie ons s'n
nie. Hy sê Afrika moet die blyplek word vir die swart volke en die wittes
moet op hulle eie kontinente gaan bly.
Wat sê julle?
Ek kan ook nie eintlik sien hoekom witmense met 'n oorwegend ander kultuur
hulself moet onderwerp aan lewensomstandighede wat so onaangenaam is nie.
Luister maar deesdae na die besprekings om braaivleisvure. Min gelag -
meeste gekla en gemoan! "Fool" ons nie onsself as ons dink "Afrika is in
ons bloed" nie?
--
Nico
(Bedagsaamheid sal help om besprekings hier vars te hou)
| jaar. Dit is hoekom mense wat iets tussen hulle ore het, Afrika los vir
| mense wat maer honde, beeste en kinders wil he (soos die vorige 1000
| jaar) en na plekke toe gaan waar mense wil vooruit gaan en met die
| internasionale gemeenskap meeding en nie die hand uithou soos die hele
| Afrika nie.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Afrika is nie bedoel vir wittes nie ... [boodskap #12834 is 'n antwoord op boodskap #12772] |
Mon, 23 February 1998 00:00   |
Pofadder
Boodskappe: 5 Geregistreer: February 1998
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
On Mon, 23 Feb 1998 09:56:56 GMT, ferd...@icon.co.za (Ferdi ) wrote:
> On Mon, 23 Feb 1998 00:15:36 GMT, "Nico" wrote:
>
> .
> wanadministrasie>>wat so gereeld op die lappe kom!?! Of geniet jy dit om jou kar elke keer
>> te sluit as jy 'n winkel instap. En om hoe versekeringspremies te betaal?>>
>
Hierdie dinge gebeur orals, maar immigrante sê dis nou erger in za.
Ek sluit hier ook altyd my kar (motor nie meer nie?), en ek het nou
ook 'n alarm, want my motor ('n kewer uit za) is al drie maal
gevandaliseer.
> Dat ek oorsee kan se ek is n Suid-Afrikaner en niemand gooi my met
> iets nie.
Ek dink daar is nog steeds baie vooroordeel teenoor wit
Suid-Afrikaners. Hulle moet oor die algemeen hulle "plek" ken, en
agter alles word "rassisme" gesoek, of bewyse van 'n te gemakkelike
lewe (dws baie bediendes). Regtig, ek moes al partykeer daaroor lag!
Miskien is dit minder op ander plekke as hier. Baie Nieu-Zeelanders is
veral trots op die rol wat hulle oortuig is dat hulle gespeel het in
die afskaffing van apartheid.
Maar een ding is seker: As dit by KRIEKET kom, dan wil almal dat
Hansie se manne beter daarvan afkom as die Australiërs. Die antipatie
teenoor Australiërs is nog sterker as die agterdog vir wit
Suid-Afrikaners!
Pofadder.
|
|
|
Re: Afrika is nie bedoel vir wittes nie ... [boodskap #12835 is 'n antwoord op boodskap #12772] |
Mon, 23 February 1998 00:00   |
ferdinand
Boodskappe: 1462 Geregistreer: September 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Mon, 23 Feb 1998 00:15:36 GMT, "Nico" wrote:
.
wat so gereeld op die lappe kom!?! Of geniet jy dit om jou kar elke keer[/color]
> te sluit as jy 'n winkel instap. En om hoe versekeringspremies te betaal?>>
Wat ek wel geniet is internasionale sport, goeie BBC-programme op TV,
n handves van menseregte, vryheid van spraak, dat ek Hunter Thompson
se Fear and Loathing in Las Vegas en al Henry Miller se boeke in die
CNA kan gaan koop.
Dat ek met n kommunis openlik kan sit en redeneer oor die voor en
nadele van sosialisme en kapitalisme.
Dat ek oorsee kan se ek is n Suid-Afrikaner en niemand gooi my met
iets nie.
Dat my nefies en niggies twee jaar werkpermitte kan kry vir Brittanje
en terugkom met n baie bree"r visie oor die wereld as van te vore.
Dat ek vriende kan maak met swartmense sonder dat daar "dinge" tussen
ons is.
Dat ek en my bruin vriend in enige restaurant kan gaan sit en eet en
twak gesels. Anders as in die verlede toe hy bv. oorsee vertrek het en
ons gou gaan koffie drink het en n vrees vir doodsverleentheid my
beetgepak het toe ons die koffiewinkel instap omdat ek vergeet het om
vooraf vas te stel of die ou van die winkel n "blind eye" sal gooi oor
die feit dat my vriend nie wit is nie.
Dat my vriend se dogter nou by Potch wil gaan studeer!!!
Dat my bruin UDF/ANC-vriend soms op passievolle wyse Afrikaans
verdedig!!
Dat ek nie meer wanneer ek n winkelsentrum instap, die hele tyd wonder
of n bom gaan ontplof nie.
Dat daar nie meer opmarse deur die stad is waar mense in seerkry en
dinge beskadig word nie.
Dat ek nie meer onder die tafel deur gefluister dinge hoor van
polisiemanne wat mense gaan doodskiet en wegkom daarmee nie. Soos
David Webster n paar strate onder my.
Dat ek soms sien hoe die swart bevolking hulle ten volle agter die
(wit) polisiemanne skaar in optrede teen misdaad.
Dat mens nie meer lees van mense wat op seep gly en doodgaan nie.
Dat ons nou enigiets wat ons wil met enigiemand op enige plek kan
bespreek.
Dat ons die regering kan kritiseer dat ons blou word sonder dat die
veiligheidspolisie ons besoek.
Dat PW nie meer sy simpel vinger in my gesig waai nie.
Dat jong seuns nie meer diensplig hoef te gaan doen nie. En opgefok
terugkom nie.
Dat ons nie meer al die meevallers wat ons ekonomie kry in die
ontwikkeling van wapens druk nie. Soos in 1981 toe jy $1,20 vir elke
Rand gekry het en ons een van die wereld se ryk lande was maar ons al
die geld in Angola uitgeskiet het in plaas van onderwys op te hef of
infrastrukture op te bou.
En dat ons nie meer ons buurstate aanval en hul infrastruktuur
vernietig nie sodat hulle mense later oor die grens kom om kos en geld
by ons te kom soek op enige manier nie.
Dat ek selfs begin sokker kyk het as ons Bafana speel.
Dat die "mixed couple" oorkant die straat nie meer in Londen moet
skuil nie maar nou openlik hulle positiewe en aangename
teenwoordigheid op die straat kan laat geld.
Dat my kinders in hulle skool totaal onbewus is van kleur en die
kinders om hulle eenvoudig op "merite" oordeel. En ook so beoordeel
word.
Die misdaad is sleg, ja. Maar ek reken dit is waarskynlik onafwendbaar
in die oorgangstyd waarin ons is.
Dit sal beter word. Dan het ons nog al die ander dinge he^ wat ek vir
die eerste keer in my lewe ervaar.
Misdaad het waar ek bly by the way in die jare tagtig al begin
toeneem. My hoe" premies kom al van daardie tyd af.
Wanadministrasie? Probeer jy se daar was nie wanadministrasie 5, 10,
15, en 20 jaar gelede nie??!!!!
Deesdae kom dit baie meer uit. In die verlede was dit baie toegesmeer.
Gaan vra maar vir publikasies wat oor "olie skandale" probeer skryf
het in die jare 80. En daar was klaarblyklik baie om te skryf...
En gaan vergelyk dit met die gemak waarmee die Mail & Guardian deesdae
daaroor skryf.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Afrika is nie bedoel vir wittes nie ... [boodskap #12901 is 'n antwoord op boodskap #12772] |
Wed, 25 February 1998 00:00  |
Nico
Boodskappe: 259 Geregistreer: February 1998
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Sies, Gloudina, lieg jy nou sommer hier so openlik! As jy 'n halfeeu in SA
deurgebring het, plus jou dertig jaar in Kanada, is jy nou iewers in jou
tagtigs!
Jy het al vir dertig jaar, volgens jou, nie skuim nie.
Jy is ook duidelik uit voeling met die oorgrote meerderheid Afrikaners.
Daar is maar min Afrikaners wat so by die swartes wil opkruip. My goeie
naam is nie afhanklik van huigelaars soos jy se standpunte nie.
Jy kritiseer ander van onchristelike arrogante skrywe, en dan noem jy hulle
skuim!?! Sies, Gloudina, skaam jou! Of is jy te dom om te weet wat jy
skryf?
--
Nico
("Relax! ... my ou .... !" - Wie het dit gesê?)
| Ek kan jou verseker dat die oorgrote
| meerderheid van Afrikaners binne en
| buite Suid-Afrika hulle koppe in skaamte
| laat sak vir hierdie agteraf onchristelike
| arrogante geklets. Dis omdat ons hierdie
| soort skuim in Suid-Afrika vir byna 'n
| halfeeu gehad het, dat die goeie naam
| van die Afrikaner beswadder is.
| >
|
|
|
|
|
Re: Afrika is nie bedoel vir wittes nie ... [boodskap #12902 is 'n antwoord op boodskap #12772] |
Wed, 25 February 1998 00:00  |
ferdinand
Boodskappe: 1462 Geregistreer: September 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Mon, 23 Feb 1998 20:22:19 GMT, dol...@waveland.org (Dolfin) wrote:
is ons reeds baie ver soos die res van Afrika. Die regering steek[/color]
> niet hulle stink rekord weg.>>
Maar jy is te slim vir hulle, ne?
>[/color]
Daar is nie so n plek soos Azania nie en ek glo jou as jy se dit stink
waar jy is.
Oorlog. Wag vir die volgende beplande verkiesing. Let wel, ek se die[/color]
> BEPLANDE verkiesing.>>
Fokkit, he?
|
|
|
Re: Afrika is nie bedoel vir wittes nie ... [boodskap #12903 is 'n antwoord op boodskap #12772] |
Wed, 25 February 1998 00:00  |
Nico
Boodskappe: 259 Geregistreer: February 1998
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Smart Ferdi!!
Jy praat net waar!
Ek erken ruiterlik egter dat die voordele wat jy noem nie baie swaar opweeg
teen die veiligheid en toekoms van my twee wit seuns nie. En my eie
sielerus nie.
Baie van wat jy noem is meetbaar, maar die voortdurende stress waaronder 'n
mens koerant lees en TV kyk, elke dag leef, word nie so maklik gemeet nie,
hoewel dit 'n groot negatiewe faktor in ons samelewing vandag is.
--
Nico
(Bedagsaamheid sal help om besprekings hier vars te hou)
Ferdi wrote in article
...
| On Mon, 23 Feb 1998 00:15:36 GMT, "Nico" wrote:
|
| .
| wat so gereeld op die lappe kom!?! Of geniet jy dit om jou kar elke
keer
| >te sluit as jy 'n winkel instap. En om hoe versekeringspremies te
betaal?>>
|
| Wat ek wel geniet is internasionale sport, goeie BBC-programme op TV,
| n handves van menseregte, vryheid van spraak, dat ek Hunter Thompson
| se Fear and Loathing in Las Vegas en al Henry Miller se boeke in die
| CNA kan gaan koop.
| Dat ek met n kommunis openlik kan sit en redeneer oor die voor en
| nadele van sosialisme en kapitalisme.
| Dat ek oorsee kan se ek is n Suid-Afrikaner en niemand gooi my met
| iets nie.
| Dat my nefies en niggies twee jaar werkpermitte kan kry vir Brittanje
| en terugkom met n baie bree"r visie oor die wereld as van te vore.
| Dat ek vriende kan maak met swartmense sonder dat daar "dinge" tussen
| ons is.
| Dat ek en my bruin vriend in enige restaurant kan gaan sit en eet en
| twak gesels. Anders as in die verlede toe hy bv. oorsee vertrek het en
| ons gou gaan koffie drink het en n vrees vir doodsverleentheid my
| beetgepak het toe ons die koffiewinkel instap omdat ek vergeet het om
| vooraf vas te stel of die ou van die winkel n "blind eye" sal gooi oor
| die feit dat my vriend nie wit is nie.
| Dat my vriend se dogter nou by Potch wil gaan studeer!!!
| Dat my bruin UDF/ANC-vriend soms op passievolle wyse Afrikaans
| verdedig!!
| Dat ek nie meer wanneer ek n winkelsentrum instap, die hele tyd wonder
| of n bom gaan ontplof nie.
| Dat daar nie meer opmarse deur die stad is waar mense in seerkry en
| dinge beskadig word nie.
| Dat ek nie meer onder die tafel deur gefluister dinge hoor van
| polisiemanne wat mense gaan doodskiet en wegkom daarmee nie. Soos
| David Webster n paar strate onder my.
| Dat ek soms sien hoe die swart bevolking hulle ten volle agter die
| (wit) polisiemanne skaar in optrede teen misdaad.
| Dat mens nie meer lees van mense wat op seep gly en doodgaan nie.
| Dat ons nou enigiets wat ons wil met enigiemand op enige plek kan
| bespreek.
| Dat ons die regering kan kritiseer dat ons blou word sonder dat die
| veiligheidspolisie ons besoek.
| Dat PW nie meer sy simpel vinger in my gesig waai nie.
| Dat jong seuns nie meer diensplig hoef te gaan doen nie. En opgefok
| terugkom nie.
| Dat ons nie meer al die meevallers wat ons ekonomie kry in die
| ontwikkeling van wapens druk nie. Soos in 1981 toe jy $1,20 vir elke
| Rand gekry het en ons een van die wereld se ryk lande was maar ons al
| die geld in Angola uitgeskiet het in plaas van onderwys op te hef of
| infrastrukture op te bou.
| En dat ons nie meer ons buurstate aanval en hul infrastruktuur
| vernietig nie sodat hulle mense later oor die grens kom om kos en geld
| by ons te kom soek op enige manier nie.
| Dat ek selfs begin sokker kyk het as ons Bafana speel.
| Dat die "mixed couple" oorkant die straat nie meer in Londen moet
| skuil nie maar nou openlik hulle positiewe en aangename
| teenwoordigheid op die straat kan laat geld.
| Dat my kinders in hulle skool totaal onbewus is van kleur en die
| kinders om hulle eenvoudig op "merite" oordeel. En ook so beoordeel
| word.
|
| Die misdaad is sleg, ja. Maar ek reken dit is waarskynlik onafwendbaar
| in die oorgangstyd waarin ons is.
|
| Dit sal beter word. Dan het ons nog al die ander dinge he^ wat ek vir
| die eerste keer in my lewe ervaar.
|
| Misdaad het waar ek bly by the way in die jare tagtig al begin
| toeneem. My hoe" premies kom al van daardie tyd af.
|
| Wanadministrasie? Probeer jy se daar was nie wanadministrasie 5, 10,
| 15, en 20 jaar gelede nie??!!!!
|
| Deesdae kom dit baie meer uit. In die verlede was dit baie toegesmeer.
| Gaan vra maar vir publikasies wat oor "olie skandale" probeer skryf
| het in die jare 80. En daar was klaarblyklik baie om te skryf...
|
| En gaan vergelyk dit met die gemak waarmee die Mail & Guardian deesdae
| daaroor skryf.
|
|
|
|
|
Re: Afrika is nie bedoel vir wittes nie ... [boodskap #12904 is 'n antwoord op boodskap #12772] |
Wed, 25 February 1998 00:00  |
ferdinand
Boodskappe: 1462 Geregistreer: September 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Mon, 23 Feb 1998 10:06:08 GMT, "F. Stef Roux"
wrote:
[/color]
> toe. (Wat mens dalk kan koppel aan 'n agteruitgang in morele
> standaarde). >>
Moontlik deel daarvan. Eerder van die anargie wat gepaard gaan met
traumatiese verskuiwings in die samelewing ens.
Maar die interresante vraag wat ook hierop n invloed kan he, is die
aanmelding van verkragtings.
Daar word gevra of daar nie eenvoudig ook meer verkragtings is wat
deel van die amptelike statistiek as in die verlede word nie.
Veral ook gesien in die lig van n nogal intense veldtog deur
vroue-bewegings rondom verkragtings die afgelope jaar of twee.
N.B. Ek probeer nie se dit is nie werklik meer nie. Ek glo dit is heel
waarskynlik werklik meer, maar die syfer kan dalk effens opgeblaas
wees deur ander dinge.
|
|
|
|
Re: Afrika is nie bedoel vir wittes nie ... [boodskap #12906 is 'n antwoord op boodskap #12772] |
Wed, 25 February 1998 00:00  |
ferdinand
Boodskappe: 1462 Geregistreer: September 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Wed, 25 Feb 1998 01:24:43 +0200, Lou wrote:
Dat daar nie meer opmarse deur die stad is waar mense in seerkry
en
>> dinge beskadig word nie.
>
> Oeps! Sorrie Ferdi maar kon nie die een laat gaan nie. :) >>>
Ou Lou,
Ek het destyds n paar gesien en die reelmaat daarvan gesien in
ander tye.
Hierdie een is n arbeids-optrede wat nogal mak is in
vergelyking met wat die Franse byvoorbeeld so elke nou en dan doen.
Die vorige bedeling s'n het ander platvorms gehad, ander
dinamieke wat ek bly is nie meer deel van ons werklikheid uitmaak nie.
Hierdie een laat my nie met die vraag of ons nog oor ses
maande lewend hier gaan wees nie, die ander het.
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Fri Mar 07 16:04:53 UTC 2025
|