Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Skyn die son vandag by julle?
Skyn die son vandag by julle? [boodskap #12707] |
Thu, 19 February 1998 00:00  |
ing...
Boodskappe: 16 Geregistreer: October 1996
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Ek woon al jare lank (te lank?) in Nieuw-Seeland, en ons het nou
uiteindelik n regte somer hier in Auckland.
Vandag was daar n groot probleem met die elektrisiteit (byv geen
verkeerligte nie) . Die rede is glo dat daar soveel gebrui k gemaak
word van lugreeling.
n Nuwe attraksie is die Sky Tower, wat spesiaal gebou is om mense,
veral toeriste, n 360' uitsig oor die stad en omgewing te gee. Dis
mooi, want daar is baie water (vol seiltjies en skepe) wat so oral
rondom die stukkies land spoel.
Toeriste moet niet oppas, want hulle kan hier net so besteel word as
elders, en dis nie jokstories nie!
|
|
|
|
Re: Skyn die son vandag by julle? [boodskap #12748 is 'n antwoord op boodskap #12707] |
Sat, 21 February 1998 00:00  |
JP
Boodskappe: 40 Geregistreer: August 1997
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
My vrienden se broer bly in New Z en hy is oortuig daarvan dat nie weer
terug sal kom SA toe nie. Ek neem hom nie kwalik nie. As jy nuus lees of
luister is dit slegs slegte nuus en geen goeie nuus nie.
Groete uit SA
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sun Mar 09 07:45:03 UTC 2025
|