Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » aal
aal [boodskap #130574] So., 29 Maart 2020 19:08
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24212
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Aal.
'n Aal.
aal
Afbreking: aal


Selfstandige naamwoord: aal
Meervoud: ale
Verkleinwoord: aaltjie
Meervoud van verkleining: aaltjies

Betekenis:
• 'n Paling, veral jonger indiwidue van die spesie Anguilla anguilla.

Gebruik:
• 'n Aal kan elektriese skokke aan sy vyand toedien wat 'n mens katswink kan slaan of selfs kan doodskok.

Spreekwoord:
Aal is nog geen paling nie. [Die mindere is nie gelyk aan die meerdere nie.]
• Hy probeer 'n aal aan sy stert vang. [Hy probeer die onmoontlike doen.]

Sinoniem:
• paling

Afgelei:
• aalagtig
• aalfuik
• aalpastei
• aalskêr
• aalskolwer
• aalsop
• aalstreep
• aalvel
• aalverkoper
• aalvissery
• aalvormig
• aalwurm

Vertaling:
Engels: eel
Nederlands: aal

'n Bierglas met aal.
'n Bierglas met aal.

Selfstandige naamwoord: aal
Meervoud: ale

Betekenis:
• 'n Ligte soort bier.

Gebruik:
Ale is gebrou voordat brouers oor die nodige instrumentasie beskik het om die proses fyn te beheer; gevolglik was daar verskeie effekte op die finale produk, soos 'n donker kleur en vrugtesmake.

Afgelei:
• aalpomp

Vertaling:
Engels: ale
Nederlands: aal

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: paling
Volgende onderwerp: sierplant
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa. Des. 27 04:47:31 UTC 2025