| patryspoort [boodskap #129912] |
Vr., 21 Februarie 2020 16:41 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24154 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Die uitsig vanuit 'n patryspoort.
patryspoort
Afbreking: pa•trys•poort
Samestelling: patrys + poort
Selfstandige naamwoord: patryspoort
Meervoud: patryspoorte
Verkleinwoord: patryspoortjie
Meervoud van verkleining: patryspoortjies
Betekenis:
• 'n Kleinerige ronde venster op 'n boot. Die venster waardeur 'n mens by 'n kajuit uitkyk.
Gebruik:
• Die soldaat leun by die patryspoort uit om vir oulaas vir sy geliefde te waai.
Vertaling:
Engels: porthole
Nederlands: patrijspoort
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|