| menasie [boodskap #129901] |
Do., 20 Februarie 2020 20:07 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24146 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
menasie
Afbreking: me•na•sie
Selfstandige naamwoord: menasie
Meervoud: menasies
Verkleinwoord: menasietjie
Meervoud van verkleining: menasietjies
Betekenis:
• Die eet- en drinkplek vir soldate, polisie, ens.
Gebruik:
• Die soldate wonder wat die menasie se kokke vir aandete opgekap het.
Sinoniem:
• eetsaal
• soldate-eetplek
Hiponiem:
• leërmenasie
• offisiersmenasie
• soldatemenasie
• vlootmenasie
Afgelei:
• menasiekos
Vertaling:
Engels: mess hall
Nederlands: eetzaal
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|