| kramery [boodskap #129601] |
So., 02 Februarie 2020 16:33 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24182 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kramery
Afbreking: kra•me•ry
Selfstandige naamwoord: kramery
Meervoud: kramerye
Verkleinwoord: kramerytjie
Meervoud van verkleining: kramerytjies
Betekenis:
• Die proses van kraam.
• Huishoudelike artikels en snuistery.
Gebruik:
• Die kat se ontydige kramery het almal onkant betrap.
• Die kramer (smous) het sy kramery van plaas tot plaas rondgepiekel en te koop aangebied.
Sinoniem:
• smousgoed
• kramersware
Vertaling:
Engels: haberdashery
Nederlands: kramerij
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|