Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » geselskap
geselskap [boodskap #129575] Sa., 01 Februarie 2020 12:31
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24230
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
geselskap
Afbreking: ge•sel•skap


Selfstandige naamwoord: geselskap
Meervoud: geselskappe
Verkleinwoord: geselskappie
Meervoud van verkleining: geselskappies

Betekenis:
• Samesyn van mense waarmee mens kan gesels.
• 'n Groep mense wat iets gemeen het, soos 'n aantal toneelspelers.

Gebruik:
• Hy sit oopmond en luister na die grootmense se geselskap.
• Die presedent en sy geselskap besoek die hospitaal.

Spreekwoord:
• Goeie geselskap maak kort myle. [Aangename maats maak 'n lang pad kort.]
• Hy kook aasvoël in die geselskap. [Hy maak onwelvoeglike aanmerkings.]

Afgelei:
• dansgeselskap
• mansgeselskap
• sanggeselskap

Vertaling:
Engels: conversation; company, society
Nederlands: gezelschap

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: fonogram
Volgende onderwerp: graan
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So. Des. 28 11:40:59 UTC 2025