Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » stam
stam [boodskap #129154] Vr., 10 Januarie 2020 19:15
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24235
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Die stam van 'n boom.
Die stam van 'n boom.
stam
Afbreking: stam


Selfstandige naamwoord: stam
Meervoud: stamme
Verkleinwoord: stammetjie
Meervoud van verkleining: stammetjies

Betekenis:
• (plantkunde) Die regop houtagtige deel van plante waaruit die takke groei.
• (sosiologie) 'n Groep mense met dieselfde stamvader.
• (taalkunde) 'n Onverbuigde grondvorm van 'n woord.

Gebruik:
• Die boom het 'n dik stam.
• Die stamme van Israel was die nageslag van die twaalf seuns van Jakob.
• Die stam van die woord "tafeltjie" is "tafel".

Hiponiem:
• bantoestam
• boomstam
• woordstam

Afgelei:
• stamboom
• stamgeveg
• stamhoof
• stamlid
• stammoeder
• stamnaam
• stamouers
• stamvader
• stamverwant

Vertaling:
Engels: trunk, stem; tribe, clan, race; stem
Nederlands: stam


Werkwoord: stam
Verlede tyd: het gestam

Betekenis:
• Om afkomstig te wees.

Gebruik:
• Hy stam van 'n adellike Nederlandse familie.

Afgelei:
• afstam

Vertaling:
Engels: to descend
Nederlands: stammen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: stalletjie
Volgende onderwerp: stamboom
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma. Des. 29 10:30:40 UTC 2025