Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Wat van die besitregte van die Khoi en die San?
Wat van die besitregte van die Khoi en die San? [boodskap #11845] |
Sat, 13 December 1997 00:00  |
G.B.
Boodskappe: 2172 Geregistreer: May 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Uit "Globe and Mail" Desember 12, 1997:
Top court rules that oral history gives bands
constitutional claim in absence of treaties.
Native people have a constitutional right to own their
ancestral lands and use them almost entirely as they
wish, the Supreme Court of Canada ruled yesterday.
The decision applies to natives who have not signed
away their lands in treaties and so is especially explosive
in parts of Atlantic Canada and most of British Columbia.
By ruling that aboriginal title to land has never been
extinguished, the Supreme Court casts a thick cloud of
uncertainty over the future of British Columbia's logging
and mining industries.
So, wat van die besitregte van die Khoi en veral
die San, wat "bewyse" van hulle okkupasie oor groot dele
van Suid-Afrika gelaat het in die vorm van rotsskilderye.
Ek kan onthou dat ek een grote in 'n grot gesien het in 'n
vallei van die Drakensberg nie meer as 'n paar honderd
myl van Durban af nie.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
Re: Wat van die besitregte van die Khoi en die San? [boodskap #11869 is 'n antwoord op boodskap #11845] |
Tue, 16 December 1997 00:00   |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Key Bored heeft geschreven in bericht ...
> Henri-John Kock wrote:
>> Wat ek wel weet is dat die Khoi en die San nie net deur
>> blankes verdryf is nie.
>
> Kru veralgemening. Die Khoi is mees definitief deur blankse verdryf
> en uitgeroei - lees jou geskiedenis. Miskien is die San onder andere
> deur die Khoi van spesifieke stukke grond verdryf - maar die 1913
> afkappingsreel maak dit irrelevant want slegs onteienings/uitsettings
> na hierdie datum kan die grondslag van 'n saak vorm.
Ja Andries. Lees jou geskiedenis. En nie net die geskiedenis na 'n sekere
datum nie. Khoi en San is oor honderde jare verdryf uit die Oostelike streke
van Afrika deur "Bantu speaking peoples". Dit is waar die rotstekeninge
vandaan kom wat Gloudina in die Drakensberg gesien het - en die grafte van
hierdie mense tot reg Noord in Ethiopië.
Maar hulle is nie net verdryf nie. In die gevalle van stamme met eksogamiese
gebruike (wat jou verbied om met iemand van jou eie stam te trou) het hulle
soms die mans doodgemaak of verdryf en met die vroue getrou. Dit is waar die
klik-klanke van die Nguni-tale vandaan kom - en waarom daar meer klik-klanke
is, hoe verder mens Suid gaan. Die gelaatstrekke van die Khoi-San is ook
duidelik onder die "Bantu speaking peoples" soos mens Suid gaan na die Xhosa
(eksogamie) en Wes gaan onder die Tswana (wat slawerny beoefen het). Mandela
se gelaatstrekke is 'n duidelike voorbeeld.
>
> Wat die Xhosa en andere aan die Khoi gedoen het is hier totaal
> irrelevant. Ons praat hier van onteienings waarvoor die huidige
> regering verantwoordelikheid kan neem, en die dade van hul voorvaders
> waarvoor "blankes" verantwoordelik kand voel.
Nee. Ons praat na aanleiding van 'n opmerking wat Gloudina gemaak het
aangaande rotstekeninge wat sy in die Drakensberg gesien het. Sy spekuleer
dat dit 'n bewys van besitreg is. Die grondherstelmaatreëls onder die 1994
Grondwet maak nie voorsiening vir eise wat spruit uit onteiening voor 1913
nie. Ek sien egter nie dat dit sulke eise ongeldig maak - in terme van,
byvoorbeeld, sommige internasionale instrumente van menseregte nie.
> As die Hurikama
> Cultural Movement (Khoi) bv nou 'n saak teen die Xhosa wil maak is
> dit hulle goeie voorreg. Maar as iemand met my wil praat oor die
> blanke diefstal van die grond - wat veel groter, veel meer
> sistematies, en veel meer regverdig was - help dit nie my om nou
> vinger na ander te wys en soos 'n stoute klein seuntjie te se nee maar
> hy het dit ook gedoen nie. Neem verantwoordelikhede vir dit waaraan
> jy jou eie voorregte te danke het.
>
Goed, Andries. Kom ons neem verantwoordelikheid:
Wat was die totale grondoppervlak in swart ("swart" in sy generiese
betekenis) besit op die volgende datums: 1820, 1850, 1880, 1913, 1936, 1960,
1994?
Op watter datum was daardie oppervlak die kleinste? En wat was die tendense
voor en na daardie datum?
M.a.w kom ons bepaal die datum waarop "herstel van grondregte" werklik begin
het.
Groete, Leendert
|
|
|
Re: Wat van die besitregte van die Khoi en die San? [boodskap #11882 is 'n antwoord op boodskap #11845] |
Fri, 19 December 1997 00:00  |
Key Bored
Boodskappe: 84 Geregistreer: September 1997
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
"Leendert van Oostrum" wrote:
> Ja Andries. Lees jou geskiedenis. En nie net die geskiedenis na 'n sekere
> datum nie. Khoi en San is oor honderde jare verdryf uit die Oostelike streke
> van Afrika deur "Bantu speaking peoples".) Mandela
> se gelaatstrekke is 'n duidelike voorbeeld.
En? Ek sien nog steeds nie die relevansie hiervan nie...
>>
>> Wat die Xhosa en andere aan die Khoi gedoen het is hier totaal
>> irrelevant. Ons praat hier van onteienings waarvoor die huidige
>> regering verantwoordelikheid kan neem, en die dade van hul voorvaders
>> waarvoor "blankes" verantwoordelik kand voel.
> Nee. Ons praat na aanleiding van 'n opmerking wat Gloudina gemaak het
> aangaande rotstekeninge wat sy in die Drakensberg gesien het.
-en daardie opmerking was weer in die konteks van 'n breer argument
oor die herstel van grondregte. My punt is bloot dat wat die Khoi aan
die San gedoen het (of die Xhosa aan die Khoi) kan nie gebruik word om
nou die morele verantwoordelikheid vir Apartheidsonteienings vry te
spring nie.
> Sy spekuleer
> dat dit 'n bewys van besitreg is.
Hmmm... Nie op sigself nie. En nie van "besit" reg nie, nie in
terme van die definisie van "regte op grond" wat tans deur die
grondeisehof dien nie - die hof se definisie gaan veel breer as
eiendom en besit. Indien verdere getuienis aangevoer kan word, sal
mens natuurlik van 'n hele reeks ander soorte grondregte (op jag, op
bewoning, op water, edm) kan praat
> Die grondherstelmaatreëls onder die 1994
> Grondwet maak nie voorsiening vir eise wat spruit uit onteiening voor 1913
> nie.
Net om puntenerig te wees 8-) - Die reg tot die herstel van grondregte
spruit op die oomblik uit die 1996 Grondwet. Die 1913 afkapping is
natuurlik baie problematies, en is op die ANC en ander swart partye
deur die NP en die DP afgedwing.
> Ek sien egter nie dat dit sulke eise ongeldig maak - in terme van,
> byvoorbeeld, sommige internasionale instrumente van menseregte nie.
Maar natuurlik nie.
Maar die enigste mense wat ek hoor praat oor die San se reg om 'n
grondeis teen die Khoi te maak is blanke Suid-Afrikaners wat objeksie
maak teen die huidige grondeiseproses, waar hulle verantwoordelik
gehou word vir die histories prosesse waaruit hulle voordeel getrek
het.
>> As die Hurikama
>> Cultural Movement (Khoi) bv nou 'n saak teen die Xhosa wil maak is
>> dit hulle goeie voorreg. Maar as iemand met my wil praat oor die
>> blanke diefstal van die grond - wat veel groter, veel meer
>> sistematies, en veel meer regverdig was - help dit nie my om nou
>> vinger na ander te wys en soos 'n stoute klein seuntjie te se nee maar
>> hy het dit ook gedoen nie. Neem verantwoordelikhede vir dit waaraan
>> jy jou eie voorregte te danke het.
>>
> Goed, Andries. Kom ons neem verantwoordelikheid:
> Wat was die totale grondoppervlak in swart ("swart" in sy generiese
> betekenis) besit op die volgende datums: 1820, 1850, 1880, 1913, 1936, 1960,
> 1994?
Hmmm... ek is nie seker of ek jou vraag verstaan nie; ek sou se dat
die grootste grondoppervlak onder swart besit sou so skuins voor 1652
wees... Blanke besetting en _politieke_ beheer van die gebied wat
tans as SA bekend staan was eers teen the einde van die 19de eeu
voltooi, en selfs toe was daardie eiendom in groot dele van die land
bloot teoreties, met blanke setlaars wat as titelhoures geregistreer
word van grond waarop swart groepe ook besitreg gehad het. (Vgl
Jeremy Krikler se beskrywing van die tengerige aard van blanke
grondbeheer teen die begin van die eeu in _Revolution from Above,
Rebellion from Below_).
> M.a.w kom ons bepaal die datum waarop "herstel van grondregte" werklik begin
> het.
Humm... die huidige program vir die herstel van grondregte het begin
op 1 Mei 1995, en eise kan ingedien word by enige kantoor van die
Kommissie op die Herstel van Grondregte tot en met 31 Desember 1998.
Nie seker wat daar is om te bepaal nie .
Andries
> Groete, Leendert
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sun Mar 09 22:30:55 UTC 2025
|