Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » First nations
First nations [boodskap #11831] Fri, 12 December 1997 00:00 na volgende boodskap
Key Bored  is tans af-lyn  Key Bored
Boodskappe: 84
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Volle Lid
"Leendert van Oostrum" wrote:

> Gloudina kweel oor die Korannas en die Basters in die omgewing van Kakamas,
> waar daar vandag wittes woon. Kom ons kyk bietjie na syfers verskaf deur die
> provinsiale regering van Ontario:

> 1 400 jaar gelede was daar in die gebied van die huidige Ontario
> sestigduisend mense van die groepe wat nou as "first peoples" bekend staan.
> Vandag is daar 167 000. In 400 jaar het hierdie bevolking dus nie eens
> verdriedubbel nie.

> 2 Die "imigrante" -bevolking wat Ontario in die afgelope 400 jaar beset
> het, tel egter 11 miljoen. Een van hulle is Gloudina.

Miskien is ek dom, - duh - maar wat is die relevansie hiervan?
Hierdie soort vergelykings klink so na die two wrongs make a right
tipe storie. Ek is seker Gloudina sal die regte van Kanada se first
nations net soos die van SA s'n verdedig.

> Ek sou, om die waarheid te sê, kon aflei dat die bevolkings van "first
> peoples" in SA nogal gefloreer het, as jy hulle met die "first peoples" van
> Ontario vergelyk.

Wel, al wat jy se is dat die proses van kolonialisme veel meer
radikaal en genocidal was in die Amerikas as in SA. Dit is natuurlik
'n welbekende feit in die vergelykende studie van kolonialisme. Daar
is die oorspronklike inwoners van albei lande bykans uitgeroei. Hier
was die oorspronklike inwoners baie genoeg en sterk genoeg om die
inkommers 'n run for their money te gee - en uiteindelik in 1994
politieke mag binne die postkoloniale staat te wen. Hier het daardie
oorwinning gelei na 'n regeringsprogram in terme waarvan grond
teruggegee kan word. Mooiso, se ek. Daar is die herstel van
grondregte ongelukkig 'n baie meer marginale, uitgerekte en wanhopige
proses.

> Maar laat mens kots as die groot vark die vinger na die kleintjie wys en
> skel: "Vark!".

Hmmm... Miskien sal 'n bietjie medikasie help. Daai maagsure is hel
op die sleutelbord.

Maar ek stem nie saam met jou poging om te insinueer dat Gloudina nie
die reg het om vrae oor die regverdigheid en moraliteit van
kolonialisme/blanke besetting te stel nie. Val haar argumente aan!

Andries
Re: First nations [boodskap #11841 is 'n antwoord op boodskap #11831] Sat, 13 December 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2172
Geregistreer: May 1997
Karma: 0
Senior Lid
Hjalmar...@UAlberta.CA (Hjalmar Gerber) writes:

> . . .en aan wie gaan die grond "teruggegee" word ? Gaan die nuwe
> grondeienaars dit produktief inspan ? Wat word van die vorige
> grondeienaars ? Hoe kwalifiseer 'n mens as 'n grondeienaar ?

Gelukkig hoef jy jou nou nie meer te bekommer
oor hoe hulle dit in SA gaan doen nie. Bekommer
jou maar oor hoe hulle dit in Kanada gaan doen,
veral in die lig van hofuitsprake in die laaste
week.

Gloudina
Re: First nations [boodskap #11853 is 'n antwoord op boodskap #11831] Mon, 15 December 1997 00:00 Na vorige boodskap
Key Bored  is tans af-lyn  Key Bored
Boodskappe: 84
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Volle Lid
Hjalmar...@UAlberta.CA (Hjalmar Gerber) wrote:

>> . . .'n regeringsprogram in terme waarvan grond
>> teruggegee kan word. Mooiso, se ek.
>
> . . .dus, hoeveel "wrongs make a right" ? . . .drie ? . . . vier ?
> Hoeveel ? Waar gaan die proses ophou ?

Jou reaksie wys presies wat verkeerd is daarmee om kommentaar te lewer
oor 'n situasie waaroor jy niks weet nie. As jy die Departement
Grondsake se beleid op die herstel van grondregte lees (die witskrif
is beskikbaar op die internet) sal jy sien die beleid is presies om
verdere "wrongs" te ontwyk. In stede daarvan dat die regering bloot
deur magsoorwig grond wegvat en teruggee, is die beleid dat mense
aangemoedig word om eise te maak, en dat alle geaffekteerde partye,
huidige eienaars insluitend, dan bymekaar kan kom om 'n oplossing wat
vir almal aanvaarbaar is, uit te timmer. Wanneer (en as) 'n
"win-win" oplossing gevind is, sal die grondeise hof dit bekragtig.
Ingevolge die wet KAN die hof nie 'n onregverdige oplossing bekragtig
nie. En die regters van die hof is nie 'n spul ANC boeties nie: hulle
sluit in mense soos Regter Gildenhuys, Regter Dodson en Regter Moloto,
nie een waarvan baie vriendelik met die ANC is nie.

> . . .en aan wie gaan die grond "teruggegee" word ?

Aan enigiemand wat kan bewys dat hulle
(1) 'n reg op grond gehad het wat
(2) hulle ontneem is
(3) weens rassistiese praktyke of wetgewings
(4) sonder regverdige kompensasie

Hulle sal al 4 moet BEWYS.

Gaan die nuwe
> grondeienaars dit produktief inspan ?

Gaan jy jou grond produktief inspan? Of jou motor? As die Kanadese
regering besluit dat daar beter dinge is om met jou rekenaar te doen
as om op SCSAA te sit en liefdesbriefies uitruil met my en Gloudina,
mag hulle dit by jou afvat? Nee natuurlik nie. As iets joune is is
dit joune. Wat jy daarmee maak is jou saak.

> Wat word van die vorige
> grondeienaars ?

Bedoel jy die wat die afgeneemde grond nou besit? Hulle moet
regverdige vergoeding kryy

> Hoe kwalifiseer 'n mens as 'n grondeienaar ?

Nie seker wat jou vraag beteken nie. Jy moet bloot kan bewys dat jy
regte op grond gehad hhet. Eienaarskap is natuurlik net een so 'n reg.
Dink maar aan huur-regte, serwitute, minerale regte, edm edm

> . Ja, in 2097 sal alles wat verkeerd is nog steeds
> aan apartheid of kolonialisme te wyte wees.

Och, seker tog nie. Seer sekerlik sal daar baie nuwe dinge ook bykom
by wat verkeerd is... Maar as 'n probleem wel in ons onregverdie
verlede gewortel is, laat ons dit erken.

Talking of which: Ek let op dat jy helemaal my oorspronklike punte oor
instromingsbeheer ignoreer.
Vorige onderwerp: 'n Legende
Volgende onderwerp: So word die boere uitgewis
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wed Jan 22 19:28:58 UTC 2025