Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Kameras - nog truuks
Kameras - nog truuks [boodskap #22413 is 'n antwoord op boodskap #22414] |
Mon, 12 April 1999 00:00  |
Oom Hans
Boodskappe: 83 Geregistreer: January 1999
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Wanneer 'n spreker afgeneem moet word :
Gebruik altyd 'n elektroniese flits. Dit vries beweging.
As hy jou opponent is:
^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^
Alle fotos hier MOET nabyfotos wees.
Alle gesigte het 'n goeie kant en 'n minder goeie kant. Posisioneer jouself
aan sy swak kant.
Hurk op die vloer - neem hom af vanuit 'n hoek laer as sy kop. Sy neusgate
vertoon dan mooi groot en swart.
Wag dat hy sy mond oopmaak en druk dan die knoppie. Hier is die
moontlikhede onbeperk. Die lippe se momentele beweging met woordvorming,
gevries deur 'n goeie elektroniese flits, lewer 'n skat van karikature op.
Neem hom minstens 30 keer af. Die aanhoudende geflits sal hom kort voor
lank irriteer en hy gaan dan frons. Lekker. Nou het ons al 'n frons,
swart, oop neusgate en 'n oop mond.
Neem hom af as hy vingers wys.........
As jy hom nog kan vang dat hy wegkyk of opkyk, (baie wit van die oë) is jou
dag gemaak.
Selfs nie eens die mees gesoute politikus is opgewasse teen 'n fotograaf wat
sy akkers ken nie.
Moet 'n hou teen M-Net inkry hier. As sommige aanbieders tog maar net
hulself kan sien - dis onmoontlik om tandevertoon ("stage smile") en praat
te kombineer maar hulle hou aan probeer.
As hy my man is :
^^^^^^^^^^^^^^^^^
Stel jou vervoerbare ateljeeflitse, kompleet met sambrele, "soft box" en
"spots"
op rondom die spreker en reel vooraf met hom om mooi na jou kant toe te
glimlag as hy merk jy lig jou kamera op. Neem net twee of drie fotos en gee
dan die man kans om sy sê te sê. Moenie die "opponent" dinge met hom
aanvang nie. Publiseer dan net sy foto as dit regtig MOET. Moenie
vergeet om tien afdrukke te maak en dit aan hom te skenk nie.......en stuur
die goeie fotos aan al die opposisiekoerante ingeval hulle fotograaf s'n
dalk 'n flop was.
Omie.
(Gloudie, onthou jy hoe ek jou probeer verbeeld het ?? Dit was maar net
die fotograaf in my. Hokaai, ek raak al weer moedswillig pleks van dankie
sê vir komplimente wat uitgedeel is...........)
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Kameras - nog truuks [boodskap #22462 is 'n antwoord op boodskap #22414] |
Thu, 15 April 1999 00:00   |
Bees
Boodskappe: 186 Geregistreer: October 1998
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
>> Dit is die punt. Dit is heeltemal te moelik om twee (baie) verskillende "
>> omgewings" te akkomodeer op een rekenaar (soos somer en winter in een
>> agterplaas).
>
> Hier verskil ek van jou. Dis heel maklik
> om die twee environments op een rekenaar
> te akkomodeer. Dis soos twee kamers met
> 'n deur tussenin. As my man die rekenaar
> in die Japannese kant gelos het, tik Dom
> Doudie net "switch" en "yes" in en dan
> gaan dit oor na die Engelse environment.
> Die probleem lê by die installasie. Dit
> lyk nie vir my baie sogenaamde rekenaars-
> deskundiges wat net in Engels werk, weet
> hoe om die dinge te hanteer nie. Ons moet
> 'n Japannese vriend wat nou in Toronto bly
> kry om dit vir ons te kom doen, en selfs
> hy sweet soms. Nadat hy dit die laaste keer
> ingesit het, vind my man dat hy die Japannees
> op die Internet kan lees, maar dit nie kan
> uitdruk op die printer nie.
> Hy moes dit die tweede keer kom insit,
> omdat ons, volgens ons een seun, meer memory
> moes kry. Toe gee ons maar in, gaan na die
> mense wat hy aanbeveel, en hulle mors die
> ding so op dat dit nie eens in die Engelse
> environment wil werk nie. Toe sê hulle ons
> het 'n virus. Toe vee hulle alles uit en sit
> weer alle sagteware nuut in - die Engelse
> sagteware.
> Nou karring my seun aan ons om 'n nuwe
> rekenaar te kry, want Dell se pryse is dan
> nou so laag soos dit ooit kan gaan. Maar
> dan kyk ek net in sy o"e en sê die een woord
> "Peach" (die naam van die besigheid wat laaste
> so 'n gemors veroorsaak het) en dan bly hy
> weer stil vir 'n maand.
Hey Doudie
Lees weer: "Dit is die punt. Dit is heeltemal te moelik om twee (baie)
verskillende "
>> omgewings" te akkomodeer op een rekenaar"
Staaf jou storie hierbo nie my punt nie? Lyk so vir my.
> Het jy in Turkye gewerk?
> Vertel waar.
Nie permanent nie, maar ek was baie daar om te werk op 'n projek naby
Beypazari. Meeste van die tyd in Ankara en Istanbul deurgebring met
burokrate. Probleem was, hulle het elke 6 maande gewissel -eers Miesies
Ciller se lotjie, toe Mesut Yilmaz se horde, toe die Erbakan bende, toe
raak ons moeg vir die speletjie. Al was die Bosporus een van die mees
aangerypende dinge was ek ooit gesien het. En die Blou Moskee. En St
Sofia's....
Bees
|
|
|
|
Re: Kameras - nog truuks [boodskap #22464 is 'n antwoord op boodskap #22414] |
Thu, 15 April 1999 00:00   |
G.B.
Boodskappe: 2172 Geregistreer: May 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Bees" writes:
Kom, vertel my nou, het jy al ooit op
>> 'n rekenaar gewerk wat 'n environment het wat
>> vreemde fonts benodig?
>
> Yup. Turkse fonts.
>
> Dit is die punt. Dit is heeltemal te moelik om twee (baie) verskillende "
> omgewings" te akkomodeer op een rekenaar (soos somer en winter in een
> agterplaas).
Hier verskil ek van jou. Dis heel maklik
om die twee environments op een rekenaar
te akkomodeer. Dis soos twee kamers met
'n deur tussenin. As my man die rekenaar
in die Japannese kant gelos het, tik Dom
Doudie net "switch" en "yes" in en dan
gaan dit oor na die Engelse environment.
Die probleem lê by die installasie. Dit
lyk nie vir my baie sogenaamde rekenaars-
deskundiges wat net in Engels werk, weet
hoe om die dinge te hanteer nie. Ons moet
'n Japannese vriend wat nou in Toronto bly
kry om dit vir ons te kom doen, en selfs
hy sweet soms. Nadat hy dit die laaste keer
ingesit het, vind my man dat hy die Japannees
op die Internet kan lees, maar dit nie kan
uitdruk op die printer nie.
Hy moes dit die tweede keer kom insit,
omdat ons, volgens ons een seun, meer memory
moes kry. Toe gee ons maar in, gaan na die
mense wat hy aanbeveel, en hulle mors die
ding so op dat dit nie eens in die Engelse
environment wil werk nie. Toe sê hulle ons
het 'n virus. Toe vee hulle alles uit en sit
weer alle sagteware nuut in - die Engelse
sagteware.
Nou karring my seun aan ons om 'n nuwe
rekenaar te kry, want Dell se pryse is dan
nou so laag soos dit ooit kan gaan. Maar
dan kyk ek net in sy o"e en sê die een woord
"Peach" (die naam van die besigheid wat laaste
so 'n gemors veroorsaak het) en dan bly hy
weer stil vir 'n maand.
> So koop nog een. Heeltemal onafhanklik. Dit is nie baie waarskynlik dat
> albei rekenaar gereeld op dieselfde tyd die telefoon lyn sal beset nie. En
> as dit so is, kry nog 'n lyn.
>
> Bees - Istanbull bees.
Het jy in Turkye gewerk?
Vertel waar.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
Re: Kameras - nog truuks [boodskap #22509 is 'n antwoord op boodskap #22414] |
Mon, 19 April 1999 00:00   |
Shannon
Boodskappe: 220 Geregistreer: January 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
@igs.net wrote in message ...
> "Kobus Pietersen" writes:
>
>> Mevrou,
>> Ek het gedink die onderstaande advertensie mag u intereseer, omdat u so in
>> alles en nog wat belangstel. Groete aan mnr. Nippon.
>
> Geagte Meneer Pietersen,
> Dankie vir u spitsvondigheid. U verwar
> spitsvondigheid en intellek. U verwar
> snipperigheid en intellek. Ek is jammer
> vir enigiemand wat spitsvondigheid en
> snipperigheid met intellek verwar, want
> hulle is gewoonlik 'n pyn in die
> derriere, soos ons hier in Kanada sê.
> Ons is mos tweetalig, weet u.
> Gelukkig is ek geseen met 'n man
> wie se I.K. ten minste twintig kerwe
> ho"er is as myne,
>
> Dom Doudie
>
>
Ditsem, Doudie!
Tik hom oor die vingers met 'n glimlag aan die mond. Mans wat nie kan
hanteer dat dames wel meer as hulle kan weet nie, is self maar eng van
verstand.
Groete
Shannon
|
|
|
|
|
Re: Kameras - nog truuks [boodskap #22512 is 'n antwoord op boodskap #22414] |
Mon, 19 April 1999 00:00   |
ProPacem
Boodskappe: 320 Geregistreer: January 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
> e...@dot.com (Johan)
Aarde Johan - net wanneer ek dink dis veiliger in Minnesota, kom jy vorendag
met sulke onbesonne uitlatings.
> Meer kan weet? Met 'n kleiner brein?
Dis nou al oor en oor bewys dat die grootte van die menslike brein nie
beduidend met intelligensie korrelleer nie. Einstein se brein was self kleiner
as die gemiddelde.
> Daar word so baie groot deel van die vroulike brein opgbruik vir regterbrein
> funksies (emosies) dat daar werklik min oorbly om te gebruik vir "die weet
> van
> volumes dinge".
Absolute snert. Benewens die oeroue en simplistiese vraag na die mate waartoe
sosiaal gebonde geslagsrolle die groter emosionalitet ingee, het talle neuroloe
(waaronder Luria en Vygotsky seker die mees invloedrykste) duidelik aangetoon
hoedat die brein IN INTERAKSIE met die omgewing ontwikkel sodat simplistiese
fisiologie nie 'n absolute antwoord verskaf nie.
> Vroumense is gemaak om swanger te wees, mans nie.
> Vroumense kan nie met verbeelding kook nie, mans kan
Was die jukstaposisionering nie so hartseer nie, het ek my 'n papie gelag.
> Dit is nie die mans wat so dink nie - mans
> erken bloot die geslagsverskille. Vroumense sit hulle eie minderwaardigheid
> voort.
En swartes was verantwoordelik vir hul eie onderdrukking - o, en laat ons nie
gays vergeet nie, ook verantwoordelik vir hul eie onderdrukking. Dan kan mens
seker ook die vrou wat verkrag word blameer vir die kort rokkie wat sy dra, of
die kossovars vir die feit dat hulle nou in Albanie of Macedonie sit. Ek dink
nie eers aan hierdie laaste pos van jou as seksisties nie, Johan, maar as 'n
nuwe laagtepunt in dwaasheid.
|
|
|
Re: Kameras - nog truuks [boodskap #22513 is 'n antwoord op boodskap #22414] |
Mon, 19 April 1999 00:00   |
Kobus Pietersen
Boodskappe: 358 Geregistreer: April 1998
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
@igs.net wrote in message ...
> Geagte Meneer Pietersen,
> U verwar spitsvondigheid en intellek. U verwar
> snipperigheid en intellek.
Ek moet sê dit is soms verwarrend om tussen u en u eggenoot te onderskei.
Een van u is nie 'n bobbejaan nie, en die ander is nie onder 'n kalkoen uit
gebroei nie.
Vergewe my onkunde, sal u?
Ek is jammer
> vir enigiemand wat spitsvondigheid en
> snipperigheid met intellek verwar, want
> hulle is gewoonlik 'n pyn in die
> derriere, soos ons hier in Kanada sê.
U selfbejammering so ver van die huis neem soms ongekende afmetings aan,
mevrou Soutie.
Maar laat ons nou nie die bobbjaan agter die bult gaan haal nie.
> Ons is mos tweetalig, weet u.
Ons besig ook slegs twee tale hier in Babel.
> Gelukkig is ek geseen met 'n man
> wie se I.K. ten minste twintig kerwe
> ho"er is as myne.
Maak dit 21 kerwe, aangesien u nog steeds verkies om op DOS6 te
werk.
Wees verseker dat dit inaggeneem word wanneer met u gekommunikeer
word. Maar kom verby mevrou, ek is seker u man se IK word ten minste met
50 kerwe verhoog wanneer u u kleurvolle Doppler-effek so mildelik toepas.
So inderwaarheid het u slegs 'n veronderstelde agterstand deur u tegniek.
> Dom Doudie
Ek hou van u. U herinner my aan die dae toe ek nog jonk en onnosel
was.
Nou is ek ouer, maar die hoop beskaam nie.
Nogmaals baie dankie vir u tyd en geduld.
Dommer Kobie :-)
|
|
|
Re: Kameras - nog truuks [boodskap #22527 is 'n antwoord op boodskap #22414] |
Tue, 20 April 1999 00:00   |
Shannon
Boodskappe: 220 Geregistreer: January 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Johan wrote in message ...
> On Mon, 19 Apr 1999 20:33:31 +0200, "Shannon" wrote:
>
> |Ditsem, Doudie!
> |
> |Tik hom oor die vingers met 'n glimlag aan die mond. Mans wat nie kan
> |hanteer dat dames wel meer as hulle kan weet nie, is self maar eng van
> |verstand.
> |
> Meer kan weet? Met 'n kleiner brein?
>
> Daar word so baie groot deel van die vroulike brein opgbruik vir regterbrein
> funksies (emosies) dat daar werklik min oorbly om te gebruik vir "die weet van
> volumes dinge".
Leendert, vind jy enige stats om hierdie onbesonne uitlating te bevestig?!
Johan, jou bg. reaksie is ondeurdag. 'n Vrou se redenasie vermoë is eerder
emosioneel gekleurd.
>
> Politieke korrektheid het ook hier 'n wanbeeld begin skep - die gelykheid van
> die geslagte. Vroumense is anders, baie anders - en ek praat nie eers van die
> fisiese nie. Waarom stry teen iets wat geneties vasgelê is?
>
> Vroumense is gemaak om swanger te wees, mans nie.
> Vroumense kan nie met verbeelding kook nie, mans kan.
:-)))) skies dat ek so uitbars van die lag!
>
> Omdat mans hulle anders hanteer as wat hulle hulle "buddies" hanteer, dink
> vroumense hulle is minderwaardig.
Twak!
Dit is nie die mans wat so dink nie - mans
> erken bloot die geslagsverskille. Vroumense sit hulle eie minderwaardigheid
> voort.
Hierdie opmerkings is vanuit jou verwysingsraamwerk en jou laaste sin is
ietwat kortsigtig.
Verwys na Leswin se opmerkings, op jou skrywe, waarmee ek deels saamstem.
Leswin, sien jy hoe maklik spring mans en dames in 'n 'vuisgeveg'? Elkeen
sal vir sy kant veg, al stem hulle nie altyd met alles t.o.v. hulle bepaalde
groep saam nie. Net so sal mens steeds kry swart teen wit, Afrikaner teen
Engelsman, seuns teen dogters, landsgenote teen ander lande ens. Darem
bitter jammer dat die swart teen wit as so 'n verkeerde ding beskou word en
die woord rasis onmiddelik nader gepluk word en jy selfs met die wetboeke
gegooi kan word.
Groete
Shannon
|
|
|
Re: Kameras - nog truuks [boodskap #22528 is 'n antwoord op boodskap #22414] |
Tue, 20 April 1999 00:00   |
Hellin Gervaas
Boodskappe: 191 Geregistreer: January 1998
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
>> e...@dot.com (Johan)
> Aarde Johan - net wanneer ek dink dis veiliger in Minnesota, kom jy vorendag
> met sulke onbesonne uitlatings.
>> Meer kan weet? Met 'n kleiner brein?
> Dis nou al oor en oor bewys dat die grootte van die menslike brein nie
> beduidend met intelligensie korrelleer nie. Einstein se brein was self kleiner
> as die gemiddelde.
>> funksies (emosies) dat daar werklik min oorbly om te gebruik vir "die weet
>> van
>> volumes dinge".
> Absolute snert. Benewens die oeroue en simplistiese vraag na die mate waartoe
> sosiaal gebonde geslagsrolle die groter emosionalitet ingee, het talle neuroloe
> (waaronder Luria en Vygotsky seker die mees invloedrykste) duidelik aangetoon
> hoedat die brein IN INTERAKSIE met die omgewing ontwikkel sodat simplistiese
> fisiologie nie 'n absolute antwoord verskaf nie.
>> Vroumense is gemaak om swanger te wees, mans nie.
>> Vroumense kan nie met verbeelding kook nie, mans kan
> Was die jukstaposisionering nie so hartseer nie, het ek my 'n papie gelag.
>> Dit is nie die mans wat so dink nie - mans
>> erken bloot die geslagsverskille. Vroumense sit hulle eie minderwaardigheid
>> voort.
> En swartes was verantwoordelik vir hul eie onderdrukking - o, en laat ons nie
> gays vergeet nie, ook verantwoordelik vir hul eie onderdrukking. Dan kan mens
> seker ook die vrou wat verkrag word blameer vir die kort rokkie wat sy dra, of
> die kossovars vir die feit dat hulle nou in Albanie of Macedonie sit. Ek dink
> nie eers aan hierdie laaste pos van jou as seksisties nie, Johan, maar as 'n
> nuwe laagtepunt in dwaasheid.
Lesley, ek stem heeltemal saam met jou, ek kon dit self nie beter gesê het !
Johann, lewe jy nog in 'n ander eeu en glo jy REGTIG wat jy skryf ??? Ek kry
jou jammer !
Hilda.
--
E- mail :gervaas...@ping.be
Homepage: http://www.ping.be/hilda-gervaas en
http://www.oocities.org/SoHo/Square/7005 en
|
|
|
Re: Kameras - nog truuks [boodskap #22537 is 'n antwoord op boodskap #22414] |
Wed, 21 April 1999 00:00   |
Shannon
Boodskappe: 220 Geregistreer: January 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Kobus Pietersen wrote in message ...
> Shannon wrote in message
> ...
>>
>> @igs.net wrote in message ...
>>> "Kobus Pietersen" writes:
>>>> Mevrou,
>>>> Ek het gedink die onderstaande advertensie mag u intereseer,
>
>>> Ek is jammer
>>> vir enigiemand wat spitsvondigheid en
>>> snipperigheid met intellek verwar, want
>>> hulle is gewoonlik 'n pyn in die
>>> derriere,
>
>> Ditsem, Doudie!
>> Tik hom oor die vingers met 'n glimlag aan die mond. Mans wat nie kan
>> hanteer dat dames wel meer as hulle kan weet nie, is self maar eng van
>> verstand.
>> Shannon
>
Kobus, ek het reageer op Doudie se skrywe van die 19e. (asook die aanloop
van Gloudina se verduideliking van hul rekenaarstelsel)
> Jis sus, jy mis die bus.
> 'n Goeie woord het 'n halwe begrip nodig.
> Die bedoeling was as volg:
>
> Shannon
> Het u man goeie navrae op sy onderstaande advertensie gehad?
>
> Complete set of Encyclopaedia Britannica.
> No longer needed.
> Got married
> Wife knows #@$%*&# everything.
>
> Die man gee juis toe dat die vrou sy meerdere is.
> Jy volg?
>
Verstandelik was ek wel daar toe in staat om bg. grappie te volg, te
verstaan en te geniet.
Aan die ander kant die grappie kan ook op 'n ander wyse interpreteer word.
:-)
|
|
|
|
|
|
Re: Kameras - nog truuks [boodskap #22561 is 'n antwoord op boodskap #22414] |
Thu, 22 April 1999 00:00   |
ProPacem
Boodskappe: 320 Geregistreer: January 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
> e...@dot.com
> Nou kan ek net weer sien as ek nou sê dat alles wat ek oor die
> vrouegeslag kwytgeraak het, presies die teenoorgestelde is as wat ek
> regtig oor die sakie voel, ek weer uitgeskel gaan word vir 'n
> manteldraaier en so aan....
Humor, satire, parodie, ironie het almal skryfswyses en meganismes waarmee die
leser daardie skrywe as sodanig kan beoordeel. Wat, vra ek jou Johan, in jou
skrywe kon ek gebruik om 'n beoordeling daarvan te maak as humor, satire,
parodie of ironie? Voorts - insoverre ek trol verstaan as 'n pos wat 'n
reaksie ontlok, het jou skrywe presies dit gedoen. Niks om oor te kla nie.
> soos die vorige keer staan jy met jou pote
> viekantig in die bees poe.
Ek stem saam met jou beskrywing van jou pos as beespoe.
> Ek't nou regtig gedink dit staan soos 'n paal bo water dat ek met my
> tong in die kies praat
Ek wil dit baie graag glo en reik graag 'n apologetiese hand uit indien dit die
geval is
leswin
|
|
|
|
Re: Kameras - nog truuks [boodskap #22563 is 'n antwoord op boodskap #22414] |
Thu, 22 April 1999 00:00   |
ProPacem
Boodskappe: 320 Geregistreer: January 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
> Shannon"
> Leswin, sien jy hoe maklik spring mans en dames in 'n 'vuisgeveg'? Elkeen
> sal vir sy kant veg, al stem hulle nie altyd met alles t.o.v. hulle bepaalde
> groep saam nie.
Ek stem saam dat dit baie maklik is om kant te kies bloot op grond van een of
ander askriptiewe (ek hoop daar is so 'n woord - vanaf ascriptive) identiteit
soos geslag, ras, of etnisiteit en ofhanklik van die meriete van die argument.
Tog dink ek nie dis 'n gegewe nie, nog minder dat ons dit fatalisties aanvaar
as "feit". "My kant" KAN in ander terme, soos "menswaardigheid" of
"regverdigheid" of "die waarheid", of "moraliteit", en so meer gedefinieer
word. Die Joe Slovo's, Beyers Naude's, Wilberforce's, Gandhi's, Mead's en so
meer van hierdie wereld behoort as voorbeeld te dien. .
> Darem
> bitter jammer dat die swart teen wit as so 'n verkeerde ding beskou word en
> die woord rasis onmiddelik nader gepluk word en jy selfs met die wetboeke
> gegooi kan word.
Ek verstaan nie so mooi wat jy hiermee probeer se nie.
|
|
|
Re: Kameras - nog truuks [boodskap #22564 is 'n antwoord op boodskap #22414] |
Thu, 22 April 1999 00:00   |
Shannon
Boodskappe: 220 Geregistreer: January 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
ProPacem wrote in message ...
>> Shannon"
>
>> Leswin, sien jy hoe maklik spring mans en dames in 'n 'vuisgeveg'? Elkeen
>> sal vir sy kant veg, al stem hulle nie altyd met alles t.o.v. hulle bepaalde
>> groep saam nie.
>
> Ek stem saam dat dit baie maklik is om kant te kies bloot op grond van een of
> ander askriptiewe (ek hoop daar is so 'n woord - vanaf ascriptive) identiteit
> soos geslag, ras, of etnisiteit en ofhanklik van die meriete van die argument.
> Tog dink ek nie dis 'n gegewe nie, nog minder dat ons dit fatalisties aanvaar
> as "feit". "My kant" KAN in ander terme, soos "menswaardigheid" of
> "regverdigheid" of "die waarheid", of "moraliteit", en so meer gedefinieer
> word. Die Joe Slovo's, Beyers Naude's, Wilberforce's, Gandhi's, Mead's en so
> meer van hierdie wereld behoort as voorbeeld te dien. .
>
>> Darem
>> bitter jammer dat die swart teen wit as so 'n verkeerde ding beskou word en
>> die woord rasis onmiddelik nader gepluk word en jy selfs met die wetboeke
>> gegooi kan word.
>
> Ek verstaan nie so mooi wat jy hiermee probeer se nie.
In NSA as iemand iets teen iemand anders sê en die persoon is per ongeluk
van die 'teenoorgestelde' ras, word daar geweldig gou gesê jou opmerking is
rassisties, in so 'n mate dat mense mekaar selfs met die hof dreig.(wetboeke
gooi)
|
|
|
Re: Kameras - nog truuks [boodskap #22565 is 'n antwoord op boodskap #22414] |
Thu, 22 April 1999 00:00   |
Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029 Geregistreer: August 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On 22 Apr 1999 01:25:14 GMT, prop...@aol.com (ProPacem) wrote:
|Humor, satire, parodie, ironie het almal skryfswyses en meganismes waarmee die
|leser daardie skrywe as sodanig kan beoordeel. Wat, vra ek jou Johan, in jou
|skrywe kon ek gebruik om 'n beoordeling daarvan te maak as humor, satire,
|parodie of ironie?
Die blote oordrewenheid daarvan - wat ek geskryf het, hoort inderdaad tot 'n
ander tydperk of geloofsoortuiging. Soos in Amish of Moslem....
| Voorts - insoverre ek trol verstaan as 'n pos wat 'n
|reaksie ontlok, het jou skrywe presies dit gedoen. Niks om oor te kla nie.
Dan voel ek nie meer so sleg nie - net jammer daar was so min dames wat hewig
ontsteld was - maar nou kan ek al net hoor wat hulle sal sê: "O nee, ons het
dwarsdeur jou gesien!"
|
|>soos die vorige keer staan jy met jou pote
|>viekantig in die bees poe.
|
|Ek stem saam met jou beskrywing van jou pos as beespoe.
Goeie bemesting, maar as jy die een is wat so vierkantig daarin trap, is dit jou
skoene wat vuil is.
|
|>Ek't nou regtig gedink dit staan soos 'n paal bo water dat ek met my
|>tong in die kies praat
|
|Ek wil dit baie graag glo en reik graag 'n apologetiese hand uit indien dit die
|geval is
Handgeskud en bly ons kan op 'n meer opgevoede vlak kommunikeer!
|
|
|
Re: Kameras - nog truuks [boodskap #22596 is 'n antwoord op boodskap #22414] |
Fri, 23 April 1999 00:00  |
ProPacem
Boodskappe: 320 Geregistreer: January 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
> "Shannon"
> In NSA as iemand iets teen iemand anders sê en die persoon is per ongeluk
> van die 'teenoorgestelde' ras, word daar geweldig gou gesê jou opmerking is
> rassisties, in so 'n mate dat mense mekaar selfs met die hof dreig.(wetboeke
> gooi)
>
So 'n reaksie is tog baie verstaanbaar, gegee ons geskiedenis. Dit sal 'n hele
rukkie neem voordat suid-afrikaners (almal van ons) ras as verduideliking vir
gedrag laer plaas op die prioriteitslys. Nou, egter, het ons rekoers tot 'n
juridiese sisteem wat definisies van rassisme in ag neem en wetlike standaarde
handhaaf (so al word jy met die wetboeke gedreig, is dit slegs 'n oortreding as
dit 'n oortreding is). My ouers en ek het nie dieselfde regte geniet vir al
die tye dat ons diens geweier was, uit ons huise geskop was, en uitgekryt was
as kaffir (gewoonlik my pa), hotnot (gewoonlik ek), en mevrou (gewoonlik my lig
van kleur ma).
leswin
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sun Mar 09 16:24:29 UTC 2025
|