Tuis » Taal » Woordeboek » geheue
geheue [boodskap #128053] |
Fri, 18 October 2019 18:08 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 21258 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
geheue
Afbreking: ge•heue
Uitspraak: /χəˈɦɪø.χə/
Selfstandige naamwoord: geheue
Meervoud: geheues
Verkleinwoord: geheuetjie
Meervoud van verkleining: geheuetjies
Betekenis:
• Die deel van die brein waarin herinneringe gestoor en opgesoek word.
• (informatika) Plek in 'n rekenaar waar data en programme vir vinnige toegang geplaas word.
Gebruik:
• Ek onthou dit nie, my geheue is ongelukkig nie meer so goed nie.
• Het jou rekenaar genoeg geheue om die speletjie te loop?
Spreekwoord:
• Hy het 'n geheue soos 'n olifant. [Kan baie goed onthou.]
• Iemand se geheue begin hom parte speel. [Iemand kan nie meer so goed onthou nie.]
Afgelei:
• geheue-oefening
• geheuebrug
• geheueruimte
• geheuestokkie
• geheueverfrisser
• geheueverlies
• korttermyngeheue
Vertaling:
Engels: memory, remembrance
Nederlands: geheugen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Wed Feb 19 16:39:47 UTC 2025
|