Tuis » Taal » Woordeboek » erf
erf [boodskap #127973] |
Thu, 10 October 2019 15:57 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 21258 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
erf
Afbreking: erf
Selfstandige naamwoord: erf
Meervoud: erwe
Verkleinwoord: erfie
Meervoud van verkleining: erfies
Betekenis:
• 'n Stuk grond in 'n dorp of stad waarop 'n mens 'n huis kan bou.
Gebruik:
• Ek het 'n erf langs die strand gekoop.
Spreekwoord:
• Elkeen is baas op sy eie erf. [Elkeen kan in sy eie huis maak soos hy wil.]
Vertaling:
Engels: yard, plot, property, premises
Nederlands: erf
Werkwoord: erf
Verlede tyd: het geërf, het geërwe
Betekenis:
• Geld en besitting na 'n persoon se dood ontvang; die eiendom van 'n oorledene, meestal 'n familielid, bekom.
• 'n Karaktereienskap van 'n familielid kry.
Gebruik:
• Hy erf 'n pragtige skildery van sy ouma.
• Sy het haar oupa se neus geërf.
Spreekwoord:
• Die langslewende erf niks. [Die boedel is bankrot.]
Afgelei:
• erfdeel
• erfenis
• erfgenaam
• erfporsie
• erfsmet
• erfsonde
Vertaling:
Engels: to inherit, succeed to
Nederlands: erven
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Wed Feb 19 16:34:04 UTC 2025
|