Tuis » Taal » Woordeboek » element
element [boodskap #127958] |
Tue, 08 October 2019 06:22 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 21258 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
element
Afbreking: ele•ment
Selfstandige naamwoord: element
Meervoud: elemente
Verkleinwoord: elementjie
Meervoud van verkleining: elementjies
Betekenis:
• 'n Klein onderdeel van iets; bestanddeel.
• Een van die vier klassieke elemente: water, lug, aarde of vuur.
• (chemie) 'n Stof wat nie verder in ander stowwe verdeel kan word nie net uit een soort atome bestaan.
• (tegniek) Deel van 'n elektriese toestel wat warm word (soos by 'n ketel of geiser).
• (wiskunde) 'n Onderdeel van 'n versameling.
Gebruik:
• Daar is 'n element van waarheid in die nuusberig.
• Hy is in sy element. Lyk my die elemente is vandag teen ons.
• Die kleinste partikel van 'n element is 'n atoom, wat bestaan uit elektrone wat om 'n kern van protone en neutrone wentel.
• Die geiser se element het uitgebrand en moet vervang word.
• Watter element pas nie in die versameling nie?
Vertaling:
Engels: element
Nederlands: element
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Wed Feb 19 16:33:48 UTC 2025
|