Tuis » Taal » Woordeboek » divisie
divisie [boodskap #127872] |
Sat, 28 September 2019 15:54 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 21258 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
divisie
Afbreking: di•vi•sie
Selfstandige naamwoord: divisie
Meervoud: divisies
Betekenis:
• Eenheid van 'n leër met 15 000 soldate wat in brigades opgedeel is.
• Biologiese klassifikasie ekwivalent aan 'n Filum in die plant- of swamryk.
• Afdeling in 'n sportkompetisie.
• 'n Selfstandige afdeling van 'n maatskappy.
Gebruik:
• Ná die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog is Charles Warren as luitenant-generaal oor die Vyfde Divisie van die Suid-Afrikaanse Veldmag aangestel.
• Broodbome (Cycadophyta) is 'n divisie van die planteryk wat reeds 235 tot 65 miljoen jaar gelede al gefloreer het.
• Die Eerste Divisie is op één na die hoogste sokkerkompetisie in Nederland.
• In watter divisie werk jy?
Sinoniem:
• afdeling
Afkorting:
• div.
Afgelei:
• infanteriedivisie
• divisiekommandant
Vertaling:
Engels: division
Nederlands: divisie
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|
 |
Vorige onderwerp: |
dapper |
Volgende onderwerp: |
das |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Wed Feb 19 16:37:58 UTC 2025
|