| atleet [boodskap #127593] |
Do., 29 Augustus 2019 06:21 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24166 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
'n Atleet wat besig is om te oefen.
atleet
Afbreking: at•leet
Selfstandige naamwoord: atleet
Meervoud: atlete
Verkleinwoord: atleetjie
Meervoud van verkleining: atleetjies
Betekenis:
• Persoon wat atletiek beoefen.
Gebruik:
• Die tienkamp is ontwerp om 'n atleet se krag, spoed, stamina, uithouvermoë en deursettingsvermoë te beproef.
Afgelei:
• baanatleet
• marathonatleet
• spiesgooiatleet
• veldatleet
Verwant:
• atletiek
• atleties
Vertaling:
Engels: athlete
Nederlands: atleet
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|