Inligting Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Augsburg in 1898. Augsburg is 'n stad in Beiere, Duitsland. Die stad is deur die Romeine gestig. Ná Trier is dit Duitsland se tweede oudste stad. In die Middeleeue was dit ’n ryk handelstad en setel van die Ryksdag, wat hier in 1530 die Augsburgse Geloofsbelydenis (deur Luther en Melanchthon opgestel) aangeneem het. Die Middeleeuse stad is in Wêreldoorlog II swaar beskadig. Dit is een van die vernaamste Duitse fabriekstede, veral vir masjienbou.
Die Godsdiensvrede van Augsburg (1555) was 'n ooreenkoms tussen Protestante en Rooms-Katolieke vorste in Duitsland waardeur hulle besluit het dat diegene wat tot die adel behoort hul eie godsdiens kan kies, terwyl die vors bepaal watter godsdiens in sy staat die heersende moet wees.
Die Konfessie van Augsburg is die hoofbelydenisgeskrif van die Lutherse Kerk (1530). Opgestel deur Melanchthon en van versoenende aard ten opsigte van die Katolisisme.
Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.