Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » oomblik
oomblik [boodskap #127066] So., 14 Julie 2019 08:19 na volgende boodskap
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24168
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
oomblik
Afbreking: oom•blik




Selfstandige naamwoord: oomblik
Meervoud: oomblikke
Verkleinwoord: oomblikkie
Meervoud van verkleining: oomblikkies

Betekenis:
• 'n Baie kort rukkie of tydjie; korte duur.
• 'n Bepaald tydstip; 'n moment.

Gebruik:
• Kan u net 'n oomblik wag, ek sal u nou help.
• Op daardie oomblik spring 'n leeu uit die bos uit.

Sinoniem:
• japtrap
• kits
• moment
• ommesientjie
• oogknip
• oogwenk
• oogwink
• sekonde
• wyle

Hiponiem:
• ontploffingsoomblik

Afgelei:
• oombliklik

Vertaling:
Engels: moment; instant
Nederlands: ogenblik, moment

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Re: oomblik [boodskap #148384 is 'n antwoord op boodskap #127066] Do., 26 Junie 2025 11:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DissonantSynth
Boodskappe: 2
Geregistreer: Junie 2025
Karma: 0
Junior Lid
Ek wil graag vra dat 'n plasing geskep word in woordeboek vir die argaïese woord, tonde (of tond — ek is self onseker), of dat dit gemeld word as 'n sinoniem van oomblik.

Ek het 'n splinternuwe rekening gemaak en die forum is vir my verwarrend, so vergewe my asseblief as ek iets verkeerd doen, of as my versoek op die verkeerde plek gemaak is.

Wysiging: Ek het stonde bedoel, nie tonde nie. Jammer vir die fout.

[Bygewerk op: Do., 26 Junie 2025 12:40]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

Re: oomblik [boodskap #148385 is 'n antwoord op boodskap #148384] Do., 26 Junie 2025 11:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24168
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Baie welkom! Jy het goed gedoen om te registreer en jou eerste boodskap te plaas.

Weet jy dalk in watter konteks die woord gebruik word (of was)?
Al wat ek kry is die Nederlandse "tonde", die verlede tyd van "tonnen", met betekenis "om in 'n ton ('n silindriese vat) te plaas".

As sinoniem vir "oomblik", dalk 'n sekonde of stonde?
Re: oomblik [boodskap #148386 is 'n antwoord op boodskap #148385] Do., 26 Junie 2025 12:36 Na vorige boodskap
DissonantSynth
Boodskappe: 2
Geregistreer: Junie 2025
Karma: 0
Junior Lid
Baie dankie vir die antwoord!

Ek het die woord teëgekom in 'n vertaling van "Silent Night" / "Stille Nag". Die woord "vrywordingstond" word gebruik in die reël "tans breek heerlik die vrywordingstond".

SAKOV (Suider-Afrikaanse Kerk- en Konsertorrelistevereniging) het 'n baie interessante dokument saamgetrek ek vrygestel oor die lied wat sy vertalings en komposisie bespreek, waarin onder andere oor hierdie spesifieke woord geskryf is: https://sakov.co.za/wp-content/uploads/2020/06/Vir-die-Musie kleier-2018.pdf

Vanuit hierdie dokument:

Die huidige hoorder/sanger sal die frase “tans daag heerlik die vrywordingstond” as argaïes beleef. By die ouer hoorder/leser sal verstaanbaarheid waarskynlik nie in gedrang kom nie, maar dit kan wel gebeur by die jonger hoorder/leser wat nié meer die woord stonde as sinoniem vir “oomblik” of “uur” ken nie en wat moontlik ook nie in staat is om binne die breër konteks die afleiding te maak dat dit die moontlike betekenis kan wees nie.

[Bygewerk op: Do., 26 Junie 2025 12:38]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

Vorige onderwerp: skroomagtig
Volgende onderwerp: stond
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di. Des. 23 08:10:07 UTC 2025