Leksikograaf Boodskappe: 21101 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
gesien
Afbreking: gesien
Werkwoord: sien
Verlede tyd: het gesien
Teenwoordige deelwoord: siende, sienende
Betekenis:
• Verlede deelwoord van sien: Met die oog gekyk en waargeneem; het begryp; bymekaar gekom (gekuier).
Gebruik:
• Ek het 'n koedoe doer agter die bome gesien.
• Ons het julle weer daai Saterdag gesien.
Spreekwoord:
• Ek het hom donkiejare laas gesien. [Baie lanklaas.]
• Kinders moet gesien, maar nie gehoor word. [In die teenwoordigheid van grootmense moet kinders stil wees.]
• Moenie 'n bees koop voordat jy hom gesien het nie. [Dink goed na voordat jy besluit.]
Vertaling:
Engels: saw
Nederlands: gezien
Byvoeglike naamwoord: gesien
Attributief: gesiene
Betekenis:
• In aansien; hoog geag; geëerd; gereken.
Gebruik:
• Hy is 'n gesiene man.
Vertaling:
Engels: esteemed, respected, dear
Nederlands: gezien
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.