Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » natuurlik
natuurlik [boodskap #126981] Tue, 09 July 2019 15:13
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21101
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
natuurlik
Afbreking: na•tuur•lik




Byvoeglike naamwoord: natuurlik
Vergrotende trap: natuurliker
Oortreffende trap: natuurlikste
Attributief: natuurlike
Partitief: natuurlikes
Intensief: doodnatuurlik

Betekenis:
• Uit die natuur afkomstig; nie deur mense gemaak nie.
• Binne karakter en sonder 'n aansittery; gemaklik en ontspanne.

Gebruik:
• Veroudering is 'n natuurlike proses wat onomkeerbaar is.
• Hy het 'n natuurlike aanleg om voor mense te kan praat.

Antoniem:
• bonatuurlik
• onnatuurlik
• teennatuurlik

Afgelei:
• natuurlikerwys
• natuurlikheid

Vertaling:
Engels: natural, native
Nederlands: natuurlijk


Bywoord: natuurlik

Betekenis:
• Vanselfsprekend; voor die hand liggend.

Gebruik:
• Om te kook is 'n kuns, maar natuurlik ook 'n noodsaaklike aktiwiteit om aan die lewe te bly.

Vertaling:
Engels: naturally, of course
Nederlands: natuurlijk

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: bietjie
Volgende onderwerp: proboskis
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Mon Jan 27 16:59:10 UTC 2025